PAD VAT 2016
(Dankie Ernst Grundling
en Toast Coetzer vir die mooi woord)
Kwart oor 6 Vrydag 16 Desember 2016 vertrek die 2 Toyotatjies
vanaf Pretoria na Victoria Wes. Iewers tussen Klerksdorp en Bothaville trek ons
onder bloekombome in langs die pad.’n Lekker koppie koffie en toebroodjie maak
die gatjie vol en kan ons weer padvat! Bothaville, Hoopstad na Boshoff. ‘n
Lekker ou stukkie grondpad voor Boshoff maak my opgewonde! More gaan ons weer
grondpaaie ry! In Kimberley maak ons die karre se pense vol diesel en druk deur
Victoria Wes toe. So 20 km voor Britstown stop ons by die Kamdebo padstal. ‘n
Fraaie padstal met al wat snuistery is om te koop. Als het omtrent ‘n windpomp
motief op. Na ‘n smaaklik`e springbok pastei en koue bier durf ons die laaste
100 km aan.
Victoria Wes maak redelik vroeg toe op ‘n vakansie dag.
Nerens kan ons ys kry nie! Ons tel ons skapie op vir die vakansie en gaan pak
af. Ons gaan vanaand eet by die Moonlight Manor gastehuis wat 100m af in die
stofpad is. Swen en Schalk is ons gashere. Ons geniet eers ‘n koue enetjie
onder ‘n druiwe prieel voor ete. En toe gebeur dit! ‘n Bord kos word voor ons
neergesit wat net sowel as ‘n skildery op ‘n muur kon hang. Skaapskenkel met
gebakte aartappels en groente! Saam met die nodige wyntjie, ‘n gastronomiese
orgasme!! Die nagereg bring ‘n goeie einde aan dag 1 van Padvat 2016!
17 Desember 2016
Ons word wakker gemaak deur musiek wat iewers oor ‘n
luidspreker gespeel word. Ou musiek. Gekrapte plaat musiek! Dit klink kompleet
soos ‘n mars wat voor ‘n atletiek byeenkoms oor speakers gespeel word. Van Jim Reeves tot
verby Ivan Rebroff. Genade iemand het iewers ‘n skroef los! Ek moet gaan kyk
waar die musiek vandaan kom. Ek kon my oe nie glo toe ek die koster van die NG
Kerk sien iutstap uit die kerktoring nie. Daar bo neffens die klok steek daar
‘n speaker sy kop uit. Het die man nou heeltamal sy kop verloor. 6uur op ‘n Saterdag oggend kom versteur hy die stilte van ‘n Karoo dorpie met musiek uit
die kerk toring uit! Oom Dirk draai sweerlik in sy graf om!
Na ‘n lekker koppie koffie en skoonma se tuisgebakte
beskuit vat ons die pad na Murraysburg. Een van die mooiste paaie begroet ons
aan die anderkant van die N1. Moet se dis nogals lekker om so oor die N1 te ry
en nie op hom nie! Murraysburg is ‘n baie mooi skoon Karoo dorpie. Dit lyk nie
op die oog af of daar veel aangaan nie maar die dorp is skoon.
Van daar ry ons na Graaf Reinette. Seker so
20 km voor die dorp kry ons die Kamdebo Natuur Reservaat. Dis hier waar die
Vallei van Verlatenheid is. Ons betaal ons footjie by die hek en ry die Park
binne. Spekbome staan groen teen die hange van die berg. Grotes! Ons klim en
klim tot by ‘n uitkyk punt. Daar doer onder ons le Graaf Reinette.
Ongelooflike uitsig! Na so 200 meter se klim teen die hoogtetjie uit kom ons
by die punt aan. Asemrowend is al wat ek kon uitkry. Geen wonder Pierneef het
die toneel geskilder nie. Dis voorwaar mooier as “Gods window” in die oos
Transvaal!
Van Graaf Reinette ry ons Aberdeen toe. Nog ‘n klein Karoo
dorpie maar die enetjie lyk oes. Vervalle geboue en strate vol slaggate!
Volgens die beplanning gaan ons nou ‘n entjie teerpad ry en dan afdraai na Rietbron.
Iewers ry ek die paaie mis en kom ek
teleurgesteld agter dat ons op die N9 is. Waar het ek dan die padjie gemis.
Ons stoot maar aan en kry later ‘n afdraai Rietbron toe. Lekker grondpad na die
dorpie in die middel van absoluut niks. Dis klaarblyklik Angora bok wereld. Ryk
boere vertel hulle my. Die dorpie is baie klein en daar gaan ook nie veel aan
nie.
Nou is dit oop en toe Meiringspoort toe. Die plan was om in die poele te
gaan swem maar vader tyd is teen ons. Meiringspoort bly darem mooi. Die kronkelpad tussen die
reusagtige berge laat mens klein voel. Die arme mense wat die paaie moes bou.
Daar is 25 driwwe waaroor mens ry. Die lekker braai plekke is vol en die vure
ruik al te lekker. Ons gastehuis is net na die poort op regterkant. De
Meiyers’ Rust. ‘n Werkende plaas met ‘n paar chalets vir oorslaap. En een
kothuis bo in die berg. Gelukkig ry die Toyota baie maklik die styl bult uit en
bo word ons begroet deur die aller oulikste klip huisie.
So tussen die
Bonsmaras en Elande saal ons af. Die kuier gedeelte is uit ‘n boek uit en
vinnig hoor jy die geklingel van ys in die glase. Die nag word lank en vrolik
en gelukkig hoef ek nie bult af nie. Dis my reis genoot se probleem. Ons slaap
soos babas in die stilte en word die keer darem nie met ‘n gebler van musiek
wakker nie. Nee die keer is ons wekker die bulk van ‘n bees by ons slaapkamer
venster!