Dankie Nelson Mandela Kinderfonds
8 Februarie 2006
21:35 aanboord van lug BA 054 oppad London toe.
Die begin van wat ‘n ongelooflikke ondervinding kan wees. Ek
is op die vlug danksy die Nelson Mandela Kinderfonds en vriend Bobby. My eindbestemming is Madrid, Spanje.
Hola amigos, Buenos dias senõras e senõritas. 3 Jaar gelede het ek uit Spanje
vertrek terug SA toe. Nou is ek weer oppad Spanje toe. Die keer om Bobby te
ondersteun. As president van die Nelson Mandela Kinderfonds vir Spanje gaan hy
2006 km deur Spanje stap om fondse in te samel. Ek is gelukkig net daar vir
ondersteuning.(‘n “Mindset” waaroor ek later baie spyt sou wees.). ‘n
Wonderlikke geleendheid om Spanje te sien . So deur die platteland te toer.
Verskoon my vir ‘n oomblik asb. Ek gaan net my lippe slaan aan ‘n Cuvée Heritage
van Bordeaux, 2003 Sichel, so cheers vir eers!!
Nou ja die ou wyntjie was nie te onaardig nie. Volgens die
roete kaart in die stoel lening voor my trek ons nou omtrent oor Zimbabwe en
vlieg reg noord. Eintlik NNW. Ek is natuurlik weereens baie gelukkig. Sit
agterlangs in die vliegtuig met net een sitplek langs my. Die is natuurlik leeg
!
06:40 SA tyd, Vrydag 9 Februarie 2006.
Ons vleig op die oomblik oor die
middelandse see. Heerlik geslaap. Die vliegtuig het lekker “ge- shake , rattle
en roll” toe ons oor die Sahara gevleig het.Ons vlieg in die rigting van Parys
end an London. Dan is dit oorklim na Madrid. Nog 1092km tot in London. Avignon
verskyn op die kaart en ek wonder wat het van die meisie van Avignon geword? Sy
is seker nou al ‘n ou tannie. Ongelukkig kan ek nie Parys sien nie. Was aan die
anderkant van die vliegtuig. Dit is ‘n winderige -2 grade in London. Gelukkig
bly ek in die hitte van die lughawe gebou.
Vrydag 10 Februarie
2006
Arriveer in Madrid, Spanje. ‘n Spik splinter nuwe modern
lughawe gebou begroet my. Treine vat jou na waar jy jou bagasie optel.
Amazingly groot en skoon. Bobby is baie verheug om my te sien. Ek was die
laaste persoon wat die bagasie area verlaat het. Bobby het ‘n motor gehuur en
ons is somer dadelik oppad na Toledo. Ons is op ‘n “rekkie” om die dorpe te
gaan uitkyk waardeur Bobby gaan stap. Die dorpe maak deel uit van die “Ciudades
Patrimonio de la Humanidad”, wat almal wêreld erfenis gebiede is. Toledo lê 72km suid van Madrid. Die platteland is
ongelooflik om nie te praat van Toledo nie. Goeiste wat ‘n plek! Dis net
absoluut ongelooflik! Ons ry deur die ou dorp oppad na ons hotel. Die is op ‘n
bult oorkant die ou dorp. Natuurlik ‘n ongelooflikke uitsig. Hotel Domingo.Ons
geniet ‘n heerlikke aand ete en ‘n wyntjie terwyl ons al die los toue weer
optel.
Saterdag 11
Frebruarie 2006
Ons staan 06h30 al op. Dis nog nag buite en effens koel. Ons
ry ou stad toe en parker naby ‘n messe winkel. Iets waarvoor Toledo baie bekend
is sou ek later uitvind. Ons begin stap deur al die klein straatjies. Ek bedoel
klein! 2 Vrystaatse boere sal moeilik langs mekaar kan stap. ‘n 2 Ure lange
staptog deur die verlede volg. Ongelooflik om te dink die Romeine het al in die
1400 hier rond gestap. Na ‘n lekker spaanse tortia en koffie vat ons die pad na Segovia. Groot was my
verbasing toe Bobby vir my die motor se sleutels gooi.”Ry jy. Jy moet gewoond
raak aan die paaie” bulder Bobby. Nou ja dis ‘n perd van ‘n ander kleur. Linkerhandse
stuur en ry aan die regter kant van die pad is nie grappies nie. Dit vat maar
‘n rukkie om daaraan gewood te raak. Gelukkig was dit 168 km snelweg tot in
Segovia.My mond hang oop toe ons Segovia binne ry. Hier voor my staan ‘n
struktuur wat ek op ‘n reis program op tv gesien het. Sowaar hier voor my in al
sy glorie staan die ACUEDUCTO ROMANO. ‘n Ongelooflike klip struktuur met
“arches” wat die Romeine gebou het
om water na die stad te laat vloei. (………..vervolg)
No comments:
Post a Comment