Monday, 25 November 2013

Op Reis

Dis Oktober maand. Volgens C Loius Leipoldt die mooiste mooiste maand. Inderdaad 'n mooi maand in Pretoria.Die Jakaranda bome getooi in pers, verfraai die strate ,wel daar waar daar nog Jakaranda bome is.Oktober is dan ook die maand  wanneer mens begin uitsien na die Desember vakansie. Nou kan mens in meer detail jou vakansie en roetes beplan. Die vakansie hou plek is natuurlik al vroeg in die jaar op besluit en die deposito vir die huisie by die see reeds betaal. Nou begin die lekker deel van die vakansie. Die roete beplanning.

Dis nie op almal se vakansie lysie nie. Nie almal volg alternatiewe roetes na hul vakansie bestemmings nie. Meeste van die Gautengers gaan hou vakansie aan die suide van Suid Afrika en ken net 2 roetes om daar uit te kom. Dis die N1 of die N12 wat later by 3 Susters weer aansluit by die N1.
Dis 'n lang pad van Pretoria of Johannesburg na Kaapstad en omgeweing. Volgens Map Studio se "South African Road Atlas" 'n volle 1460 kilometer. Sou mens by die spoedgrens van 120 kmph hou, en nie te lank tyd verpoos by vulstasies nie, gaan dit jou ten minste 16 ure neem. Nou ja dit sit nie in enige iemand se broek om vir 16 ure agter 'n stuur te sit nie. Dit is een van die redes wat my weggedryf het van ons land se hoof roetes .

Ongelukkig hou almal nie by die verkeers reels van ons paaie nie. Spoed limiet bordtjies is bleikbaar langs die paaie vir versierings en buitelandse kuier gaste. Sou jy wetsgehoorsaam teen 120 kmpu op die N1 suid ry, veral in Desember, lyk dit asof jy net 20 km per uur ry soos die motors,bakkies , busse en selfs swaar vragmotors verby jou flits.Om nie eens te praat van padmerk tekens nie.

Dis nou al daai strepe wat op die padoppervlakte geverf word.Gewoontlik 'n wit stipple lyn in die middle van die swart teer oppervlak. Soms is die lyn solied en dan is jy nie veronderstel om die voertuig voor jou verby te steek nie! Nie omdat iemand probeer snaaks wees nie maar omdat daar een of ander gevaar is.'n Draai, blinde hoogte of iets in dier voegge.Ongelukkig ignoreer sommige padgebruikers die tekens. Seker maar omdat dit wit verf op swart teer is.

No comments:

Post a Comment