Thursday, 9 January 2020


31 DESEMBER2019

Oujaarsdag in Pearly Beach is altyd baie spesiaal. Die dag word rustig deurgebring en gekuier. In die middag vang almal ‘n ruskansie voor die groot kuier. Strand toe! Of sal ek eerder sê gat toe. Hannes hulle het die plek jare terug “ontdek” ‘n Baie lekker kuier plek tussen die duine. Almal kom met hulle bakkies en ‘n groot vuur word op die sand gemaak. Dan word daar gekuier soos op die ou Pieter Styvesant advertensies. Die beste manier om die ou jaar te groet en die nuwe jaar te begroet. Toe telivisie net uitgekom het was daar ‘n program” Redding Internasionaal”. ‘n Tiep van animasie besigheid vir ons kinders. Die program het altyd geeindig met die frase:” Sal Mcnab dit maak? Kyk volgende week episode so en so.” ‘n Ruimte program waar hulle van 2023 gepraat het. Ek het toe gedink dat ek al sal dood wees teen daai tyd. Hier is ons wraggies in 2020!





2  Januarie 2020
Praat van opwinding. Hannes se vriend Piet het ‘n Skiboot. Hy was ook eers ‘n kranigge stok visserman maar vang deesdae net van die boot af. Iets wat my natuurlik baie interresseer. Nie iets wat ek elke dag die kans kry om te doen nie maar as ek ‘n kansie kry gryp ek hom. So kry ek ‘n plekkie op Bayswater en is deel van ‘n 4 man bemanning. Dit is die jaarlikse Geelstert kompetisie in Struisbaai. Ek was in 1975 die 1ste keer in Struisbaai. My pa hulle het vriende gehad wat saar ‘n stranhuis gehad het. Ek vermoed ons het lekker vakansie gehou. Ek kan onthou my pa het elke laat middag afgestap hawe toe om ‘n geelstert te gaan koop. Hier het ek nou 44 jaar later die geleentheid om self 1 te prober vang

Wat ‘n afêre om te beleef. Ons moes 3 uur die oggend reg wees om Struisbaai toe te ry. Daar aangekom ‘n uur later staan daar ‘n tou bote wat jy nie kan verstaan nie. Almal in ‘n ry om by die hawe “gelaunch” te word. Sowat van bote het ek in my lewe nog nie gesien nie. Van klein rubber ducks tot 20 voet plus skibote. Van 50 perdekrag engins tot 150 perdekrag. Sodra jy op die water is en al die bemanning aan boord begin die sports! Almal jaag na dieselfde plek toe. ‘n Rif sowat 3 seemyl van die hawe af. Dis ‘n bewolkte oggend en die see is ietwat rowwerig. Gelukkig staan ek in die kajuit saam met die skipper. Die water is ongemaklik “choppy”. Jy skud jou binnegoed behoorlik rond. Ek was 4 jaar gelede laas uit op ‘n skuit. Gelukkig voel ek nog nie siekkerig nie. Na sowat 20 min sy vaar begroet ‘n gesig my wat my stom slaan. Dis net bote waar jy kyk! Almal op dieselfde rif met die selfde doel voor oë. Geelstert vang! Grootes en baie. Daar is R 20 000-00 op die spel vir die swaarste vis. Gelukkig is Hannes saam so hy kry gou my stok reg vir aksie. Dis aas aansit en dan die te laat val tot op die bodem van die rif. Omtrent 20 meter. Dan wag tot jy ‘n byt kry.

Dis  nie te lank voordat Piet die 1ste byt kry nie. My moed gaan sit in my tekkies. Hierdie is nie dam of swartbaar vang nie. Nee hierdie is ‘n heel ander besigheid. Die kort stokkie word boggelrug getrek deur die vis. Ek kan sien die man spook. Seker ‘n goeie 2 tot 3 minute wat hy inkatrol. Dan hoor jy net weet tsirrrrrrrrrrrrr soos die vis met die lyn gaan. Iets ongeloofliks en dan word hy “gegaf” op die boot. Mooi vis die geelstert. So kry almal op die boot ‘n byt behalwe ek. Hier en daar voel ek ‘n plukkie aan die lyn maar is dan volgens my te laat om te slaan. So vang die manne . Ons dryf met die engins aan . Elke nou en dan moet ons lyne optrek en dan ry ons weer tot voor die ander bote. As jy weer kyk is ons weer heel agter. So gaan dit die hele dag. Ek het opgehou tel by 70 bote. Heen en weer op en af. Die manne van gen ander brul. Die rowwe see is nie vir almal bedoel nie. Party manne is groen en ander spier wit. Hie ren daar sien jy iemand hang oor die kant van die boot. Dan roep hulle vir “Geooooooooorge”. Jislaaik dit moet by sleg wees om seesiek te raak. Ek kry die mense baie jammer. As jy siek word moet jy wag totdat die skipper van die boot besluit dis tyd om terug te keer hawe toe. Gelukkig bly ek nog sterk. My see voete hou nog.Teen die einde van die dag is al wat ek kon vang ‘n seekat. Gelukkig het 1 van sy tentakels vir Piet ‘n groot genoeg vis gevang om met 3de prys weg te loop.



No comments:

Post a Comment