Wednesday, 8 January 2020


19 Desember 2019

Ons word ‘n dag ekstra aangebied om te bly en sonder om te skroom gryp ons die geleetheid aan . Tom ons gasheer sê hy het lanklaas iemand gesien wat ‘n stoep so geniet! Dit het hulle opnuut weer laat besef watse stunning uitsig hulle regtig het. Die gaste huis het ook ‘n lekker storie. Dit was oorspronklik drie rondavels wat deur ‘n eertydse held van die slag van Dunkirk in die 2de wêreld oorlog gebou is. Ene E Adlington Hunt was eers ‘n onderwyser en het later ‘n predikant geword. Hy het in die oorlog gedien as ‘n predikant.  Hy was erg beseer in die slag van Dunkirk en die kapel waar hy gedien het erg beskadig. Hy kon egter daarin slaag om ‘n stukkie van ‘n loodglas venster te red en  saam met hom te neem.

Na sy aftrede het hy hom in die Wildernis kom vestig. Hy het die 3 rondawels opgeknap en ‘n snoe
ker kamer by gebou. Hy noem dit toe the Tops. By die ingang na die hoof gebou het hy toe die stukkie loddglas ingebou. Die is vandag nog daar met die skrapnel gat en al.




Die oggend van ons vertrek word ons genooi om saam met Tom en sy vrou ‘n koffietjie te drink op hulle stoep. Die is tussen bome en ons word verras deur die besoek van ‘n Knysna Loerie! Tom se vrou het ‘n paar druiwe korrels uitgesit en die loerie het hom kom verlustig daaraan. Ons groet soos ou vriende en vat die pad.


Ongelukkig moet ek op die N2 ry tot na Mosselbaai. Daar draai ons gelukkig af in die rigting van Herbertsdale en Van Wyksdorp. My hart pyn. Nog nooit het ek so iets beleef nie. Ons lees en hoor van die droogte in sekere plekke van ons mooie land maar mense julle verstaan nie wat droogte is nie. Ek het in my lewe nog nie so iets ervaar nie . Daar is nie eens ‘n spietjie gras te bespeur nie . Niks. Soos in heeltemal niks. Dis baie hartseer. My gebede gaan uit vir die mense wat so swaarkry




Van Swellendam af ry ons in die rigting van Worcester. Net voor Worcester draai ons af na Villiersdorp.  Ek wil gaan kyk hoe lyk dit by die Theewaterskloof dam. Die dam was op ‘n stadium minder as 10% vol. Hoe kontrasteerend is ons land darem nie. Nie net die mense nie maar ook die natuur. Na goeie reën in die gebied rondom die dam is die dam die volste wat ek hom nog gesien het. Ek het nie eens geweet hy is so groot nie. Ongelooflik om van dorre aarde te ry tot lower groen in ‘n paar ure. Franschoek is sy ou bekoorlikke self. Nogal besig en vol toeriste. Ons ry deur Pniel en oor die Helshoogte pas verby Stellenbosch tot in Kuilsrivier. Hier pak ons af tot die 26ste en kuier saam die skoon familie.

No comments:

Post a Comment