Friday, 20 December 2019



Maandag 16 Desember

In die ou dae was dit Gelofte dag gewees. Die dag waarop ons die gelofte van die Boere krygers herdenk toe hulle die oormag Zulu’s by Bloedrivier verower het. Dit word egter nie meer deur almal herdenk nie. Die jaar was daar blykbaar 3000 mense by die Voortrekkermonument om die dag te herdenk. Op die 16de Desember om 12 uur die middag skyn die son direk op die senotaaf wat in die middle van die Monument se vloer staan. Dit verlig die woorde “Ons vir jou Suid Afrika”

Ons is egter oppad na die hoogte en hoogste punt van ons Sloertoer. Die Baviaanskloof. Vroutjie wil nou al vir jare he ons moet die Kloof aandurf. Ek het baie opgelees oor die roete en na youtube video’s gekyk. Selfs Johan Badehorst en sy span van Voetspore het hier gery. Die enigste verskil is dat almal die roete ry van Wiliston se kant af na Patensie. Ons roete is nou anders om. Hoop nie daar is ‘n juiste rede hoekom hulle Wiliston se kant ry nie. Wel ons sal weldrae uitvind. Ons groet die Ripple Inn en vat die pad. Ons is eers oppad Jeffreysbaai toe. Vroutjie ken nie die dorp nie en ek het baie goeie herinneringe van die plek. In Desember 1985 het ek en my kamer maat van die Artilirie Skool by Potchefstroom die einde van ons 2 jaar diensplig hier kom vier!
Wat ‘n verbasing toe ons die plek binne ry. Dis glad nie meer ‘n klein vakansie dorpie vol surfers nie. Die plek het geweldig uitgebrei. Kuier plekke en winkelsentrums is ooral te sien. Ongelooflik.
Ons stop by die Spur reg op die strand vir ‘n ontbyt voordat ons die KLOOF gaan aanpak. Met ons innerlikke versterk ry ons oor Humansdorp terug deur Patensie na die Baviaanskloof.

Dis ‘n stukkie teer pad so deur die lemoen boorde voor ons die grondpad tref. Lekker pad tot by Poortjies hek. Daar draai ons af om eers ons toegang te betaal.


By die hek vra vroutjie die dame hoe lyk die pad vorentoe. Haar antwoord”hys maar rof mevrou” .Nou ja toe daar het ons dit nou. So kronkel die pad die berg op Baie mooi uitsigte. Op die stadium is die pad nog heel hanteer baar. Op ‘n draai effe hr op hou ons stil om bietjie bene te rek en ietsie kouds te vat.


 Nou raak die spulletjie by tye bietjie rof. Ons gaan net hoër en hoër die berg op. Die plante groei is ongelooflik mooi. Ons is veral verbaas oor die blommende spekbome. Ons het self 1 boom met 2 afstammelinge by die huis.


By Smutskraal stop ons om weer bene te rek. Ons moes nou eers deur ‘n redelikke diep stroom ry. Nogal ongemaklik as jy nie kan sien wat op die bodem aangaan nie en maar op gevoel ry. Gelukkig is die ou staatmaker toyotatjie daar deur sonder enige probleme.

Ons bereik die hoogste punt wat omtrent 1625m bo seevlak is. ‘n Tipe van plato met wonderlikke uitsigte en nie so wonderlikke vooruitsigte nie. Vir die een of ander rede hou ek eerder van opdraand ry as afdraand. Beton 2spoor paadjies begin ons aflei na onder. Enkelspoor paadjies moet ek by sê. Ons was gelukkig dat elke keer dat daar ‘n voertuig van voor af kom kon ons plek maar sodat hulle kan verby kom. Met hierdie 2 spoor paadje op die hoogte is daar nie ‘n kans nie! So kruie ons die kronkel pad af. Voetjie vir voetjie. Onder begroet ‘n nuwe uitdaging ons. Hier is nogal water. Elke nou en dan deur ‘n vlak driffie.'n Mens kan nou ook nie so deur berg water ry sonder om 'n bietjie daarvan op te vang nie.


 Daar is min dinge so lekker na 'n dag se harde ry as 'n yskoue Jameson met bergwater nie Dan so stukkie deur ‘n rivier of stroom maar gelukkig kom ons deur. Toe ons weer sien is ons deur die reservaat maar darem nog in die kloof. 5uur die middag kom ons op die plaas Zandvlakte aan waar ons gaan afsaal vir die aand. Dit het ons ‘n goeie 6 ure geneem om die 100km af te lê.
Nie ‘n pas wat ek sal aanbeveel vir nuwe bestuurders nie hoor! Ook nie vir die gene met ‘n “swak” hart nie. Wel ‘n belewenis vir die met ‘n tikkie avontuurlus in die bloed!

Ons kry 'n lekker huisie om in te bly. Nadat ons 'n paar goedjies afgepak het steek ek 'n vuur aan en gooi een van daai bergwater koues


Môre is daar nog seker so 70km van die kloof oor voor ons die teerpad kry Uniondale toe. Ons geniet die aand in die kloof en tel seker so 14 satelitte wat kruis en dwars deur die hemel gly. Tevrede gaan slaap ons.

No comments:

Post a Comment