Thursday 25 December 2014

24 Desember

Vandag vat ons pad Kuilsrivier toe om die  groot tye saam met die skoon familie deur te bring. Ons wyk van die gewone paaie af en ry weereens prentjie mooi paaie. Verby die wynplaas Raka,deur die Akkedisbergpas na Grabouw. Dan deur die Houhoek pas en oor Sir Lowreyspas na Kuilsrivier.Vannaand braai ons net goetterjies, Swaerrie verras ons toe met ‘n heerlikke kreef stert vir voorgereg. Wat ‘n voorreg!






25 Desember


‘n Baie Gesëende Christisfees vir almal!!!! 

Tuesday 23 December 2014

23 Desember

Pearley Beach is ‘n klein vissersdorpie met ‘n groot drank probleem. Dis nou volgens die vroue van al die manne wat visvang. Die plaaslike watergat genaamd ,Die Rooi Bier, is ook die oorsaak van baie huis moleste. Dis waar almal bymekaar kom en lekker saam kuier. Party keer te lekker saam kuier. Vrouens wat se wange omtrent 6 bar opgepomp is kom van tyd tot tyd die Rooi Bier binne gestorm. Met oë wat vuur spoeg kom haal hulle vir pappa.” Jy’t gesê jy gaan net een bier kom drink! Kyk hoe lyk jy nou. Ag nee my magtag man” , is maar van die geprekke wat mens hoor. Dan is “pappa” vir paar dae nêrens te sien nie. Die Rooi bier word heeltemal vermy. As dit ‘n lekker windlose dag is sal jy hom skaam onder ‘n sambreel sien sit waar hy belangrikke familie tyd deurbring. Wanneer die stof gaan lê het sal hy so stadig hier en daar weer met ‘n vistok in die hand langs die water gesien word.  Of by Babbelas bankies of by Trekkerklip. Die Rooi Bier sien hom egter nie gou weer nie.

Vakansie is mos tyd om te ontspan. So word die Gazebo opgeslaan , tafel en stoeltjies word uitgepak en natuurlik word ‘n vuurtjie aan gesteek.’n Skaapboud word in ‘n swart pot op die vuur gesit. Die Bollé word uitgehaal en terwyl die vrouens in die son bak speel die manne die dag om. Natuurlik met ietsie kouds in die hand. Kort voor lank is die dag verby en die kuier gaan binneshuis voort. Binne braai geriewe is natuurlik ‘n moet by die kus. So geen verskoning om nie te braai nie.

Genadiglik is hier darem ook wynkelders in die omgewing om te besoek as die wind jou binne toe waai. Strandfontein Kelder is naby. Die mees suidelikke kelder in Suid Afrika. Wonderlikke vars Sauvignon Blanc en lekker Shiraz vol speserye is van die wyne wat uitgestaan het. Die wynmaker skenk ons ‘n bottle Strandveld Skaamgesiggie MCC.(Method Cap Classic) . Ietsie om koud te maak vir oujaar.


Vervolg………………….

Sunday 21 December 2014

19 Desember2014

Die Teater Hotel op Steytlerville is beslis ‘n plek waarna toe ons sal terug keer. ‘n Oasis in die platteland. ‘n Kunstige plek wat baie karakter het. Definitief ‘n plek om meer tyd by te spandeer.


 Van Steytlerville ry ons na Willowmore dan De Rust, Oudshoorn en Route 62. So 30km buite Willowmore begroet ‘n interessante pad ons. ‘n Ekelpad van beton. Wanneer ‘n kar van voor kom moet jy maar met die linker wiele op die grond skouer ry todat die aankomende kar verby is. Nogal n unieke stukkie pad hier in die middle van nêrens.


 Die natuurskoon is weereens iets ongelooflik. Voor ons toorn die majiistieuse Swartberge  die hemele in. Dis hier nie so nat soos in die Rhodes omgewing nie maar nog steeds mooi. Vir die eerste keer in seker 3 jaar merk ons weer baie volstruise op . Die gebied het mos onder vöelgriep deur geloop ‘n paar jaar gelede. Baie van die volstruis boere het groot skade gely maar darem lyk dit of dinge aan die herstel is. Volstruis steaks was paar jaar gelede ‘n goedkoper kopie as bees maar nou is dit ‘n gesogte  dis. Gesond en al die mooi dinge.

 Route 62 is die jaar baie droëer as laas jaar. Die Tredouwspas is nie meer oortrek van watervalle en stroompies nie. Dit bly egter nog prentjie mooi. Ongelukkig moet ek afwyk van my roete na Malgas en die pond. Die tyd raak min en ek wil nie weer in die nag ry nie. Wil ook nou by ons bestemming, Pearly Beach uitkom, skoene uitskop, agteroor sit en ‘n lekker lang koue James Bason geniet of overgesetsynde Jamesons.

Naby Baarskeerdersbos gewaar ons 12 Kraanvöels by mekaar. Dis ook nie aldag dat mens so iets sien nie!








Thursday 18 December 2014

18 Desember 2014

Weereens is ons gesëend  met ‘n lieflikke sonskyn oggend. Vandag vat ons die Bastervoet pad oor die Lapa Munnik Pas aan en dan ry ons Steytlerville toe waar ons by die Karoo Teater gaan oornag. Na ontbyt ry ons weer met die grondpad Rhodes se kant toe. Na 5km draai ons weg Bastervoet pas toe. ‘n Mooi grondpad begroet ons en die lanskap is weereens iets besonders. Sonder enige aankondiging draai die mooi grondpad na ‘n plaas huis en ‘n twee spoor padjie kronkel voor ons uit.




 Vir ‘n oomlik huiwer ek of dit die regte pad is maar sien gelukkig voertuig spore. Seker die ou met sy Suzuki Jeep van gister. Beeste het ook hier geloop en die padjie raak bra dof. Glad nie die mooi pad van Naude’s Nek pas nie. Maar ons kruie voort. Net as ek wil moet opgee dan kom die Suzuki se spore weer voorendag. So ry ons totdat n uisig ons begroet , beter as God’s Window in Oos Transvaal. Ongelooflik







. Daar vêr onder ons sien ons die padjie kronkel. Na ‘n kiekie of twee durf ons die afdraand aan. O wee!! Niks of niemand het ons vertel dat die pad bykans oral verspoel het nie. Daar is ook geen omdraai kans nie want dis ‘n twee spoor padjie sonder reëlings of iets. Soo ‘n wafferse 4x4 ghoere sukkel ons die pas af. Meer male moet ek uitklim om te gaan kyk waar ek moontlik oor donga’s of klip banke kan ry. 

By gesê ons Toyatjie is nie 4x4 nie. 47km neem ons toe 5 ure om te ry. Die plaaslikke owerhede sal drasties iets aan daai pad moet doen of die Bastervoet Pad gaan vir altyd verlore wees. Genadiglik kom ons weer by die teerpad uit en ons kan ons tog voortsit.


Van Elliot ry ons oor  Cala, Ashkeaton en Lady Frere na Queenstown. Van daar oor Tarkastad na Cradock. Die plan is om by Cradock ‘n agterpaadjie te neem na Swaershoek, Pearston en Jansenville. Van daar na Steytlerville. Volgens google maps niks meer as 283km nie. Dis nou as mens die afraai na die Swaershoek pad kan kry. Eers probeer ons ‘n petrol joggie se aanwysings. Toe ‘n trekker drywer sin en toe ‘n plaas boer sin. Na ‘n rukkie op ‘n grond pad kom ons by die N 10 nasionale pad uit wat nie PE gaan. Tyd is ongelukkig nie aan ons kant nie en ons besluit om maar met die pad aan tehou tot by Paterson en  dan daar afdraai rigting Steytlerville. ‘n Vier ure roete vir die dag ontaard toe in ‘n 12 ure stryd. Ons arriveer 9uur die aand by die Teater Hoetel in Steytlerville. Ons het nie eens ingeboek nie maar is reguit kroeg toe vir ‘n lafenis of 2. Wat ‘n dag!

Wednesday 17 December 2014

17 Desember 2014


‘n Wonderlikke oggend begroet ons.Die son skyn en dit lyk na ‘n mooi dag. Oppad na ontbyt het die prentjie heeltemal verander. Dis toe van die mis. Baie mooi maar hoe gaan ons die passe ry as dit toe gemis is.? Na ontbyt vat ons sommer die grondpad oorkant die Hotel na Rhodes toe.



  Die mis lig en een van die mooiste dae van my lewe ontvou. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ek nie woorde om te beskryf wat ons als gesien het nie. Byvoeglikke naam woorde ontbreek my om die natuurskoon te beskryf. Ongelooflik doen  ons gesien het skade aan. Al die voor ons nog by Naude’s Pas uit gekom het.


 Rhodes is maar ‘n klein nedersetting met min huisies wat bewoon word. Lyk maar na naweek of 
vakansie huissies. Baie mooi ou plekkie.

 Ek dag eers ek het die Naude’s begrafplaas m is gery maar na ‘n weereens onbeskryflikke pad kom ons daar uit. My vennoot se ouers, se as is hier, en ek gaan betuig eers my eer aan die Naude’s voor ons die pas begin. 




Van daar het my woorde begin opdroog. Die pas is ‘n moet vir enige liefhebber van die natuur van Suid Afrika.


vervolg.................

