Monday, 9 December 2019

SLOER TOER
2019
(1)

Ja wat nog ,'n jaar is op sy rug! 2019 die jaar van verkiesings,verhore, korupsie, kommissies, staatskaping , leuens die wereldbeker en mej Wereld om dit mee af te sluit. Gatvol is 'n woord wat uit baie mense se monde kom! Dankie tog vir 'n vakansie! Dankie vir die blessings om met vakansie te kan gaan. Probeer om vir 'n rukkie te ontvlug van al die negatiewe dinge van ons land SUID AFRIKA! Ons baie mooie land! Daarom weer 'n sloer toer!

Van  Pretoria na Bethulie tot Patensie. Van die Wildernis tot in Paternoster. Kilometers se paaie om filing te kan doen.Agter paaie om ons mooie land en sy mense te kan beleef. Weg van die hoof roetes waar die spoed beperkings gebreek word. Waar hand gebare vuiste en middel vingers is. Waar toue staan by vulstasies om die innerlikke van masjien en liggaam te voed. Nee dankie!

So die beplanning het al hier in Julie maand begin. Watter paaie om te ry. Watter is nog oor om te ry. Die padkaart begin klein raak en die paaie min. Een van die mooi dae sal ons weer van vooraf moet begin.Die skoon mense bly mos nou ook in Kuilsrivier. 2 Vliee met 1 klap. Gelukkig is daar Pearly Beach ook nog. Maar nou ja! Ons vakansie begin die oomblik as ons die Toyotatjie start hier in Pretoria en begin ry. Net so 2 of 3 ure voor ons iewers langs die pad aftrek onder n boom om padkos en 'n koppie koffie uit die vles te geniet. Om te waai vir die karre of trokke wat verby flits. Een hele dag om so 650km te ry. Dan af te saal 'n vuurtjie aan te steek om 'n lekker ou tjoppie te braai. Om die stilte van 'n klein plattelandse dorpie te beleef of nie! Lekker kuier , padkossie maak vir die volgende stretch. So gaan ons die pad aanpak. Baviaanskloof hier kom ons!

No comments:

Post a Comment