Friday 3 April 2020


STAATSINPERKING
2020
Dag 1: 27 Maart 2020
Vrydag oggend. ‘n “Normale” Vrydag oggend in ons huis. Vrydae werk my vrou van die huis af. Vrydae is admin dag vir my. Ons staan gewone tyd op. Drink ‘n lekker koppie koffie. Sit die vullis blik uit en gaan voort soos per normal. Die enigste verskil is dat jy kinders hoor lag en pa’s en ma’s skreeu. Dit is natuurlik “lockdown” tyd in Suid Afrika. Die eertse keer in ons land se geskiedenis wat daar ‘n totale landswye “lockdown” is. Dit alles as gevolg van ‘n nare kiem. Covirt 19. Op die beeldradio sien mens dat daar op party plekke in ons land nog mense in groeppies op die straat is. Ek hoop hulle is werkers wat vir die esentiele werkmag werk.
Dit is ‘n nuwe ondervinding. Almal wat by die huis MOET bly!. Party mense is gelukkig en kan van die huis af werk. Ander van ons is nie so gelukkig nie.  Sover is dit nog maar soos ‘n gewone Vrydag. Mens hoor net nie karre ry nie. Amper soos ‘n Sondag.
Die hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus staan op ‘n 1000
Die goudprys is $1615.22 per onz
Rand verhandel teen $ 17.57
Die olie prys is $26.34

Dag 2: 28 Maart 2020
Saterdag: Dis vanoggend bewolk en koel. Gelukkig het ek gister middag ‘n deel van my grasperk gesny. Ek wou vandag die gras spuit vir al die onkruid maar dit gaan dalk reen so ek los dit maar vir volgende week. Aangesien daar geen sport is om te kyk nie sal ons vandag maar fliek en reekse kyk. Vriend  Louis het vir ons ‘n klomp reekse en flieks op ‘n hardeskyf gelaai. Tussen deur die huidige programme wat ons kyk behoort ons genoeg te he om ons self mee besig te hou. Dit lyk na ‘n dag op die bank!
Die hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus staan op 1170


Dag 3: 29 Maart 2020
Sondag: ‘n Gewone Sondag in ons huis. Bietjie laat gele. Koffie onder die lapa, Kerk op die tv en reg maak vir braai. Ekt lanklaas die vuur half 12 aangesteek. ‘n Gewwonte wat ek by my oorlede pa geleer het. Half 12 op ‘n Sondag moet die vuur aangesteek word. Die probleem is dat ek  Wissing bloed ook in my het wat beteken dat ‘n mens eers hier by 5uur se kant eet! Maar nou ja dit is Sondag en ons het tyd!
Die hoeveelheid mense wat positeif getoets is vir die virus staan op 1178



Dag 4: 30 Maart 2020
Maandag: Dis nou hier waar die werklikheid inskop. My vrou werk van die huis af. Iets wat nie gewoonlik gebeur op ‘n Maandag nie. Ek moet vandag met huis takies begin. ‘n Lysie wat ek opgestel het voor die “lockdown” begin het.Volgens my program moet ek vandag met my studeerkamer begin. Die gate in die muur moet gestop word , geskuur word en geverf word. Ek het darem 2dae opsy gesit vir die projek. Dis flippen baie werk maar ek het tyd!

Die hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus staan op 1200

Die goudprys is $ 1615.77

Rand verhandel teen $17.90

Olie prys is $ 26.3

  
Dag 5: 31 Maart2020
Dinsdag: Ek het met my studeerkamer begin vandag. Verf is mos my ding. Of laat ek se dit was my ding. Ek mos baie girls se woonstelle of huise help uitverf. Dit was lank terug. Dis nou baie makliker om iemand te kry om te verf. Dis nog ok om die mure te verf met ‘n rolkwas maar die probleem kom om onder teen die vloer lyste te verf. Ek kan nie meer so lag buk of op my hurke sit nie. Die ander probleem is om op en af ‘n leer te klim. Maar ja na ‘n rukkie begin ‘n mens weer gewoond raak daaraan. Dis nou gelukkig nie ‘n projek wat teen ‘n sekere tyd moet klaar wees nie. So ek vat maar my tyd. My vrou werk nogsteeds van 07h00 tot 07h00. Ongelooflik waardeur banke moet gaan in hierdie tyd.