Tuesday 16 December 2014


16 Desember 2014

Gelofte dag of soos dit vandag bekend staan , Vesoenings dag. Hoeveel mense kan nog onthou waaroor die dag gaan. ‘n Belofte wat deur ons voorvaders gemaak is. Is dit nog op ons van toepasing in vandag se tyd. Dit hang seker grootliks af van jou herkoms en geloof.


Ons tydjie in Clarens is verby en ons tog gaan voort. Ons is oppad na Fouriesburg. Kyknet se dorp van die jaar in 2013. Ek het in die Weg Tydskrif gelees van ‘n  klein restaurant wat die lekkerste moer koffie verkoop. ‘n Vroeg oggend koppie koffie is darem altyd welkom. Dit bly toe nie net by koffie nie maar ook ‘n lekker boere ontbyt. Krummelpap. Kaiings , boerewors en eiers.




  Nou is ons reg vir die langpad. Ons ry verby Ficksburg, Ladybrand, Hophouse, Wepener na Zastron. Hier moet ons diesel ingooi en van die 3 Garages in die dorp het net een dsiesel. Hoe werk die mense?  Ons is nogsteeds op die Mouloti Roete was seker een van die mooiste roetes is wat mens in Suid Afrika kan ry. Die berge is iets ongeloofliks mooi. 






Vir die eerste keer ry ek deur Lady Grey, New England en Barkley  Oos. Die was altyd plekke wat mens net op die weer voorspelling gesien het en waar dit vrek koud raak in die winter. Van Barkley Oos af ry ons deur die Barkley Pas tot by Mountain Shadows Hotel wat net 10 km voor Eliot lê. Hier saal ons af vir 2 dae.  

vervolg..............
Road Trip 2014

14 Desember

Nadat ons vir vriend Gert aan die liefde van die huwelik oor gegee het, het die dag aan gebreek om die pad te vat.Ons lang verwagte Desember vakansie het aan gebreek! Dis Sondag en tydsaam begin ons die Toyotatjie pak. Hierdie jaar is anders as vorige jare. Ons gaan by vrien
de tuis gaan. Geen groen krat met potte en panne en brood borde en goete nie. Geen groot koel boks met vleis en ander bederfbare produkte nie. Skielik lyk die kar so leeg!!? Als is in en daar is nog hope plek.

Ons kom so teen 12uur die middag weg uit Pretoria. ‘n Stukkie van ons  roete is die N3. Die groot N paaie doen dit mos nie vir my nie. Gelukkig draai ons by Villiers weg . Oor Frankfort na Bethlehem. Wonder hoe lyk die “regte” Betlehem vandag? Ons ry Bethlehem  binne en gaan soek Lindley straat. Vroutjie se ouma het daar gewoon. My ouma het in die dorpie Lindley in die Vrystaat gebly. Soos wat dit is as mens plekke van jou verlede besoek, lyk dinge baie anders. Die groot erf is onderverdeel, die stoep is toe gebou en natuurlik word alles agter tralies versmoor.

Die 26 km na Clarence gaan gou verby en vat die vrou in die GPS ons weer vir ‘n hengse draai voor ons by ons kabouter huisie kom. Gnobe is ons slaapplek vir 2 aande.

Sonder verwyl gaan ondersoek ons die omgewing.Die Highlander restaurant trek ons aandag en ons gaan neem stelling in. Pizza en rooiwyn is op die spyskaart. Die Blits BoKke wen die 7’s toernooi teen die All Blacks In PE en die fees is aan. Gou gou ontmoet ons van die plaaslikke  mense en ‘n opvolg feesie word net daar beplan. Nie ‘n slegte afskop vir ‘n vakansie nie.

Maandag 15 Desember

Vandag neem die pad ons na Golden Gate Natuurreservaat. Die sandsteen formasies is iets asemberowend om te aanskou. Die wêreld hier het die afgelope tyd baie rëen gekry en die veld is lower groen. Na ‘n semi smaaklikke ontbyt by die Brandwag Hotel neem ons die “scenic” roete. Deur die park.Dit is absoluut ‘n belewenis om hier in die berge rond te ry

 



. Ooral is water stroompies en die veld is oortrek met geel en pers blommetjies! Ons gewaar ook ‘n Kaapse Flap. Swart võeltjie met ‘n helder geel rug. Die vöel is groter as die goudgeel vink. In engels bekend as “Yellow Bishop”



Op die pad terug Bethlehem toe draai ons af na die “Ash River outfall”. Water word van ‘n ondergrondse tonne in ‘n kanaal gevoer om dan stadiger in die rivier te vloei. Dit is deel van die Lesotho Hoogland skema. ‘n Skema wat in 1986 geteken is om water vanaf Lesotho na Suid-Afrika te kannaliseer deur middle van ‘n ondergrondse tonnel. In 1990 is begin met die konstruksie van ‘n tonnel wat water sou laat vloei onder deur die Maluti berge. Die water vloei deur ‘n 4 ½ meter breë pyp vir 37km tot by die Ash rivier. Ongelooflik!
     












vervolg.................






Friday 5 December 2014

16 Februarie 2006

Ons kom so 4uur die middag in Madrid aan . Reguit na die Suid-Afrikaanse Ambasade toe. Bobby het ‘n belangrikke meeting daar. Ek sit in die voorportaal terwyl die “main” manne in die konferensie kamer is. Gelukkig loop die vergadering goed af. So goed dat ek met ‘n tjek van € 60 000—00 in my sak sit. Jammer dis nie myne nie!!!

 So gaan ons na die ambasadeur se huis toe wat aan die buite wyke van Madrid sit. Baie mooi boomryke area. Natuurlik is dit ‘n hengse groot huis. Ek skat 5 of 6 slaap kamers. Dis nou waar ons gaan oornag. Ambasadeur Gert Grobler maak die einde van die maand klaar in Spanje. Sy 2IC hou toe vir hom ‘n afskeids funksie en ons is in vir halfprys. Ek ontmoet ‘n ene Me Domisse, dogter van die ou tannie wat in Egoli gespeel het. Verder kuier ons die aand heerlik saam die mense. Terug by die ambasedeur se huis gaan die partytjie egter voort. Ons luister lekker Afrikaanse musiek en drink Suis- Afrikaanse rooiwyn.

Vrydag 17 Februarie 2006


Na ‘n hartlikke ontbyt ry ons stasie toe, Gee die kar terug en vat die trein Barcelona toe. Ek was 2003 laas in Barcelona. Sien nogal uit daarna om Sitges ook weer te sien. Die treinrit is nogal lekker . Stoele soos in ‘n vliegtuig , net meer been spasie. Selfs die kos is lekker.

Tuesday 2 December 2014

Dinsdag 14 Februarie 2006

Vanoggend het ons half sewe opgestaan en gaan wandel. Die keer ‘n skrale 12 km volgens Bobby. Dit het natuurlik vir my gevoel soos 120 km.Weer langs die Sierre de Grados.

Vandag ry ons verder na die dorp Merida. Iewers in ons tog van 300km het ons deur ‘n vallei van kersie bome gery. Seker meer as 100 000 bome . Dit moet ‘n ongelooflikke gesig wees as hul in blom is. In die dorp Merida is daar ou Romeisnse Reünes wat mens laat dink aan die van Italië. Dit bly ongelooflik om al die ou geboue en stede te sien. Ek kan nie glo dat daar in die 11de en 15de eeue eintlik mense in hierdie geboue geleef het nie. Dit laat my baie klein voel.

Woensdag 15 Februarie 2006

Ons word  net na 5 uur wakker. Die mis lê dig oor die stad en ons besluit om verder te slaap. Na ‘n lekker stewige ontbyt vat ons pad na Cordoba. Oppad soontoe ry ons in by ‘n Village genaamd Belmez. ‘n Klein dorpie met ‘n koppie soos Strubenkop in Pretoria. Enigste verskil is hier is ‘n fort of uitkyk pos bo op die koppie. Ons ry tot aan die voet van die koppie en besluit om middag ete te geniet. Brood, kaas, chirizo en water. Paar uur later ry ons Cordoba binne. Dis ‘n baie groot stad en herinner my aan Barcelona. Ons verdwaal erg op soek na ons hotel en later word ons begelei deur verkeersbeamptes tot by die hotel. Dankie vir die cops.Ons hotel laat my dink aan die Meksikaanse villas. ‘n Binne hof vol gekleurde blomme en plante. Klein draad tafel en stoeltjies staan verward rond. Die kamers is op die 1ste vloer. Ou hout trappe en vloer plankke neem jou na jou kamer.  Klein kamer met ‘n uitsig oor dak teels en tv antennas.

Ons stap deur die Casa Antiqua en gaan eet iets ligs (tappas) by ‘n tipiese plaaslikke restaurant. Iets wat my opval van die restaurant is dat hulle meer voorkom as ‘n eetsaal. Klomp klein tafel en stoeltjies in die vertrek en baie lig. Glad nie snoesig soos byvoorbeeld Hillside Tavern in Pretoria nie. Die ondervinding bly egter prysloos. Oppad terug hotel toe loop ons ,ons vas in ‘n Jazz Bar.Pop gou in vir ‘n vinnige enetjie en stap 2 uur later eers daar uit.


