11 September 2013
So het ons vandag nog ‘n groot gees gegroet.Prof.
Fritz Elof. Wat ‘n merwaardige , formidabele man! Nog ‘n natuur liefhebber wat ‘n
groot man was. Nie in postuur so groot
soos sy impak op die mensdom nie.Die man wat een was met die Kalahari Leeu. ‘n
Man wat dit eens kwyt geraak het dat hy en sy makkers nie goed genoeg was vir ‘n
honger leeu nie. Dit nadat hy een nag in die Kalahari ‘n groot leeu mannetjie
in die oë moes kyk toe hy ‘n draai wou loop. Sy makkers rustig aan die slap langs
die vuur.’n Man wat hom nederig gemaak het voor ‘n leeu!
Is dit nie eienaardig hoe sekere mense paaie loop
saam met een van die groot 5 van die natuur nie. Mense wat intense studies
gedoen het oor die wel en wee van die diere. Wat agter gekom het hoe
merkwaardig die diere is en hoe nietig ons mensdom eintlik is. Ek dink
onwillekeurig aan Lawrence Anthony. Ook bekend as “ the Elephant wisperer”, en
sy merkwaardige verhaal van een met ‘n trop olifante. ‘n Trop wat uitwissing in
die gesig gestaar het.’n Trop wat hy weer “mak” gemaak het.Verhale soos die wat
mens weer nederig voor God se skepping maak.
Ons moet elke moontlikke oomblik gebruik om hierdie
wonderbaarlikke skepping met passie te geniet maar ook verantwoordelik! Ons
moet uit ons pad gaan om dit te bewaar. Ons kinders moet daarvan weet en dit ook
met respek behandel en bewaar. Daar is in die lewe niks meer “humbling” as om
met ‘n dier ‘n oomblik te kan deel nie. Van ‘n interne oomblik met ‘n
troeteldier tot met ‘n wilde dier. ‘n Voëltjie wat uit jou hand uit eet of ‘n
bok wat net naby jou staan en wy. Die grootste les wat mens van die 2 manne kan
leer is RESPEK en VERTROUE! Daarsonder is ons niks en sal ons ook nooit iets
wees nie.
No comments:
Post a Comment