Ek hoop almal het ‘n wonderlikke Kersfees gehad en lekker
gesmul aan al daai lekker Kersetes.
‘n Besoek aan die Moederstad is darem nie reg sonder om ‘n
paar gewilde paaie te ry nie. Mens moet darem van Seepunt af al met die kus
langs ry tot by Houtbaai. ‘n Lekker ligte middag ete op die stoep van Chapman's
Peak Hotel met sy uitsig oor Houtbaai gee mens weer krag om dan verder te ry
oor Chapman's Peak in die rigting van Kalkbaai. Die keer het ons ongelukkig nie
tyd gehad om by die Brass Bell aan te gaan nie. Een van my gunsteling eet
plekke langs die kus. Dis heerlik om daar te sit terwyl die golwe teen die
vensters plons.
Dan is daar Under Oaks net buite die Paarl . ‘n Wyn plaas
met ‘n restaurant onder die Akker bome waar jy heerlikke pizzas eet en
natuurlik van die plaaslikke wyn drink. Met ‘n uitsig oor ‘n dam en die berge
van Wellington in die agtergrond is dit een van my gunsteling plekke.
Ons kuier saam met die familie is op ‘n end en ons ry kuslangs verby Gordonsbaai, Rooiels, Kleinmond na Hermanus waar ons ,ons vriende van Pretoria ontmoet by die Quayside Cabin. Nog ‘n lekker eetplekkie in die hawe. Vandaar lei die paaie ons na Franskraal waar ons die volgende week of so gaan kuier.