Van Victoria Wes af gaan ons ou spore soek. 2jaar gelede was ons vanaf Fraserburg oppad na Victoria Wes toe die nag en sneeu ons oorval. 'n Afdraai paadjie op die grondpad by 'n Beaufort Wes bordjie het ons die nag in laat vaar op 'n 2 spoor padjie. Tussen buite geboue van Plaas opstalle en deur beeshekke en in sneeu moes ek by tye my bestuursvernuf tot die uiterste toe beproef. Dis nie juis paaie en omstandighede wat jy met 'n 1600 Polo aandurf nie. Veral nie in die nag nie en veral nie as jy vroƩer die dag al vas gesit het in die modder nie.
So daai 2 spoor padjie gaan ons nou in die daglig soek. Ek hoop om dan weer by Fraserburg uit te kom. Van daar deur die Teekloofas na Leeu Gamka, oor die N1 na Prins Albert, waar ons verversings sal gebruik en bene sal rek. Van Prins Albert af durf ons die Swarberg Pas aan. Dis asemrowend mooi in die pas. Hopenlik sal die weer hou en ons toelaat om op die hoogste punt( so +- 1291m bo seevlak) 'n vleisie op die Cadac te braai en 'n ligte G& T drink vir 'n PLD.
Van daar daal ons die Klein Karoo binne en slaan ons kamp op by die Red Stone Hill vakansie plaas net duskant Calitzdorp. Calitzdorp is die Port hoofstad van SA en ook die tuise van Boplaas Wynlandgoed. My werkgewer vir die afgelope paar jaar. So ons gaan bietjie kuier op die plaas en van die edelvog proe.
No comments:
Post a Comment