Nou durf ek en vroutjie die pas aan met die Toyotatjie. Dis
‘n helder sonskyn dag. Geen sprake van mis nie. Dis asemrowend mooi hier. Die
Swartbergpas is as ‘n Unesco Wêreld Erfenis gebied verklaar en dis nie moeilik om te sien hoekom nie. Die
pas is gebou deur Thomas Bain en ‘n klomp bandiete tussen 1881 en 1888. Die pas
word geopen op 10 Januarie 1888 en verbind Prince Albert en Oudtshoorn. Dit moes
hel gewees het vir die manne om die pad uit te kap. Die pas is 27 km lank en die
hoogste punt is 1583 meter bo seespieël. Sonder veel moeite bereik ons die top
van die pas en soos dit hoort drink ons eers weer ‘n lekker Gin en Tonic en kyk
terug oor ons pad. Aan die anderkant van die berg lê die Klein Karoo. Mooi
groen lande en volstruise. Dis die groot voël wêreld die. Daar is merkbaar nie
meer so baie volstruise nie. Voëlgriep het hier ook sy tol geëis.
Ons ry nou in die rigting van Calitzdorp via die Kruisrivier
pad. Ons oornag by die Red Stone Hill gaste plaas in die Groenfontein area. Dis
‘n paar ou kleurling huisies wat opgeknap en oorgedoen is wat nou dien as
selfsorg eenhede. Dis ‘n ongelooflike mooi omgewing. Die berg formasies is rooi
en lyk porees. Dis miljoene jare se gesteentes en verwering die. Die huisie is
klein en basies. Een slaapkamer, ‘n badkamer en sitkamer/kombuis area met ‘n
binne braai. Gelukkig het ons sulke stunning weer dat ons sommer buite kan
braai. Sommer gou-gou brand die vuur en kan ons agteroor sit met ‘n glasie in
die hand. Dis ongelooflik rustig hier. Die amper volmaan beur deur die paar
wolkies wat bo ons hang en dit raak ‘n mooi aand in die Karoo. Voor ons weet
wat aangaan slaan die klok 11uur. ‘n Wonderlike aand word met ‘n heerlike
skaap tjoppie en wyntjie afgesluit. Môre gaan ons ‘n draai maak by Boplaas
Privaat Kelder. Dis nou al ses jaar wat ek hulle produkte bemark en ek was nog
nooit op die plaas nie. Gaan lekker wees om die mense te ontmoet en die kelder
te sien.
Alles klink absoluut fantasties!!! Die vakansie kan net n fees wees!!!
ReplyDeleteLaat my nou vreeslik verlang na SA!!! Mis die platteland en die ongereptheid van SA!
Geniet dit vreeslik!!!
daaaai groooot wit ding lyk wild
ReplyDelete