Wednesday, 18 December 2019


SLOER TOER 2019
14 DESEMBER

Saterdag oggend net na 6h00 vetrek ‘n vol gelaaide Toyotatjie Pretoria. Hoewel ek allergies is vir hoof paaie is dit onafwentbaar dat ek van hulle moet ry. Ons vat die R21 oppad na OR Tambo Lughawe. As of dit die eerste keer is wat ek die pad ry oppad na die N3 neem ek sowaar die verkeerde afrit. Gelukkig is dit SLOERTOER ’19. So verken is deel van die pret. Met ‘n effe van ‘n ompad is ons darem weer op roete na die N3. Gelukkig draai ons by Heildelberg van die N3 af. Dis net absoluut ongelooflik hoe mense deesdae so haastig is en jaag. Dis vir my regtig ‘n wonderwerk dat daar so min mense op ons paaie sterf.

Ons ry op die Suikerbosrand roete verby die Vaal dam se wal by Denysville. Nou verder die Vrystaat in. By Lindley draai ons van die groot pad of om die dorpie te gaan bekyk. My ouma Wissing het hier gebly op ‘n kol. Die dorpie is nog rustig maar ai. Slaggate aan die orde van die dag.’n Baie mooi NG Kerk en die Hotel is net oorkant die straat.





 Ons ry verby Arlington na Senekal. Weereens n dorpie wat erg agteruit gegaan het. ‘n Baie mooi NG Kerk met die Hotel net om die draai. Ons stop by ‘n sifdraad deur slaghuis om bietjie biltong  te koop. Die plattelandse slaghuise is maar net anders. ‘n Groot stil slaghuis begroet ons. Die dame agter die toonbank wil nie daar wees nie. Sy vra maar kortaf of sy kan help. Die dametjie agter die kasregister is vriendinne met die eienaar se dogter van klein tyd af. Sy kan nog onthou hoe besig die slaghuis eens was.

Nou vat die pad ons na Marquard, Hobhouse na Smithfield. Vandat ek laas in 2005 deur Smithfield was het die dorpie nogal ontpop. Nuwe vulstasies, teerpaaie die werke. So daar is darem hier en daar vooruitgang in onse mooi land. Ons maak die karretjie se pens vol en vat ons laaste stretch na Bethulie. Ons gaan hier oornag by die Karoo Pandok. Dis laat middag toe ons Bethulie inry. Nadat Waze ons op ‘n skate jag geneem het kry ons uiteindelik die Karoo Pandok. Ons word hartelik verwelkom deur Louise die bestuurder van die plek. Ons kry ‘n baie lekker kothuis met ‘n stoep en ‘n braai.


 Later vertel sy ons dat die plek behoor aan “snotkop” een van SA se musiek sterre. Ons settle in en ry toe na die Gariep Dam . By Norvalspont verby kom jy by die damwal uit. Een groot indrukwekkende besigheid. Alhoewel daar ‘n see van water is , is die watervlak  ‘n bietjie laag.Gariep Dam kan ook elektrisiteit opwek. Dalk ‘n alternatief om na te kyk Eskom. ‘n Koue doppie roep my terug na die pandokkie. Daar is darem min dinge so lekker soos ‘n sundowner en ‘n vuurtjie. Ons braai ‘n lekker skaaptjoppie en braaibroodjies. Tevrede na dag 1 gaan rus ons.


No comments:

Post a Comment