Môre oggend is dit terug Madrid toe. Dit is ook maak of breek vir die projek. Ek word meegedeel dat ons die aand die gaste is van Ambassadeur Gert Grobbler. (word vervolg....)

Sunday 23 November 2014

Saterdag 11 Februarie 2006 vervolg

Ons stap ‘n paar ure deur al die straatjies van Segovia en met verwondering gaan ons terug hotel toe. Ook nie sommer so hotel nie. Nee ons bly in die Hotel Infanta Isabel Segovia. Die hotel is reg op die Plaza Major. Ons kamer is op die eerste vloer in die hoek. Ons kyk uit oor die plein en na die Catedral de Neustra Senõra de la Asuncion y de San Frutal. Weereens ‘n ongelooflike uitsig. Ons het sommer ‘n brood, Kaas, cherizo en wyn gekoop vir aand ete. Dis ‘n prentjie om te beleef. Klein tafeltjie met brood, kaas, cherizo, wyn, 2 glase ek en Bobby.

Sondag 12 Frebruarie 2006

Pa sou vandag 76 gewees het. Ons het bietjie in gelê. ‘n Vars oggend stappie bring ons by Alcazar. ‘n Sprokies kasteel in lewende lywe. Gebou in die 11de Eeu. Ja die 11de Eeu!!! Die kasteel het ook al gedien as ‘n tronk, militêre kaserne en natuurlik die Koning se huis. Ek moet sê die tiep van goed vat my mind. ! Net om terug te kom na die Acueducto. Dit is 2000 jaar oud , 15 000 m lank en met 20 400 klip bloke gebou!?

Vandag vat ons die pad na Avila. Ja wat ‘n wonderlikke ondervinding en voorreg! Avila se aantrekking is die ou muur wat om die ou stad gebou is. ‘n 12 km klip muur. Die stad lyk nie so oud of wow nie. Ons ry aan om ons hotel te kry. Dit is 35 km buite Avila in die dorpie Borghonda. ‘n Klein dorpie waar dit lyk of daar niks aan gaan nie. Ons Hotel El Linar Del Zaire is stunning. ‘n Botique Hotel soos ons dit ken. Baie grand met ‘n uitsig wat skrik vir niks oor die sneeu bedekte Sierra de Grados berge.

Maandag 13 Februarie 2006

Bobby maak my half 6 wakker. Ons vat die pad te voet. Ongelooflikke oggend met die volmaan wat op die wit gesneeude berg toppe skyn en ‘n byt in die lug. Die dorpie slaap nog. Al 1184 mense wat hier woon. Net hier en daar ‘n hond wat blaf as ons verby stap. Ons stap so 3km uit die dorp uit voor ons terug draai Hotel se kant toe.Wanneer laas het ek 7km gestap!? Na ‘n karigge ontbyt ry ons Salamanca toe. Dis so plus minus 95 km  Noord – Wes van ons.


Salamanca is ‘n groot stad met ‘n Universiteit en als.Hier is ‘n enorme groot Katedraal wat in die 16de eeu volgens die Gotiese boustyl gebou is. Die plek laat Moreleta Kerk soos ‘n visssers huisie lyk. Ons verken so bietjie die dorp en later ry ons terug hotel toe. (.... vervolg)

Monday 17 November 2014

                                Dankie Nelson Mandela Kinderfonds

8 Februarie 2006

21:35 aanboord van lug BA 054 oppad London toe.

Die begin van wat ‘n ongelooflikke ondervinding kan wees. Ek is op die vlug danksy die Nelson Mandela Kinderfonds en vriend  Bobby. My eindbestemming is Madrid, Spanje. Hola amigos, Buenos dias senõras e senõritas. 3 Jaar gelede het ek uit Spanje vertrek terug SA toe. Nou is ek weer oppad Spanje toe. Die keer om Bobby te ondersteun. As president van die Nelson Mandela Kinderfonds vir Spanje gaan hy 2006 km deur Spanje stap om fondse in te samel. Ek is gelukkig net daar vir ondersteuning.(‘n “Mindset” waaroor ek later baie spyt sou wees.). ‘n Wonderlikke geleendheid om Spanje te sien . So deur die platteland te toer. Verskoon my vir ‘n oomblik asb. Ek gaan net my lippe slaan aan ‘n Cuvée Heritage van Bordeaux, 2003 Sichel, so cheers vir eers!!

Nou ja die ou wyntjie was nie te onaardig nie. Volgens die roete kaart in die stoel lening voor my trek ons nou omtrent oor Zimbabwe en vlieg reg noord. Eintlik NNW. Ek is natuurlik weereens baie gelukkig. Sit agterlangs in die vliegtuig met net een sitplek langs my. Die is natuurlik leeg !

 06:40 SA tyd, Vrydag 9 Februarie 2006.

 Ons vleig op die oomblik oor die middelandse see. Heerlik geslaap. Die vliegtuig het lekker “ge- shake , rattle en roll” toe ons oor die Sahara gevleig het.Ons vlieg in die rigting van Parys end an London. Dan is dit oorklim na Madrid. Nog 1092km tot in London. Avignon verskyn op die kaart en ek wonder wat het van die meisie van Avignon geword? Sy is seker nou al ‘n ou tannie. Ongelukkig kan ek nie Parys sien nie. Was aan die anderkant van die vliegtuig. Dit is ‘n winderige -2 grade in London. Gelukkig bly ek in die hitte van die lughawe gebou. 

Vrydag 10 Februarie 2006

Arriveer in Madrid, Spanje. ‘n Spik splinter nuwe modern lughawe gebou begroet my. Treine vat jou na waar jy jou bagasie optel. Amazingly groot en skoon. Bobby is baie verheug om my te sien. Ek was die laaste persoon wat die bagasie area verlaat het. Bobby het ‘n motor gehuur en ons is somer dadelik oppad na Toledo. Ons is op ‘n “rekkie” om die dorpe te gaan uitkyk waardeur Bobby gaan stap. Die dorpe maak deel uit van die “Ciudades Patrimonio de la Humanidad”, wat almal wêreld erfenis gebiede is. Toledo lê  72km suid van Madrid. Die platteland is ongelooflik om nie te praat van Toledo nie. Goeiste wat ‘n plek! Dis net absoluut ongelooflik! Ons ry deur die ou dorp oppad na ons hotel. Die is op ‘n bult oorkant die ou dorp. Natuurlik ‘n ongelooflikke uitsig. Hotel Domingo.Ons geniet ‘n heerlikke aand ete en ‘n wyntjie terwyl ons al die los toue weer optel.

Saterdag 11 Frebruarie 2006


Ons staan 06h30 al op. Dis nog nag buite en effens koel. Ons ry ou stad toe en parker naby ‘n messe winkel. Iets waarvoor Toledo baie bekend is sou ek later uitvind. Ons begin stap deur al die klein straatjies. Ek bedoel klein! 2 Vrystaatse boere sal moeilik langs mekaar kan stap. ‘n 2 Ure lange staptog deur die verlede volg. Ongelooflik om te dink die Romeine het al in die 1400 hier rond gestap. Na ‘n lekker spaanse tortia en koffie  vat ons die pad na Segovia. Groot was my verbasing toe Bobby vir my die motor se sleutels gooi.”Ry jy. Jy moet gewoond raak aan die paaie” bulder Bobby. Nou ja dis ‘n perd van ‘n ander kleur. Linkerhandse stuur en ry aan die regter kant van die pad is nie grappies nie. Dit vat maar ‘n rukkie om daaraan gewood te raak. Gelukkig was dit 168 km snelweg tot in Segovia.My mond hang oop toe ons Segovia binne ry. Hier voor my staan ‘n struktuur wat ek op ‘n reis program op tv gesien het. Sowaar hier voor my in al sy glorie staan die ACUEDUCTO ROMANO. ‘n Ongelooflike klip struktuur met   “arches” wat die Romeine gebou het om water na die stad te laat vloei. (………..vervolg)

Thursday 30 October 2014

                                                                       Windpomp.

Windpompe is een van die mees geheimsinnige strukture. Mens sien dit altyd iewers langs  die pad. Party gehawend, ander bestaan ‘n sukkellende bestaan, ander nog blink in die son. By party windpompe is daar ‘n sink of beton dam. Die damme waarin daar elke nou en dan ‘n stroompie water in gepomp word is gewoonlik aan die voet omring deur lower groen gras. Soms die enigste groenigheidjie in die area     . 
                                                      
          

Hoeveel stories kan van die geroeste ou windpompe vertel? Hoe het die omgewing gelyk toe die windpomp opgerig is. Die drome van ‘n boer wat groot verwagtinge gehad het van die windpomp. Moes hy water pomp om lande nat te ly of om vee water te gee. Hoe sterk was die stroom wat hy gepomp het. Hoe lank staan hy al daar? Baie ongeantwoorde vrae vir die ou grote.  

