Thursday, 19 December 2019


SLOERTOER 2019
15 Desember

Sondag 15 Desember 2019. Vandag is ons eindbestemming Patensie. Lemoen wereld en ook die tuiste van die Ferreiras. Boetie bun het vir WP skrumskakel gespeel in die 80’s. Vroutjie het gegoogle en op ‘n lekker padstal afgekom net buite Patensie. Aangesien ons hotel eintlik toe is op ‘n Sondag en nie vir ons ‘n ete kan voorsien nie het ons dit goed gedink om maar by die padstal ‘n laat middagete te gaan eet. Die Ripple Inn Hotel in Patensie lyk na ‘n baie lekker plek net jammer hulle voorsien nie vir sondae nie.

Van Betulie neem ons ‘n grondpad na Burgersdorp. So al langs die spoorlyn.Ek sou skat so 60 km. Die pad is goed en die toyotajie doen so 100km/h. So is ek al gewoond aan grondpad ry met die kar. As die banddruk reg is kan jy maar aanstoot. ‘n Grondpad is maar soos die see. Jy moet hom nie te gewoond raak nie. Nie te mak word nie. So kom ek dit toe agter toe ek myself so bietjie misgis met my spoed en ‘n draai. Gelukkig het ek in die weermag ‘n gevorderde bestuurs kursus gedoen en kon die draai toe mooi “negotiate’ . Daarna was ek bietjie meer versigtig.



Wat ‘n verassing wag toe op ons. Burgersdorp is ‘n pragtige dorp. Jy kry sommer so lekker gevoel as jy daar in ry. 


Nie iets wat jy by hedendaagse plattelandse dorpe kry nie. Ons ry bietjie ‘n draai deur die dorp en stoot toe aan in die rigting van Hofmeyr . Natuurlik weer grondpad! Hierdie keer net so 32km se grondpad .In Hofmeyr word ons begroet deur ‘n pienk kerk. 


Die dorp lyk erg verwaarloos! Van daar neem die pad ons Tarkastad toe. Hier het ‘n paar boere gebly voor hulle ook Noord getrek het.



 Ons vat toe die pad Cradock toe. Vandaar na Cookhouse en Paterson en ‘n entjie in die pad af draai ons toe weg na ADDO. Vandaar na Uitenhage oppad na Hankey. Deur Hankey Patensie toe. Dit moet awesome wees om in bloeisel tyd deur die geweste te ry. Gelukkig kom ons toe so teen 15h00 uur in Patensie aan ek kon toe nog iets gaan eet by die bekende Padstal.


 ‘n Lekker ou plattertjie en ‘n koue wyntjie en toe Ripple Inn toe. ‘n Kennisgewing op die voordeur laat weet mens om vir John te bel om oop te kom sluit. Hy kom sommer so met ‘n fiets aangery. Die Hotel is stunningly mooi in die binne kant. Geelhout plank vloer en als wat daarmee gepaart gaan. Net jammer als is toe . Selfs die Kroeg. Gelukkig het ons kamer ‘n agterdeur wat uitloop op ‘n parkeer tereintjie. Een groot boom en plek vir 2 karre. Ons het gelukkig ons kamp stoelle en proviant ingepak en daar sit ons 2tjies op ‘n sondagmiddag in ‘n hotel se agterplaas ‘n ietsie ligs gebruik!




No comments:

Post a Comment