Friday 8 April 2016

WELKOM IN ONS WêRELD

Dinsdag middag 5 April 2016 presies om 3 uur namiddag word daar ‘n seuntjie in Barcelona, Spanje gebore wat Lorenzo ANET FOURIE heet! Ek is sy amptelike Ere Oupa! Wat die seuntjie so besonders maak is dat hy my vriend /broer se eerste kleinseun is! Wat hom verder besonders maak is sy “bloedlyn”.

 Ek het sy ma Emanuela Fourie in Pretoria ontmoet toe sy ‘n dogtertjie in graad 1, in Constantia Park laerskool was. Later jare het sy my op die lughawe in Barcelona kom haal.’n Pragtige jong vrou wat besig was om te studeer. Haar ma ,ANNA  DI BARTOLO, se ouers is Sicilieense Italianers. Anna se groot ouers was Siciliaans. My vriend/broer is gebore in Mantagu .‘n Volbloed Afrikaner Kapenees wat hou van vis en wyn,rugby en kuns. Die kleindig se pa is half Frans ,half Catalan-Spaans ‘n Meditereense Prins. Afrikaan/Italiaans/Frans en Spaans.

Hy sal Spaans groot word. Spaans en Catalan praat . Spaanse en Catalanse maniere aan leer. Dalk bietjie Franse maniertjies en of sharme hê. En  dan is daar sy  Suid Afrikaanse oupa wat ook in Barcelona woon.. Hy sal hom vertel van die stories uit donker Afrika. Van al die Currie Bekers wat die WP gewen het. Van die 2 wêreld bekers wat die Springbokke gewen het. Hopenlik nooit van die verloor teen Japan in die 2015 Wêreld Beker nie.



Hy sal leer van braai. Hopenlik ook later in sy jare van kos maak. Hy sal miskien FC Barcelona ondersteun. Dalk sokker speel maar sy ooms Amedeo en Aldo sal hom hopenlik aan rugby voorstel. Hy sal as deel van sy voorgeslagte-se- geboorte reg die Bokke,Stormers en WP ondersteun! (Foeitog) Ons sal met belangstelling sy lewe hier uit die noorde van die Suid punt van Afrika dophou.


Welkom in die deurmekaar wêreld LORENZO ANET FOURIE! Ek vertrou jou pa FRAN en ma EMANUELA sal jou mooi groot maak en dat jy veilig groot sal word. Sien uit na jou lewens reis!

No comments:

Post a Comment