‘n Onlangse besoek op ‘n plaas in diie Mariko area het my met nuwe öe na windpompe laat kyk. Ons het so gewoond geraak daaraan om ‘n kraan oop te draai en die water vloei. Ons dink nie eens waarvandaan die water kom en of daar water sal wees nie. Dis mos van self sprekend. Of is dit? Wel op die plaas was dit egter nie van self sprekend nie. Die opstal is afhangklik van die water in die water tenk agter die huis. Die tenk kry sy water van ‘n windpomp af. Wat gemaak as daar nie wind waai nie. Die hele petalje het my opnuut laat besef hoe bevoorreg ons in die stede is. Dit maak mens opnuut nederig.
Min dinge kan ‘n boer so opgewonde maak soos ‘n windjie wat opsteek . Die vreugde en dankbaarheid waarmee so ‘n windjie ontvang word is onbeskryflik. Met groot afwagting word daar elke nou en dan verby die water tenk geloop om te hoor of daar nie dalk ‘n paar druppels in die tenk val nie. Selfs die windpomp is dankbaar en soos die wind opsteek so delf hy diepper in die grond in om meer en meer water uit die aarde te pomp. Binne ‘n dag is die tenk so vol dat die oorloop pype met dankbaarheid die droë tuin kan nat ly. En die spoel toilette in die opstal spoel weer…..



                            

                 

Wednesday 17 September 2014

Ons toer neem ons nou van Steytlerville in die rigting van Oudtshoorn. So n “road trip” moet ook darem nie te organiseerd en vooraf beplan wees nie. So hier gaan die paaie en die omgewing ons roete rigting wysers wees. Daar is soveel opsies. Dalk weer oor die Swartberg pas of dalk bietjie deur Meiringspoort. Oor De Rust na Oudtshoorn en dan Calitzdorp  se rigting toe of sommer George om. George om moet jy egter die N2 ry  na Pearly Beach toe en daarvoor is ons nie lus nie. Ons probeer maar hou by die agterpaaie. Daar lê net soveel meer pret daarin om van die hoof roetes af weg te bly.

Ons kuier vir ‘n deel van die vakansie so tussen Pearly Beach en Kuilsrivier.

 In die nuwe jaar sal ons die pad vat na die Weskus. Yzerfontein toe om presies te wees. Daar moet ons bietjie probeer rus na al die prettighede voor, tydens en na Kersfees en Nuwe jaar. Dan begin die opwindende roete terug Transvaal toe. So bietjie langs die weskus op en dan na Wuppertal. Daar waar ek my trou vellies wou koop maar nie kon nie aangesien die fabriekkie toe was. Die keer sal ons ook nie so sukkel om weer terug te ry vanuit die vally nie. Vorige keer moes ons die styl pad met die Corolatjie uit kruie. Dis is ook een van die mees asemrowende dele van ons mooie land. ‘’n Lekker grond pad vat ons van daar na Calvinia en Carnrvon. Hier is ‘n hotelletjie wat bekend is vir sy blikkies bar. Die hele kroeg is glo vol allerhande bier en koeldrank blikkies. Dit behoort ook ‘n nuwe en lekker ondervinding te wees. Vandaar gaan ons oor die Kareebospoort – en die Volstruispoort passe na Vosburg. Dan met ‘n grondpaadjie na Sodium en by Strydenburg sluit ons aan by die N12. Ek vermoed vandaar sal dit net oop en toe wees terug huistoe!

Wednesday 10 September 2014

Ek kan nie glo dat daai tyd van die jaar weer met ons is nie! Dis wraggies nog net 3 maande tot verlof tyd. Die jare begin nou heeltemal te vinnig verby gaan! Maar groot opgewondenheid het my beet gepak want dis tyd om weer die kaart boek nader te trek. Iets wat bleikbaar nie meer baie gebruik word nie. Vriende van my se 9 jarige seun was erg verbaas om die boek te sien? "Oom my pa kyk sommer op sy foon waarheen ons moet ry". Ja dis seker gemaklik op jou foon en google maps te gebruik, maar 'n gebruikte padkaart het maar net sy eie bekoring. Nie dat ek nie ook google maps gebruik nie! Dis veral handig om die afstande te bereken. So die tweetjies werk hand aan hand!

Die jaar is die tog weer af suide toe, see toe, Pearly Beach toe. Die roete moet egter verander. Ons moet bietjie die ooste van Suid Afrika ontdek. 'n Deel van die land wat ek nie goed ken nie. Veral die oos Kaap. Soos ouder gewoonte gaan ons probeer om die hoof roetes te vermy. Die N roetes.

 Van Pretoria af Oos Vrystaat toe. 'n Tikkie van die N3 sal ek moet trotseer van Pretoria tot Villiers waar ek kan wegdraai na Frankfort. Dan oor Reitz en Bethlehem na Clarens. Daar sal ons afsaal en bietjie die skoonheid en gasvryheid van die kuns dorpie inadem. Die dorp van Vader Claerhout, sandsteen geboue en Mikro brouerye!

 Vandaar al langs die Lesotho grens oor Zastron na Lady Grey en vandaar na Barkley Oos. Dan 43km tot by die Mountain Shadouw Hotel. Hier kuier ons vir 2 aande. Ons gaan die Naude's nek pas aandurf en dan die Bastervoet pas. As ons die twee passe oorleef het vat ons pad Adelaide, Bedford, Somerset Oos se kant toe. Ja al die Briste name vir die dorpe hier in die oos kaap. Ons gaan aandoen by Jansenville , die dorp van die groot film maker Oom Jans Rautenbach, voor ons weer afsaaal op Steytlerville. Dit behoort 'n interessante ondervinding te wees aangesien ons tuis gaan in die Karoo Teater Hotel!

Sunday 20 July 2014

SONDAG
20 Julie 2014  

Dis ‘n ander Sondag die. Alhoewel die son buite skyn, is dit koel. Daar’s so nou en dan ‘n koue windjie wat kom rond dartel in my tuintjie. Net genoeg om dit ongemaklik te maak en te sorg dat ek nie ‘n vuurtjie kan aansteek nie. Vroutjie sukkel ook om ontslae te raak van ‘n versmorende brongietes. Alles dra daartoe by dat buite braai vandag uit is.

Gelukkig was  daar ‘n Springbokboud  in die vrieskas en het al gisteraand die uitgehaal om te ontdooi. Gewoonlik sou die boud in ‘n potjie of op die webber beland het maar vandag het ek ander gedagtes vir hom. Dis oond toe met hom vandag.  Kook kos  soos die oumense sou eet op ‘n Sondag. Rys ,vleis aartappels en pampoen. Die skaapboud word net vervang deur ‘n Springbokboud. Ek verruil die rys vir koring en die boontjies en aartappel word saam gekook sodat dit later saam gemesh kan word. Lekker sout en peper en dis amper so lekker soos marog.  Pampoen moet daar wees en so ook klein kool koppies. Brusselsse spriette sou dit ook doen maar nie almal hou daarvan nie.

Dis so skuins voor nege toe ek die Springbokboud nader trek. Natuurlik eers gegoogle om ‘n resep te kry. Nie dat ek  ooit volgens ‘n resep werk nie. Ek moet net so basiese idee kry en dan laat ek dit aan my gedagtes oor. Eerstens moet die vleis met suurlemoensap afgevee word. Vir geen besondere rede nie. Ek stop die boudjie dan met effe te veel knoffel en stukkies vark vet. Bedruip dan die hele spul met olyfolie, worchesteshire sous, ‘n bietjie Franse slaaisous wat oorgebly het en goeie rooi wyn, Loerier blare en roosmaryn uit my tuin. Roosmaryn wat van Victoria – Wes af kom. Uit skoonma se tuin. Sout en peper en daar gaat hy. Oond toe met jou papa , vir ten minste 4 ure.


Terwyl vroutjie die groente voorberei, gooi ek maar vir ons ‘n glasie BOPLAAS Blanc de Noir so uit die Klein Karoo uit. Dis mos ook Springbok wêreld die Karoo. Afri- Spaans se klanke vul die stilte en ek verlang na my vriend in SITGES. Dis mos waarvoor Sondae daar is.

Tuesday 3 June 2014

Ek en Petrus die jafta en spoorsnyer/gits word afgelaai en stap die veld in. My hart klop in my keel. Die adrienalien is hoog die eerste keer wanneer jy die veld instap. In die begin is mens nog lomp in die veld. Ek trap elke takkie raak en struikel oor elke klip. Elke nou en dan kyk Petrus net om en skud dan sugtend sy kop. As daar nie ‘n effense windjie waai nie hoor die bokke jou myle ver aankom. Dit klink seker vir hulle soos ‘n olifantbul wat aangestap kom. Na ‘n uur of wat kom ek reg en loop bietjie sagter

. Skielik gaan sit Petrus op sy hurke. Hy wys vir my skuins voor wei daar ‘n groot rooibok ram. My hart wil uit my keel spring. Gelukkig het ek nog nie bokkoors gekry nie. Daai gevoel wat jou beetpak dat jy die bewerasies begin kry en nie die sneller kan trek nie. Ek mik vir ‘n kopskoot. Dis eintlik die verkeerdste ding om te doen vir jou eerste skoot van die seisoen. Ek neem dooie rus op Petrus se skouer. Die skoot knal…….niks val. Dit wat ek al my jare van jag vrees gebeur. Ek mis die bok heeltemal. Ek kan dit amper nie glo nie. Op 50m het ek ‘n kolskoot geskiet toe ek my geweer gaan inskiet het. Deksels man. Skielik is ek bly pa is al oorlede. As ek hom dit moes vertel was ek dalk oorlede. Ons soek ‘n bloedspoor of iets maar kry niks. Ek het sowaar loshande mis geskiet. Ons stap maar verder maar my gemoed is in my skoene. Dis ‘n baie groot vernedering as die ooms jou kom optel en hulle vra wat jy geskiet het. Die skoot word myle ver gehoor. Dan moet jy maar erken dit was ‘n fout van jou kant af. Gewoonlik is daar darem ‘n koelbokssie op die bakkie en na ‘n paar koues en jou storie lag almal en jy word vergewe. Probeer maar volgende keer weer ou maat.


