Tuesday, 26 November 2013

'n Jaar of wat gelede het ek die alternatiewe roetes ontdek. Die agterpaaie soos wat Dana Snyman dit so mooi in sy boekke beskryf. Om die agterpaaie te kan ry moet jy heeltemal anders ingestel wees as vir die hoof paaie . Jy moet rustig wees en jy moet tyd hé. Iets wat al die hardwerkende mense van Gauteng bleikbaar nie Desember maande het nie. Jy moet jaag om so gou moontlik by jou vakansie bestemming uit te kom sodat jy jou tydjie by die see optimal kan benut. Twee dae vir reis is meer as genoeg. Miskien  vier dae as jy oor naweke ry en by 'n vriend of familie lid kan oorslaap. Anders is dit voet in die hoek tot by die bedompigge, muwwe huisie by die see.

Ek vermoed die mense mis die punt. Min mense besef hoe lekker  die kleiner paadjies is. Self die grondpaaie. Al die mammas ry mos 4 x 4 voertuie hier in die stad rond. Dis nou die idiale voertuig vir die paaie. Op meeste van die paaie kan mens moontlik 100 km per uur ry. Daar is selde of ooit verkeer! Hier en daar 'n donkie kar of 'n boer in sy bakkie wat waaiend verby ry. Daar is niemand wat jou bloed laat kook nie. Geen padwoede nie ! Selfs die ou 4x4 se petrol of diesel verbruik sal jou welverdiende rande rek. Jy hoef nie by toilette tou te staan nie. Geen rye vir daai lekker gemors kos nie. Nee jy trek eenvoudig van die pad af waar jy 'n lekker groot boom sien. Die kinders kan die veld verken terwyl ma 'n lappie oor die opvou tafeltjie gooi. Dis hier waar jy die kodaccie kan uit haal en gou 'n lekker worsie braai vir daai lekker worsrolletjies. Lekker warm koffie uit die vles of selfs ietsie koud uit die yskassie agter in die 4x4. Geen geskreeu van petrol joggies of die lawaai van verby flitsende motors nie. Jy beleef die stilte van die omgewing om jou. 'n Halfuur later kan jy weer in die pad val en niemand is gestres van al die tou gestaanery nie.

Voor jy weet het jy jou bestemming bereik met 'n rustige gemoed. Nou kan jy rustig 'n vuurtjie aansteek en ietsie ligs en kouds geniet. Die reis word deel van jou vakansie. Teen die tyd wat jy jou eindbestemming bereik het is jy glad nie gestres nie, en het jy nie 'n dag of twee nodig om te ontlaai nie. So jy sweef jou vakansie in met 'n rustige gemoed.

No comments:

Post a Comment