LEEU
SATARA
28 OKTOBER2016
Die Koning van die diereryk. Mafasa wat uitgestrek op 'n rots le en oor sy koningkryk uitkyk.Die dier wat almal wil sien as hulle Wildtuin toe kom. Jou besoek aan die Kruger Wildtuin is nie suksesvol as jy nie 'n leeu gesien het nie. Never mind die ystervark of vaalbos kat of ratel of of .... Nee almal wil net Leeus sien.Groot, vors, gespierd met 'n groot swart bos maanhare!. Skrikwekkende groot voor pote. 'n Brul wat 'n mens se binneste laat tril!!. Tande wat vleis verskeur! Dis wat ons wil sien! En is dit nie iets ongeloofliks om in die natuur te sien nie!Nie in 'n hok in 'n dieretuin nie . Nee in die veld. Daar waar hy hoort en regeer.Nog elke keer wat ek 'n leeu in die veld sien kry ek hondervleis.'n Majestieuse dier. Die KONING van die veld!
Baie min mense het al die voorreg gehad om aan 'n leeu te raak. Al is dit nou net deur 'n draad. Harde hare.Stink hare. Van naby bekyk het hy kolle op sy lyf .Amper soos 'n luiperd.
Net anderkant Zeerust "boer" 'n vriend van my met leeus.Groot stukke veld afgekamp met draad! Hoe draad, sterk draad! Kampe vol leeus. Hulle word hoenders gevoer of enige afval vleis van die omgewing! So kuier ek een Desember by hom. Hy het 'n baie lekker lapa en swembad tussen die leeu kampe. Ons kuier die dag nog so rustig toe vlogg die man met 'n spoed daar op. Op die vierwiel motorfiets reguit na een van die kampe. 'n Kamp waar daar net 'n mannetjie en wyfie was. Vir obvious redes. Sonder vrees maak hy die kamp se hek oop en jaag op die mannetjie af.Jaag toe die uit die kamp uit.Die wyfie kyk verslae toe. Ek gaan skink 'n dop! Het die man dan nou sy sinne verloor?
10 min later kom hy rustig aangery. Die mannetjie veilig terug by sy wyfie! Die hekke veilig toe en gesluit. Die hele petalje gaan my verstand tebowe.Waaroor al die bohaai? Die volgende oomblik kom ky tevoorskyn met 'n bondeltjie iets in sy arms. 'n Pasgebore leeutjie. Sy pa wou hom opvreet! Dis die dat die man so vinnig daar weg is. Dis om die kleintjie te gaan red!Krismis. Krismis word toe in die huis groot gemaak. Bottels word gegee en nie winde nie maar poef word uitgevryf. As hy klaar gedrink het moet jy hom met 'n ou handoek in sy lieste vryf. In die natuur sou die ma hom met haar skurwe tong lek. So maak mens tot hy sy ding doen. Iets amazings om te beleef! Krismis le in my arms en slaap!'n Leeutjie! Na 2 jaar verneem ek Krismis is 'n mooi groot sterk mannetjie. Ek kon hom ongelukkig nooit weer sien nie. Ook nie my vriend nie..
Ekt wel later 'n LION gedown en "satisfied" gevoel!!
.

No comments:
Post a Comment