Na ‘n lekker brunch en ‘n bietjie rus word die bakkie gestart. Die keer is dit net ek en Petrus. ‘n Kwart uur later word ons afgelaai. Ek probeer my rigting hou maar is effe gedisorienteerd. Petrus vat die voetpaadjies en ek sit agterna. Die wind warrel vandag en kort kort moet ons rigting verander om onder die wind te bly. Maar o wee. My Suidwes vellies en grote liggaam kan maar nie geruisloos deur die veld beweeg nie. Elke nou en dan wys Petrus ek moet stop en luister. Jy hoor daar hardloop iets. “Gemsbokke of Zebras” sal hy moedeloos sê. Ons hoor rooibok ramme roggel hul liefdes roepe. Dis nie vêr van ons af nie. Skielik lig Petrus sy hand op. Ek buk dadelik. Kan ongelukkig nie meer op my hurke sit nie. Rugby speel het daai voorreg lankal ontneem. “Die kant toe. Kyk daar voor” fluister Petrus. Aanfanklik sien ek eers niks. Toe sien ek die wit van ‘n rooibok se stert uit die hoek van my oog. Hier is groot fout dink ek. Die rooibokram kom reguit op ons afgestap. Hy ruik of hoor ons glad nie. Ek gaan staan doodstil met die geweer in my skouer. My hart klop in my keel. Ek kan of mag nie die een mis nie. Skaars 30 meter van my af loop die bok voor my verby. Hy kom agter ‘n bos uitgestap en is reg in my visier. Die keer sit ek die visier agter sy blad. Petrus fluit om die bok te laat stil staan maar sonder sukses. Ek haal diep asem. My vinger op die sneller. Die volgende oomblik word die stilte versteur deur die knal van ‘n skoot. Ek sien hoe die rooibok soos ‘n wafferse springbok die lug inspring. AG NEE! Nie weer nie. Het ek dan nou die keer die bok gekwes. Kan nie wees nie. Petrus loop kop onderste bo. Dit lyk of hy ‘n bloedspoor soek. My moed sak in my skoene. Skielik draai Petrus om met sy duim in die lig. Ek sien niks en stap bietjie vinniger in sy rigting. Groot is my verligting toe ek die bok sien lê. My naam is darem so effe in ere herstel. 

Tuesday 27 May 2014

15 Mei 2013

Brenhilda Alldays Distrik Limpopo

Hier sit ek in die lapa op oom Jopie se nuwe jagplaas, BRENHILDA. Lyk my die Doorvaart dae is verby. Hier is ‘n groot huis met tv’s, yskaste ,kombuise, sitkamers en eetkamers. ‘n Bietjie fancy vir my maar nou ja. Dit bly in die bos en dit bly lekker. Baie dinge het verander van die eerste keer wat ek saam met my pa mag gaan jag het. Dit was in 1975. Ek en pa het saam met ‘n vriend van hom, Professor Nic Maree , en sy seun Coennies , op oom Stoffel Mattee se plaas gaan jag. Die plaas was aan die oewers van die Limpopo Rivier net wes van die Pontdrift grenspos. Evangelia 33 was die sentrale se roepsyn. Oom Stoffel het saam met ons die bosse ingery en onder ‘n groot Maroela boom  gaan stop.” Hierso manne” het die oom ons kampplek aangekondig. Ja net daar in die veld! Geen krag , geen lopende water geen niks. ‘n Plekkie waar ons die vuur kon maak in die sanderigge grond. Gelukkig het ons darem ‘n tent gehad. Ons seuns het in die aande sommers langs die vuur geslaap. Pa het net altyd ‘n klip of stoel tussen my en die vuur gesit sodat ek nie in die nag in die vuur kon rol nie. Goeie ou dae.

Oom Jopie wys my my slaapplek. Dis in die “ramkamp”. Een groot vertrek met 4 beddens en ‘n pool tafel. Daars ‘n badkamer met ‘n stort, maar baie min warm water. Pa het my sommer met die tuinslang by die plaashuis afgespuit na ‘n week in die veld. Nou stort ek elke keer wanneer ek uit die veld kom. Na ‘n rustige braai gaan slaap ons redelik vroeg. In ‘n bed in ‘n gebou. Nee man waar is die veld en slaapsak.

Vroeg oggend na ‘n lekker koppie boere koffie gaan skiet ek my geweer in. Dis ‘n paar jaar wat ek laas met die 303 geskiet het. Hy lê maar in die geweersak in die kluis. Dis lekker om die geknal van ‘n skoot in die vroeë oggend te hoor. Die reuk van die vroeg oggend veld en die van kruit maak my tuis voel. Ek wil amper sommer in die grond gaan rondrol. My eerste skoot was in die kol van die papier teiken. Nou kan ek maar veld toe gaan. Ek en ‘n gits stap die vroeg oggend veld in. Dis ‘n reuk wat mens nie kan beskryf nie. Ek wou eintlik alleen gaan stap maar ken nie die nuwe plaas nie. Op Doorvaart is ek altyd op ‘n punt afgelaai. ‘n Tyd word dan gegee wanneer die ooms my weer by ‘n ander punt sal optel. Gewapen met my 303 , 3 rontes, knipmes en ‘n stuk toiletpapier word ek dan afgelaai.( die toiletpapier word gebruik om die veld te merk waar die bok le). Die snellerkamer van die geweer is yskoud so vroeg in die oggend. My baadjie los ek maar op die bakkie want later raak dit warm dan is die ding in die pad. Ek sou sommer so ent in die bos in stap en dan onder ‘n boom gaan sit vir ‘n rukkie. Net om die klanke van die veld in te neem en om bietjie “een ” te raak met die veld.


Dis soms amazing wat mens waarneem net deur stil te sit. Al die verskillende voëls wat jy sien. Partykeer sommer ‘n patrys of tarentaal wat hier by jou verby skoffel in die grond. As jy gelukkig is ‘n vlakvark of bok wat naby jou verby loop. ……….(vervolg)

Wednesday 21 May 2014

11 September 2013

So het ons vandag nog ‘n groot gees gegroet.Prof. Fritz Elof. Wat ‘n merwaardige , formidabele man! Nog ‘n natuur liefhebber wat ‘n groot man was.  Nie in postuur so groot soos sy impak op die mensdom nie.Die man wat een was met die Kalahari Leeu. ‘n Man wat dit eens kwyt geraak het dat hy en sy makkers nie goed genoeg was vir ‘n honger leeu nie. Dit nadat hy een nag in die Kalahari ‘n groot leeu mannetjie in die oë moes kyk toe hy ‘n draai wou loop. Sy makkers rustig aan die slap langs die vuur.’n Man wat hom nederig gemaak het voor ‘n leeu!

Is dit nie eienaardig hoe sekere mense paaie loop saam met een van die groot 5 van die natuur nie. Mense wat intense studies gedoen het oor die wel en wee van die diere. Wat agter gekom het hoe merkwaardig die diere is en hoe nietig ons mensdom eintlik is. Ek dink onwillekeurig aan Lawrence Anthony. Ook bekend as “ the Elephant wisperer”, en sy merkwaardige verhaal van een met ‘n trop olifante. ‘n Trop wat uitwissing in die gesig gestaar het.’n Trop wat hy weer “mak” gemaak het.Verhale soos die wat mens weer nederig voor God se skepping maak.


Ons moet elke moontlikke oomblik gebruik om hierdie wonderbaarlikke skepping met passie te geniet maar ook verantwoordelik! Ons moet uit ons pad gaan om dit te bewaar. Ons kinders moet daarvan weet en dit ook met respek behandel en bewaar. Daar is in die lewe niks meer “humbling” as om met ‘n dier ‘n oomblik te kan deel nie. Van ‘n interne oomblik met ‘n troeteldier tot met ‘n wilde dier. ‘n Voëltjie wat uit jou hand uit eet of ‘n bok wat net naby jou staan en wy. Die grootste les wat mens van die 2 manne kan leer is RESPEK en VERTROUE! Daarsonder is ons niks en sal ons ook nooit iets wees nie.

Thursday 15 May 2014

Soos een besluit ek en vroutjie om die Sondagoggend effe in te lê en dan te ry. So skuins na 7 ry ons by Kwa Maritane se hek uit. Skaars 2km en hier staan Ta in die pad.’n Jong leeu mannetjie wat met ‘n waterbek kyk na ‘n paar vlakvarke!. My aankoms het ‘n spanner is sy works gegooi en hy stap die veld in. Groot was ons verbasing toe ons die ander 3 leeus sien! So wragtag net hier by die kamp. Die leeus begin in die rigting van die kamp stap. Al langs die voet van die koppie. Ek besluit om om te draai. Daar is ‘n watergat by die kamp. Miskien gaan hulle daar water drink ,dan kan ons hulle mooi sien. Ek ry skaars 600 meter toe ek die gesig in die lang gras langs die pad sien uitsteek. Dit kan nie waar wees nie. ‘n Luiperd loer versigtig na ons voordat hy terug in die gras verdwyn. Dis een van daai split sekonde oomblikke wat jy nie kan afneem nie en wat mense jou ook nie gaan glo wat jy gesien het nie. Gelukkig het vroutjie dit ook gesien.

