Tuesday 1 March 2016

DIE STROOISE VAN AFRIKA

Braaivleis, sonskyn, samesyn en Chevrolet was woorde vir ‘n advertensie eens op ‘n tyd. Braaivleis vure is seker sinoniem met Afrika. Vir baie mense is ‘n vuur die enigste hitte waarop hulle, hulle kos kan gaarmaak en hitte in die winter kan kry. Van oertyd af maak mense ‘n vuurtjie.

Daar is niks so lekker soos die reuk van gebraaide wors op ‘n vuurtjie in die somer aande nie. Oor naweke vul geure van braaivleis vure die lug. Jy kan ondersky tussen hout vure en Brieket vure. Bosveld hout of doringboom. Daars meeste van die kere ‘n gelag en geklets romdom ‘n vuurtjie. ‘n Vorm van onthaal. ‘n Vreugde volle ondervinding. Vir sommiges!

Dis moeilik om te glo dat daar sowaar mense is wat glad nie van ‘n vuurtjie of braaivleis hou nie. Die reuk van vure maak hulle deure en vensters toe slaan! Hoe gebeur dit dat mense nie van die reuk van gebrande bosveld hout nie? Of die reuk van gebraaide wors of vis of wat ookal.


Hoe gebeur dit dat iemand wat versot is oor braai in ‘n meethuis beland langs mense wat nie daarvan hou nie? Sodra die vuurtjie aangesteek word, word die vensters en deure langsaan toegeklap. Het alle vure nie maar bietjie rook sodra jy die vuur aansteek nie? Dis onvermydelik dat daar ‘n rokie gaan trek as vet op die vuur drip. Dan word daar smse gestuur wat vra om die braai te skuif want hulle huis ruik soos ‘n stroois! Was hulle al ooit in ‘n stroois? Weet hulle hoe ‘n stroois regtig binne ruik of gebruik hulle maar net die gesegde? Waarheen skuif jy ‘n vuur in ‘n vyftien vierkante meter tuin? Daais baie vet op die vuur!

No comments:

Post a Comment