Van Koffiefontein af is ons verby Luckoff na Orania. In 1963
is daar ‘n dorpie gebou vir die werkers van die Departement van Waterwese.
Hulle het help bou aan die kanale vir die Vanderkloof besproeiings kanale. Na
die voltooing van die projek het die dorpie stadig maar seker leeg geloop. Van
die huise is geplunder, ruite stukkend gegooi en onkruid het die eens mooi
tuine begin oorneem. In 1990 verkoop die staat die dorpie vir 1.5 miljoen rand
aan die Orania bestuursdienste. In 1991 word Orania amptelik in gebruik gestel.
Volgens Wikipedia is Orania ‘n “ Poging om die ideaal van selfbeskikking deur
‘n volkstaat van ‘n groep Afrikaners te verwesenlik”.
Ons het nie regtig geweet wat om te verwag van die dorpie nie.
Miskien ‘n paar vooraf vervaardigde huisies met stukkende heinigs en ‘n skewe
geroesde tuinhekkie wat half moeg aan die heining paal hang. Stukkende motors
is die opritte of onder half geskeurde skadunet afdakke.
Groot was ons verbasing toe ons die dorpie inry. Netjiese
huise wat van nuut oorgedoende ,vooraf vervaardigge huisies, tot netjiese
Kaapse Geuwel huise strek. Groot
netjiese tuine. Lekker breë skoon strate. Daar is ‘n goed versorgde rugby veld
en groot publieke swembad waar die gemeenskap heerlik gekuier het. Buite die
swembad is daar ‘n standbeeld van ‘n koeksister! Dit lyk of die mense lekker
bly daar…..
Oppad Prieska toe reken vroutjie my die tyd gaan ons inhaal
voor ons by Vosburg kan uitkom.Sy wil nie grondpad ry in die donker nie. Dit is
nou die tweede keer dat Vosburg my ontwyk. Die vorige keer het die reën ons
verhinder. Met die teerpad langs kry ons koers Victoria Wes toe. Ons arriveer net voor
nege daar. Gelukkig is die Merino Restaurant nog oop en kan ons smul aan ietsie
lekkers en dit afsluk met ‘n lekker yskoue G & T. Dis net voor elf toe ons
gaan inkruip.
No comments:
Post a Comment