 Half in ‘n trans ry ek verder maar my moed begewe my en ek draai weer om. Ons moet nog die olifante gaan soek. Ek kan nie die Pilansberg deur ry sonder om ‘n olifant te sien nie. Rustig en stadig ry ek weer die paadjie af na die Park hek. Ek trap die briekpedaal amper dwars deur die vloerbord van die Corolatjie. Suutjies, geruisloos, maar blitsvinnig hardloop die luiperd voor ons oor die pad en verdwyn soos mis voor die son die grasse in. WOW! Dit bly maar ‘n asem wegslaan moment en ‘n pragtige dier om in sy natuurlikke omgewing te sien!. Ons dag en naweek is gemaak! Rustig ry ons die paaie van die park en kyk na die kleiner dinge wat mens nie gewoonlik na kyk  nie. Die geluksgodin is met ons en nie veel later sien ons sommer ‘n trop Olifante! Grootes, kleintjies, tieners en so aan . Wat ‘n wonderlikke voorreg on God se skepping so te kan ervaar

Wednesday 14 May 2014

18 Julie 2012

Die veel beminde Madiba is vandag 95 jaar oud. Hy lê al vir 'n maand of meer in die Pretoria Hart Hospitaal met ’n long probleem? Klink soos ons land. Lê hier maar die probleem is elders.

Vandag het ek nie 'n gedagte nie. My kop is elders maar ek is nog hier. Een van daai dae wat ek 'n bottel Havanna Club 7 Anjos wil oop maak en na die Blues luister.As ek gerook het sou ek 'n pyp wou aansteek. 'n Teug van die rum , 'n trek van die pyp en deur die waasigheid van die rook die verte in staar. Ek vermoed Johan C Bakkes se boek              " Norrafok" het iets met die gemoedstoestand van my te doen . Ek is opnuut die swernoot in vir die Spanjaard wat my dagboek, in die Soweto Shibeen in Barcelona,  tussen die lugreëling motors ingesit het om die rattle weg te vat. As ek so die vername manne se boekke lees kon die Spaanse hoofstuk van my lewe 'n "Best Seller" gewees het. So mis mens geleendhede in die lewe. Party sien 'n mens raak en ander glip by jou verby. Een ding is verseker, nooit sal 'n trip nie weer geboekstaaf word nie.

Hier het ons al 2 keer Pilansberg toe gegaan en niks is opgeteken nie! Nie dat daar nie iets gebeur het nie! Ek en Karretjies glip die ander naweek weg Kwa Maritane toe. Lekker naby en in die Pilansberg Nasionale Park. 'n Baba wildtuin van 55 000 hektaar. Lekker grond paaie, hier en daar onbegaanbaar vir die Corolatjie,maar meestal rybaar.  'n Paar stukkies teerpad ook om net rustig te raak. Dit word geadverteer dat die Park die Groot 5 in het. Al die vorige kere wat ons al daar was het ek nog net 2 van die 5 gesien. Oom Olifant (baie) en wit Renosters (ook baie). Een keer 'n Swart Renoster gesien. Van leeus en luiperds was daar net sprake. Op een besoek het 'n vriend die veldwagter gevra of daar leeus in die park is. Die veldwagter deel ons mee dat daar 'n volle 40 leeus is. Op sy droeë manier vra vriend toe" en hul naampies is?
"
Die keer was anders. Saterdagoggend ry ek en vroutjie vroeg uit die kamp uit. Opgewonde om te gaan diertjies kyk. Ons hoop maar altyd om van die kat spesie te sien maar net die lekkerte om stadig deur die wildtuin te ry is al klaar 'n bonus. Die middag kry ek 'n sms van 'n vriend. Iemand het leeus teë gekom waar hulle lê en eet. Op of langs die teerpad by Mankwe Dam. Waar daar ‘n samedrom van karre is,is die moontlikheid altyd groot dat daar katte is. So sien ons die stoet karre staan en wag maar geduldig ons kansie af om iets te sien. Iets wat die gemiddelde wildtuin besoekker blykbaar glad nie vertaan nie. Sowat van selfsug het ek lanklaas in my lewe beleef. Ja die mensdom. Ons kry ‘n blik van die leeus maar die gras is lank en die karretjie laag. Heel tevrede ry ons terug kamp toe om ‘n vuurtjie te gaan aansteek…………..
  


Tuesday 25 February 2014


22 Mei 2011

‘n Wonderlikke herfsdag in Pretoria, windstil, sonskyn en ‘n potblou hemel met geen sig van ‘n wolkie! Dis die dag na die einde van die wêreld soos deur sommiges voorspel. Die wegraping het toe nie gebeur nie. Nog nie. Vandag is bietjie my dag. Me, myself and I. Ons 3 tjies het lanklaas saam gekuier. Ek het ‘n vuurtjie aangesteek, Roger Whittaker sing vir my en Boschendal Blanc de Noir gaan my probeer aanspoor tot groot skrywe. Altyd ‘n welkome gas. Later gaan ek ‘n “flattie” op die kole sit.

Dis darem ongelooflik wat ‘n botteltjie wyn, ‘n vuur en musiek aan die siel kan doen. Die wonderlikke voorreg om ‘n stukkie van die wêreld te kon beleef. Die hunkering na daar waar ek ‘n deel van my hart verloor het. Burgohondo, ‘n klein dorpie suid van Avila noord wes van Madrid in Spanje. Die tappas restaurant, die topless strande, die warmte van Suid Amerikaanse en Spaanse vroue. Die ritme van hul lywe in wasende dans Palyse. Die reuk van koffie en gebraaide neute vroeg oggend op hoeke van nat strate. Die koue van ondergrondse stasies. Die angs vir Morokane wat jou wil beroof maar dit laat vaar omdat die hoof boef jou erken want hy drink in die aande sy gebuite euros by jou pub uit. Contraeu en “Fanta lemon” teen 12 euros ‘n dop? Die reuk van kokäine op sigarette of haschies. Die drug dealers, die vroue van die nag. Die onskuld van ‘n 21 jarige SA meisie. Die lang ure agter ‘n kroeg toonbank. Dae wat jy toeslaan soos ‘n mossel en nie ‘n word Spaans verstaan nie. Ander dae wat jy praat asof jy daar gebore is.

Sjoe ek dink aan die Sondae in Sitges. Na ‘n week se bly in die Shebeen word ek verlos deur ‘n besoek aan Sitges. ‘n Swem in die Middelandse See. 100m na ‘n boei. Bietjie rus en dan weer terug strand toe om begroet te word deur jong ontblote borste wat wulps deur die branders spring en baljaar. ‘n Braai met baie wyn! Seker die Afrispaans CD wat my terugvoer Spanje toe. ‘n Plek waar ek inpas. Waar ek maklik sal bly.

Alhoewel dit baie lekker is om die verlede se fliek terug te speel is daar verseker nuwes om te maak. Daar lê nog baie draaiboekke voor. Plekke waar dit kan afspeel of waar ek wil hê dit moet afspeel is: Italië, Frankryk, Victoria Wes, Loxton, Langebaan, Kruger Wildtuin, Clarens, Ierland, Skotland, Alldays, Malagas, Pella, Nepal of Alaska. As die “travel bug” jou eers beet het , dans die poppe! Terwyl Theuns Jordaan sing, sizzle die “flattie” op die kole en klingel die ys in my glas. So vlieg daar ‘n Boeing oor my oppad Noord. Wat ‘n voorreg om te lewe!!

 

Monday 17 February 2014


Die Biets in Swart

Woensdagaand 6 Maart 2002 – Bella Vida

Geklee in swart .Stunning. Die Biets . Blues musiek in die agtergrond. Dire Straigts se  Romeo and Juliet, Rodriguez. ‘n Gemene deler. Selektief  konserwatief. ‘’n Mosaik van gevoelens. “Dis nie jy nie dis ek”. Maar tog daar iewers trek ‘n rookie. Is dit Dunhill of is dit iets anders? Seker een van die wonderlikste tye saam. ‘n Uur en ‘n half wat voel soos ‘n week! Waarom  doen die Biets in swart dit aan my? Hoekom laat ek dit toe? Is dit ‘’real’’ of is dit ‘n vront? Die muur van Salmon moet seker een of ander tyd ‘n krakie begin wys. Vermoedelik is daar iemand anders binne daardie hoë mure. Klein stukkies vleis word elegant oor die tafel aangegee. Eerste een probeer ek van die vurk afpluk sonder om aan die vurk te raak.”Dink jy ek het aids?” sê sy verontwaardig. Volgende stukkie word met ‘n oop mond van die vurk gestroop.”Dis beter”. ‘n Buite stander sou dink hier is 2 partye wat redelik naby aan mekaar is. Vriende? Baie goeie vriende! Dalk meer as net vriende?!

