Thursday, 9 January 2020

(vervolg)

Kerstyd voel nie meer dieselfde vir my nie. Die winkels het hierdie jaar laat eers begin met hul versierings en jy het nie regtig Kers liedere gehoor nie. Miskien druk die finansies maar of mense is net nie meer lus vir die dinge nie. Die politiek en Eskom en korrupsie en al die dinge help ook seker nie veel nie. Hoeveel families kan nog Kerstyd saam kuier. Families is versprei oor ons Moeder aarde.Australië, Engeland, Spanje en selfs die eiland KUAI! Darem is daar internet en “Whatsup calling” wat dinge so bietjie verbeter. Vier mense ooit nog Kersfees om die regte redes of is dit net ‘n dag wat die tafels gepak word met kos? Tradisioneel is daar skaapboud, tong, hoender,soutvleis ,  vark en wie weet wat als. Die beste is seker die koekstruif (trifle). Moet sê my een skoonsuster maak een bevange trifle.  Die dag van Kersfees eet jy jou trommel dik en dan bly daar in elk geval genoeg kos oor om vir ‘n week nog daarvan te eet. Onthou mense nog waaroor Kersfees regtig gaan? Die geboorte van ‘n Koning in Betlehem? 

26 Desember 2019
Kersfees is verby en so ook ons tyd saam met die skoonfamilie. Ons pak die volgende avontuur aan. Ons is oppad Pearly Beach toe! ‘n Klein vissers dorpie met ‘n groot drank problem. Seker maar omdat daar nie ‘n bottelstoor in die dorp is nie of mag wees nie. Ons gaan by vroutjie se groot pêlle van Grabou kuier. Hulle het intussen afgetree en woon nou permanent in Pearly Beach. Dis altyd ‘n groot fees by hulle. Dis gewoonlik net mens waar jy kyk. Tydig en ontydig val mense net in. Hannes is die groot visterman van die dorp en almal kom vra hom altyd raad. “Hoe lyk die water?” Wanneer is dit laag of hoog water. Hoe lyk dit by plaatjies bank of Buffeljags of die se gat en daai se poel. Hengelaars van die rotse en strand af. Die tyd van die jaar vang die manne kabeljou. Dis nou te sê as die water se kleur en kondisies reg is. Natuurlik ook as die vissies byt. Gelukkig vir my en ongelukkig vir die vistermanne is die omstandighede nie reg vir visvang nie. Dit beteken ek kan meer tyd saam met Hannes spandeer. Kuier in die braai kamer of by die Shack of by stasie 7 of by Hippo of by Piet of by die hengel klub of waar ook al! ‘n Baie gemoedelikke atmosfeer heers in die dorpie. Baie mense ken mekaar en groet altyd vriendelik. Een feit van so dorpie is natuurlik die skinner bekke. Elke oggend hoor jy wie het wat waar gedoen . Wie is waar uitgegooi, wie het wie se meisie gevry en al die lekker derglikke dinge. Baie opwinding! 

No comments:

Post a Comment