Sunday, 22 December 2019


17 Desember2019


Goeiste maar ‘n mens slaap darem lekker so op ‘n plaas. Die stilte en vars lug het seker iets daarmee te doen vermoed ek. Vandag vat ons pad Wildernis toe. Daar gaan ons bietjie uitspan vir 3 dae. Niks ry net vir die see sit en kyk en ontspan.

Dis ‘n baie lekker grond pad van Zandvlakte af tot by die N9. Oppad sien ek ‘n troppie spierwit springbokke.


 Dit lyk darem nie reg nie. Ek vermoed polities is dit ook taboo! Met ‘n hartseer hart begroet ek die teerpad. Dis karre wat gaan en verby flits. Ek raak skoon verboureerd. Gelukkig is dit darem net 11km tot in Uniondale. Oulikke dorpie so met sy spook en al. Ons ry deur Uniondale Poort oor R62 deur die Prince Alfred’s Pass na Die Vlug.Dan met die grondpad na Knysa. So deur Filla se bos en al. Ons het van tevore die pad gery maar van Knysa se kant af. Dit is duidelik dat meer mense begin agterpaaie ry. Tot my verdried kry ek “verkeer” op die pad. Karre agter my en karre van vooraf. Die pad laat nie veel spasie toe vir 2 karre om by mekaar verby te ry nie wat nog van karavane! Gelukkig is die meeste verkeer verby na so halfpad af in die pad. Die Knysa Bos is darem iets om te beleef.
Ons moet noodgedwonge stop by ‘n piekniek plek om gehoor te gee aan Moeder natuur. Die Dal van Varings!

 Wow wat ‘n ongelooflikke mooi piekniek plek. Skoon en netjies. Nou ja ‘n longdrop in ‘n natuur reservaat is opsig self ‘n ervaring. ‘n Longdrop is nie ‘n longdrop as daar nie ‘n spinnekop en ‘n brommer jou vergesel nie. Dan ook geen wentelasie! Gelukkig is die longdrop darem in die koelte gewees!


Ons vat weer ‘n ander afdraai paadjie in die bos en die gooi ons toe reg by die  Heads uit in Knysa. Ons is toe reguit na 34*South restaurant toe om te gaan oesters koop. ‘n Mens kan mos nou glad nie in die geweste wees sonder om ‘n oester of wat te eet nie. Ek was jare laas hier in Wildernis gewees nie. Ook ‘n baie mooi deel van die land. Ons het ‘n plekkie bespreek by THE TOPS gaste huis! ‘n Bly plekkie teen ‘n hoogte met ‘n uitsig wat skrik vir absoluut niks. Iets ongelooflik!
Om ‘n Kinkel in ons vakansie te sit besluit Waze om ons vir ‘n “ride” te vat Ons word op ‘n roete gevat deur ander woonbuurte waar jy gladnie die see kan sien nie. Sowaar weer ‘n  stukkie grondpad en toe uiteindelik die versteekte afdraai na die huis. Ons Gasheer Tom verwelkom ons baie hartlik. Ons het sowaar ‘n hysbak om al ons begasie na bot e neem. Anders het ons swaar gekry. Daar is trappe wat jy nie verstaan nie!Ons eenheid is op die 2de vloer met ‘n balkon . Die uitsig is iets uit die wêreld uit. Hier gaan ons lekker kuier!  

No comments:

Post a Comment