Binne my borrel dit van verwarde gevoelens. Duidelik sien ek baie meer in die gebaar as wat daar is of doen ek? “Ek sal kyk of ek ‘n tydjie kan maak. Ek maak tyd vir my vriende”. Edele woorde! Sal ek ooit opgewasse wees teen die Biets in Swart? Al wat nou oorbly is om so gou moontlik in die werk stroom te beland. Hierdie Biets gaan nie val vir ‘n swerwer nie. Stadig maar seker kom daar flitse deur van die vrou uit die verlede. Wil Sielkundige word. Maar die Biets in swart het  my vandag uit ‘n baie diep swart gat gehaal!

Die Biets in Swart. ‘n Ontdekkings reis wat nog lank gaan duur. Koud soos ‘n Ysberg naby die Pole. ‘n Wonderlikke uitdaging vir die avonterier. Ek aanvaar die uitdaging. Mag ek nie teleurgestel word nie!

Gevaarlik grasieus soos ‘n swart marlyn. Lank, lenig ,onvoorspelbaar. Enige visserman se droom! As die aas eers gevat is dan begin die sports. Dit sit nie in elke visserman se broek om so Marlyn aan wal te kry nie!. Dis ure  se gesukkel. Jy moet weet hoe om met die spesie te kan speel. Trek in , laat gaan. Trek in,laat gaan. Hou styf, verslap, ure aan een. So ook is hierdie besonderse”lady in black”.

Dis nie ure se probeer nie maar maande, dalk jare. Dis ook nie aldag wat mens so ‘n besondere skepping aan die hoek het nie. Hierdie een is ‘n “once in a lifetime oppertunity”. Maar hou kop liewe visserman. Hierdie een gaan jou baie besig hou. Moenie kop verloor of oorgretig raak nie……..

Monday 10 February 2014


Die Preekstoel

Gewoonlik die fokus punt van ‘n kerk.Preekstoele verskil ook van kerk tot kerk en van geloof tot geloof. Ons NG kerk in Pretoria het ‘n imposante preekstoel gehad. Ek onthou dit was ‘n hoë preek =stoel. Die dominee het met sy swart toga langs die preekstoel uitgekom en met een voet op ‘n trappie gaan staan terwyl hy ‘n gebed doen. Dan bestyg hy die preek stoel, slaan sy bybel en boekke oop en kyk stip na die gemeente. Voor die preekstoel hang daar ook gewoontlik een of ander tapeserie met ‘n boodskap. Ons sin het gesê: “SO Sê DIE HERE”.

In Roomskatolieke kerke is daar ‘n preekstoel aan die kant van die kerk en ook ‘n verhoog met kandelare en goete. Kyk maar na die St Patricks Katedraal in New York.Die National Cathedral in Wasington. Nie al die Roomse kerke lyk dieselfde nie. ‘n Mens staan in verwondering as jy kyk na die preekstoel in die La Sagrada Familia  in Barcelona of in die katedraal van Monserrat buite Barcelona.

Van die kerke het deesdae net een groot verhoog. ‘n Glas preekstoel wat mens skaars kan raaksien. Die Woord verkondiger loop op die verhoog heen en weer en het sommer ‘n mikrofoon wat aan sy klere geheg is. Party het nie eens meer ‘n “preekstoel” nie.

Ek woon nou die dag ‘n troue buite Bela Bela by. Silver Streams is ‘n pragtige trou venue in die hartjie van die Bosveld. Die seremonie vind plaas op ‘n stoep wat uitkyk oor ‘n dam. Pragtig!Die preekstoel trek my aandag. ‘n Wynvat wat ‘n netjiese Hout skerm het waarop die predikant sy papiere kan sit.By ‘n troue in  Paternoster moes daar vinnig  geinprofiseer word. As gevolg van die swaar mis in Paternoster moes die seremonie die dag binneshuis plaasvind. Die vertrek is netjies opgemaak alhoewel dit net langs die kroeg was. ‘n Paar netjiese halfmas  pilare met kleurvolle  rangskikings het langs ‘n tafeltjie gestaan. Klaarbleiklik moes dit dien as “preekstoel”. Die tafeltjie was bietjie laag vir die predikant en op aanvraag moes dit hoër. Flink help ‘n personeel lid van die Paternoster Hotel.Ek kon my oë nie glo toe ‘n silver ysbak grassieus omgedop word en met ‘n lemmetjie groen plastiek skinkbord bedek word . So ja ! Daars die perfekte Preekstoel !
 

Thursday 6 February 2014


Dit is die oggend na die aand van tevore…..? Die ongemaklikke stilte in die huis word onderbreuk deur die geraas van ‘n haardroër. Ek word begroet met ‘n yskoue “Ja!”. Ja wat? Ja jy het lekker gekuier gistraand of jy het baie goed kwyt geraak of ja wat? Dit is die nadeel van ‘n ou rooietjie of twee. Ek is seker daarvan hulle gooi tipex in die goed. Jy weet daai goed wat die tiksters gebruik het om hul woorde toe te smeer en dan weer daaroor te tik. Die problem met ‘n rooietjie is dat die woorde toe gesmeer bly. Geen nuwe woorde wat jy kan onthou nie!

Nou hoe breek jy die yskuoe ys? Wag totdat sy iets opper ,of maak jy of niks gebeur het nie en gaan maar die gewone gang. Iewers deur die loop van die dag sal daar ‘n ysblok na jou gegooi word.Gewoonlik wanneer jy dit glad nie verwag nie. Ai die lekkerte van ‘n kuier het altyd ‘n koue na smaak. En dit is nie daai lekker koue enetjie waarna my dors mond nou streef nie. Gelukkig is dit Saterdag! Gewoonlik ‘n lui lekker dag wat gepaard gaan met boek lees of rond krap soos ‘n kapokkie in die tuin.Hopenlik is die atmosfeer warmder teen laat middag. As dit nie in die huis is nie sal aard verwarming darem help buite! Dan kan mens dalk maar weer ‘n ou vuurtjie brand maak en ‘n rooietjie of iets soortgelyks nader trek of “What Ever!”

Tuesday 4 February 2014

Vrydagaand vervolg.

“Skilpadjies” op die vuur saam met Audacia Jete! ‘n Blou Bul rump geweek in olyfolie en balsamic asyn. ‘n Ballet van skaaplewer en netvet en ‘n besondere rooiwyn uit Stellenbosch. ‘n Bruilof tussen die Karoo, Stellenbosch en die Bosveld. Snaaks hoe al die geure saam smelt maar praat ons rugby is dit taboe!. Nie te praat van vuurmaak hout nie. Dis die wingerdstok teen die hardekool teen die mieliestronk teen die rooikrans teen wat ook al.

Die woorde “wat ook al”, overgesetsynde “what ever ” of in Afrikaans “ja wat de f ook al”, is in 2010 woorde wat my gevat het. In so mate dat die water van die eend se rug vloei. In die ou dae die OVF brigade.Dis nogal jammer dat dié stadium my eers op 45 bereik het. Dit is vandag aan die orde van enige gesêlskap. Wanneer iemand jou in ‘n blik druk is die uitweg dood eenvoudig”What ever”? Verbeel jou ,jou korporaal sê vir jou jy is sif en jy antwoord hom”What ever”? Tyd vir ‘n bottle Jete?

Die vuurtjie kletter nou lekker in die stil Vrydagaand. Besonder stil as ‘n mens in ag neem ek sit in ‘n kompleks vol Town Houses. Duidelik ‘n goeie geballenseerde kompleks tussen ou mense wat vroeg gaan slaap. Jonges wat uit is op ‘n Vrydagaand of ouers van jonges. Dan die odd vrygesel wat braai en raas terwyl sy nooi elders is…..

Wat ‘n voorreg om te lewe!!! Die blues het nogal ‘n snaakse invloed op mens as jy elders was?? Dis 22H08. O my siel! Ek sit onder ‘n palmboom in Centurion en die klanke van die eiland vat my terwyl sy met haar sexy voete en donker hare, onder die Charlie,laggend na my kyk asof ek nie regtig weet wat ek doen nie.!.......(vervolg)

Monday 3 February 2014


'n Pragtige Vrydagaand in die suide van Afrika. Daar is nie 'n blaartjie wat roer nie en dis half bedompig warm. Miskien is dit die vuur, tequila,die musiek van Piet Botha of Boschendal Blanc de Noir wat die hitte veroorsaak!. Me, myself en I is besig om mekaar gesêlskap te hou. Ek sit buite onder die sterre prag van ‘n soel Suider Afrika. Gits dit voel amper of ek ‘n Hemmingway of Dana Snyman is want ek “skryf” my storie op ‘n skoot rekenaar. My Blou boek is weer by die ander huis. Daar waar ek my deurmekaar koppie neerlê as ek nie hierdie kant van die dorp is nie. Mens sou sweer my voorouers was Gypsey’s soos wat ek tekere gaan. Vier aande hier en dan drie aande daar , dan weer een aand hier en so gaan die weke verby.

My genoot is vannaand by ‘n “vriendin” en ek gebruik die kosbare alleen wees om weer bietjie te delf in die warboel van gedagtes, behoeftes en of verlange. Verlange na ek weet nie wat of waar nie.Dalk die terkoos waters van die Seychelles of die geselligheid van die Tapas kroeë in Spanje. Die Tango in Beunos Aires of dalk die “Irish Stew” in Gallway. Verskeie Jamesons in Middelton.verseker!

