Wednesday, 24 August 2016

KERKE
My eerste bewuste kennismaking met die kerk was seker op Laerskool. Ons het Sondagskool gehou by die laerskool en het net vakansies saam my ouers kerk toe gegaan. NG Suid Oos Pretoria in Stella straat. Ons het altyd by die linkerkantste deure ingegaan en so die 4de ry van agter links gesit. Elke keer op dieselfde plek. Daar was ‘n effe ongemaklikheid as ons by die kerk kom en iemand sit op ons plek hoor.

Kerke is gewoonlik ook die baken van plattelandse dorpe. Daar is meeste van die kere ‘n mooi kerk op die dorp. Swartruggens se mooi wit kerk voor jy die dorp in ry. Sandsteen kerk op SENEKAL. Die wit kerk met die höe kerk toring in Graaf Reinette. Die mooi grys en wit kerk op Merweville. Almal mooi van buite. Dis selde wat mens stop en gaan kyk hoe lyk die kerk binne. Dit los ons vir oorsese reise.


In Spanje is hierdie groot katedrale. La Segrada de Familia in Barcelona is een so katedraal. Dis ontwerp deur Antoni Gaudi en begin bou in 1882. Hulle bou vandag nog en voorspel dat die gebou eers in 2026 gaan klaar wees! ‘n Katolieke Kerk wat jou asem wegslaan. Nie soseer die buite kant nie maar as jy daar instap. Dit is onbeskryflik.



 So ook die Klooster van Montserrat, 48km wes van Barcelona. ‘n Klooster hoog in die berge. Die gevoel wat jy kry as jy daar rond stap is magies.  


Montserrat
                                                                 

 Die katedraal in Santiago de Compostela is net so amazing. Die einde van ‘n pelgrims roete wat derduisende mense stap. Die roete van die dissipel Johannes. Daar word beweer dat hy in Santiago de Compostelo begrawe is.Ongelooflik


Selfs in New York is daar ‘n asemrowende katedraal. Die St Patrick Katedraal. Daar tussen die wolke krabbers en geel taxi’s! ‘n Veilige hawe in die middel van die geroesmoes!



Die Nasionale Katedraal van Washington waar groot geeste al heen gegaan het. Presidente en goeters.

 Alles hierde wow geboue vol rustigheid!


Een kerkie wat ek baie graag nog na toe wil gaan is die Notre Dame du Rugby. ‘n Kerkie in die suidweste van Frankryk wat opgedra is aan Rugby! Iets groots vir my bucket list



AMEN!

No comments:

Post a Comment