Soweto Shebeen
BARCELONA
2002
Dit was so half agt die aand toe Bobby by die Shebeen in stap." Jis broer" groet hy." Hoe lyk dinge hier?" vra hy ."Ok" antwoord ek."Dis maar stil. 2 Morokane sit daar agter by die pool tafel maar hulle is rustig. Rook niks snaaks nie en ek het hulle nog nie iets sien snuif nie. Angel (een van ons locals), se glase is in die vrieskas. Die yskaste is vol . Die Hoegaarden keg het seker nog so 6 draft's in. "Mooi man. Geniet jou break" antwoord hy.
My "etens uur break" 11 uur die aand. Ja die dinge in Spanje werk bietjie anders as wat ek aan gewoond is. Hier begin die mense eers na 9 in die aand uitgaan. Party van die restaurante maak eers 10 uur die aand oop. Ek gryp my baadjie en vaar die nat koue strate van Barcelona binne. Waar sal ek vannaand heen gaan. Ek kan nie te ver gaan nie. Ek het net 'n uur break. Hier stap jy maar waarna toe jy wil gaan. Of dit of bus ry. Ek besluit om maar na die JAZZ bar te gaan. 'n Klein kroeggie so 2 blokke van die Shibeen af. Die kroeg dame is van Kuba af en getroud met 'n Amerikaner. Hy kom redelik gereeld sy keel nat maak by ons. Snaakse vent.
Die Jazz bar is ook nog stil. Ek bestel 'n hoender burger en chips.Dis nie slap chips nie maar lyk soos crinckel cut chips. So burger en 'n bier of wat vul die hol kol op die maag en gee bietjie energie vir die nag! Die strate is maar leeg vannaand kom ek agter toe ek terug stap Shebeen toe. Dis nat en koud. Daar sit 'n jong couple by die kroeg toe ek die Shebeen instap. Bobby staan met hulle en gesels. Ek neem nie regtig notisie nie. Seker maar Amerikaners of Engelse studente. Ek hang my baadjie op en begin my voorbereiding vir die "griled cheese". Die kaas broodjies wat ek maak vir die honger studente wat laatnag hier by ons inval.
"Weet jy wie is die?" bulder Bobby se stem. Hoe de moer moet ek weet wie dit is wonder ek in my binneste. Nog voor ek kon antwoord se hy"onthou jy suster Ciska?" Ek knik. Sy het saam met ons by Dirk Swart Eiendoms Agentskap in Pretoria gewerk. "Dis haar dogter Kim" "Aangename kennis" groet ek. 'n Vriendelikke jong vrou met mooi dimpels dink ek. Haar vriend se naam is Andre. Beide argitek studente van Tukkies. Hulle is vir 'n tydperk in Barcelona om Spaans te leer of so iets. Ek word aangese om mooi na hulle te kyk. 'n Suster van ons se dogter betaal nie vir drank in die Shebeen nie.
Ek praat nie veel met hulle nie en gaan aan met my normale roetnie. Die kroeg is maar stil. Dis vroeg oggend toe die 2tjies al laggend uit die kroeg strompel. Lekker dink ek. Wens ek het iemand met 'n kroeg geken waar die drank op die huis is!
Vroeg aand wals die 2tjies weer by die kroeg in. Vodka con Zumu de Melocotton is wat hulle drink. Dis vodka met 'n vrugte sap. Nogal lekker kom ek later agter! Die aand is weer stil so ek sit maar by hulle en kuier. Lekker om weer vir 'n slag Afrikaans te kan praat heel nag lank. Net na 2 die oggend is hulle weer daar uit.Met 'n skelm glimlag groet Kim my. Skielik is daar 'n snaakse gevoel wat binne my opstoot Het die sparks nou regtig tussen ons 2 gevlieg of wat? Was daai nou meer as net 'n onskuldige glimlag wonder ek? Ek is oppad om die kroeg te sluit toe sy skielik voor my staan. My hart klop in my keel. Sonder om enige iets te se gee sy my 'n intieme soen, glimlag en huppel die koue nat strate van Barcelona in..........
No comments:
Post a Comment