My genoot. Ja ek weet nie of dit sielsgenoot,kamer genoot of vriendin, of al drie is nie.Beslis ‘n genoot vir amper vyf jaar nou al.Dis omtrent nou die tyd om te  besluit watter kant toe. Wel dis my spertyd. As jy na vyf jaar saam nog nie weet of jy wil of nie en of daar ‘n paadjie saam is, al dan nie, nou ja dan is dit ‘n goeie tyd om mekaar in die oë te kyk en te sê, ‘so long my friend ,so long”. Die tye saam met jou was awesome , maar miskien mors ons mekaar se tyd! Miskien is dit tyd om aan te gaan. Sluit die hoofstuk , pak die boek in die rak en begin ‘n nuwe vars een……….(vervolg)

Monday 27 January 2014


Van die Paarl na Pretoria.

4 Augustus 2011. Die Picfords lorrie stoot agteruit in Durrstraat en kom staan voor nommer 11. Die deure van die vragkant kreun oop. ‘n Span kom neem die huis oor en binne ure is 4 jaar se verblyf opgepak, verpak en ingepak. Die einde van ‘n hoofstuk maar ook die begin van ‘n nuwe opwindende een. Karretjies trek Pretoria toe om ‘n lewe saam met my te begin. ‘n Groot stap in ‘n jong vrou se lewe maar ook een nader aan groter sukses by die werk. Ek kan sien dat die trane maar vlak sit toe die Vragmotor stadig sy ry kry die afdraande af. Die Polotjie is ook propvol gestop. Die groot trek het begin. Picfords sal die trek eers stoor vir ‘n wyle en ons het 600km tot in Victoria Wes om met ons trek te gaan. Dis net na 3uur toe ons die Paarl in die tru spieëltjie sien weg raak. Ons slaap by familie voordat ons na Victoria Wes  ry .Nou ja die N1 na Victoria Wes is die maklikste en vinnigste maar wie is nou haastig. Ons besluit om die pad te vat na Ceres.


 
Die pad oor Wellington na Ceres is wragtig mooi.Die ongenaakbaarheid van die berge in Ceres maak mens sommer benoud. Dis rowwe berge die. Nie Heidie se berge nie. Sneeu bedekte berg piekke rond die prentjie mooi af. 40 km buite Ceres op die pad na Sutherland kry ons ‘n afdraai pad na Touwsrivier. Die pad sluit by die N1 aan. Die pad Sutherland toe is nog 152km en Touws Rivier is 60km. Sutherland toe is egter ‘n grond pad. Dit neem nie baie om Karretjies te oorreed dat die grondpad goed lyk om te ry nie. Van Sutherland is dit Fraserburg toe, dan Loxton en dan is ons by Victoria Wes. So ry die Polotjie die grondpad soos ‘n droom. Goeie oppervlak en ons kan so 80 kmpu handhaaf. Die Karoo is geweldig mooi en groen.

 
Deur elke driffie vloei daar ‘n water stroompie. In die middel van nêrens kry ons ‘n naam bordjie “Elders”. So dis hier waar Haas Das gesê het dit rëen as dit nie iewers ander rëen nie. Die grondpad kronkel voort en ons kom by ‘n vurk in die pad aan. Sutherland reguit aan en Matjiesfontein regs. Dis net na eenuur die middag en ons besluit ten spite van die koue om maar met die grondpad aan te hou. Dis ‘n effe draai om nou Matjiesfontein toe te ry en dan met die N1 aan te hou. Ons het mos nog tyd.
Die omgewing laat ons in vervoering en skielik is daar twee bakoor jakkalssies in die pad voor ons. Dis die vyand vir enige skaap boer. Speels probeer ek hulle raak ry maar hulle is te rats. Voor my is ‘n bietjie groter drif as gewoonlik en ek skakel tweede rat toe net toe ons deur is. Die Polotjie begin skielik rond gly en sie daar. Daar sit ons in die modder vas. Geen problem nie reken ek. Al die 4x4 programme op tv wys mens mos hoe om uit so situasie te kom. Trek net ‘n paar bossies uit en sit dit voor die wiele. Tjop Tjop dan is jy uit. “Ye right”, miskien met ‘n 4x4 maar nie met ‘n polotjie nie.Mens kan darem nie dat die vrou in jou lewe in die modder laat rond ploeter nie, so terwyl sy sit, spook en met karoo bossies. Die keerpunt het gekom toe ek nog ‘n tree wou gee en my geliefde vellie bly in die modder agter. Na ‘n skaterlag besluit sy maar toe om handjie  by te sit. Sowat ‘n halfuur  lank  word daar gespook voordat die wiele vastrap plek kry en ek soos ‘n wafferse Geniel de Villiers die outjie gly gly deur die modder uit ry tot op vaste grond. Karretjies kom agterna gestap want daar was nie tyd vir stop toe die wiele vasvat nie. Gelukkig sien sy dit as groot pret en daar gaat ons. Die T aansluiting wys Sutherland links Matjiesfontein regs. Ons laaste kans om by die N1 aan te sluit. Ons was nog nie een van te vore op Sutherland nie en besluit om te gaan kyk wat daar aangaan. ‘n Paar kilometer van die T aansluiting sien ons hompe ys in die teerpad lê. Kompleet asof iemand crushed ice uit sy Coolboks gegooi het. Wat ‘n gesig toe ons die poort binne ry. Sneeu net waar jy kyk. Dis ‘n eerste vir my in Suid- Afrika. Ons ry deur die tweespoor paadjie van sneeu tot ons ‘n plekkie kry om stilt te hou. Hier moet mens mos eers bietjie uitklim en die sneeu ervaar.
 

 

Dis net na 5uur die middag toe ons voor die hek van die  Sutherland Observatorium stop. Die plek is ongelukkig toe. Die teerpad hou ook hier op. Gelukkig lyk die grondpad rybaar en ons is definitief nie lus om, om te draai nie. Ons raadpleeg die pad atlas en bereken dat Victoria Wes net 300km hiervan is. Geen probleem. Ons beleef weer ‘n ongelooflike sonsondergaan net voor ons Fraserburg kry. Die afstand en die tyd wat dit ons geneem het om dit af te lê maak my ietwat bekommerd.  Die nag het ons skielik oorval en hier is die nag, nag. Die padoppervlakte het met rasse skrede verswak en dit voel of die polotjie uitmekaar gaan skud. Deurdruk moet ons maar, want van omdraai is daar geen sprake nie. 300km gaan my nie onderkry nie. Soos ‘n ligtoring verskyn daar met eens ‘n bordjie wat aandui, Beaufort- Wes regs. Dit klink soos teerpad wat naby is. Net daar draai ons af maar o wee. Die “groot” grondpad verander in ‘n tweespoor padjie. Ons ry tussen ‘n plaashuis en sy buite geboue deur en kort voor lank moet Karretjies hekke oop maak. Verbeel jou, in die middel van die nag hekke oopmaak. Steeds draai ons nie om nie. Skielik begin daar wit vlokkies op die voorruit val. Dit kan nie waar wees nie. Die tweespoor padjie begin wit skyn in die motor se lig. Dit sneeu!!! Hier is ons tussen êrens en nêrens in die donker van die nag op ‘n tweespoor padjie en dit sneeu. Daar is nie ‘n lig in sig nie. ‘n Verbaasde 4x4 bakkie ry by ons verby en los ons die nag in. Die pad kronkel en ek moet diep gaan delf om my B en O weermag kursus toertjies te herrroep. Skakeurings van donker. Waar dit baie donker is ,is daar dalk afgrond of walle. Nou begin die polotjie rond gly op die modder paaie. Ai Geniel waar is jy as mens jou nodig het. Gly-gly , gly ons die donker nag binne. Karretjies se ouers moet al erg bekommerd wees want ons sou al 5 uur in Victoria Wes wees. Soos die paaie kronkel so gly ons saam. Ek kan nie glo dat ek ons in so situasie gekry het nie. Dit voel kompleet of ons weggeraap is en op ‘n verlate planeet neergesit is.
Ons sien ‘n bewegende lig en die hoop vlam op dat ons naby beskawing kan wees. Sowaar ‘n T aansluiting. Loxton links en Beauford Wes regs. Genadiglik. Selfoon opvangs help om verskoning te maak by die oumense wat wag. Dis nou nie meer vêr nie en dis gelukkig teerpad. ‘n Vlaag sneeu tref die voorruit en die ruitveers spook om die ruit skoon te hou. Vreugde was van korte duur toe ons die teer onder ons voel wegraak. Nog ‘n grondpad. ‘n Verlate  bordjie kondig aan dat die Molteno pas voor ons is. Met gevoel , genade en baie gebede kruip ons die pas af tot waar die teer ons weer verwelkom. By die kruising dui die bordjies aan Drie Susters links en Beaufort Wes regs. Met al die opwinding van die nag het ek nooit die petrol meter dop gehou nie en sonder aarseling ry ons eers Beaufort Wes toe om te gaan volmaak. Net na 11 die aand ry ons in Pastoriestraat af. Moeë, dankbare oë groet ons met groot verligting. Die gemesde kalf het al uitgedroog maar nog nooit was ‘n skaapboud en groente so lekker nie.