Die hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus staan op 1326

Die goudprys is $1615

Rand verhandel teen $17.95

Olie Prys is $23.05

  
Dag 6: 1 April 2020
Woensdag: Dis seker die eerste keer in die geskiedenis dat daar nie ‘n Aprilsgek storie op die koerante se voorblaaie nie. Die is nie nou die tyd vir grappies nie, alhoewel dit ‘n manier is om deur moeilikke tye te kom. Die virus het nou begin kop uit steek in die swart woon buurte. ‘n Groot kopseer vir ons regering. Die blote feit dat die mense so op mekaar bly of meer as 4 of 5 in ‘n huis bly maak dit maaklik vir die virus om te versprei. Di virus ken geen status of kleur nie. Dinge kan gou baie leleik word in die woon buurte.

Vandag gaan die verf projek voort! Sal seker al die groot mure klaar verf vandag. Ek het bietjie afgewyk van my dagboek lysie. So die week maak ek maar my kamer klaar. Dis in elk geval die grootste projek vir die tye.

Ek is baie opgewonde. Ek gaan moet uitgaan vandag! Eerste keer vanaf verlede Donderdag date k in ‘n kar gaan klim en ry. Ek moet gaan groente koop anders gaan ons Skeurbeik kry! Dit voel omtrent soos in die weermag as ‘n mens pas kry. Al gaan dit net vir ‘n halfuur of so wees!

Die hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus is 1353

Die goudprys is $1582.65

Rand verhandel teen $17.80

Olie prys is $25.86

Daar is ongelukkig al 5 mense oorlede.



Dag 7: 2 April2020
Donderdag:’n Mens kan half nie glo dat dit al 7 dae is van inperking nie! Ek moes gister bitjie gaan op top op voorraad by Checkers net om die hoek hier by ons. ‘n Nuwe ondervinding om buite die winkel in ‘n ry te staan en wag om in te kan gaan. Daar mag net ‘n sekere hoeveelheid mense in die winkel toegelaat word. As jy eers in is voel dit maar soos ‘n normale dag se inkopies. Net een verskil dat die rake nogsteeds leeg is met sekere produkte. Meeste van die goed is daar. Vreemd om die wyn rake toe te sien. My brood en botter daarmee heen.

Gister was ek baie sleg. Ek het nie gedoen wat ek veronderstel was om te doen nie. Bietjie my voete gesleep. Wel vandag is ‘n nuwe da gen kan ek weer aangaan met projek “kamer”. Ek gaan probeer klaar verf vandag. Saterdag kan ons die rakke opsit. Dan die boekke terug sit en prente opsit. So ja so gaan ons aan!

Die hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus is 1380

Die goudprys is $1587.92

Rand verhandel teen $18.38

Olie prys is $ 24.74


Dag 8: 3 April
Vrydag: So is die eerste week van inperking verby. Dit was nie te erg nie want ons was besig. Vroutjie werk nou harder as ooit! My kamer projek is amper klaar. Dis nou net vir die klein afwerkings. More sit ons die rakke op en pak die boekke terug dan is dit klaar. Die naweek gaan ons maar naweek hou. Die weer speel nie saam nie. Dis koel en bewolk. So ek sal maar Maandag weer gras sny. Ek vermoed saterdag gaan ons net op die bank voor die tv deurbring.

Gelukkig is daar nog  1 ‘n groot projek. Die spens! Dit gaan ‘n storie en ‘n half afgee. Ek vermoed daar is peserye van jare gelede nog in die Kassie. Skoon maak, weggooi, regpak en oorpak.

Die hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus is 1462

Die goudprys is $ 1610.54

Rand verhandel teen $18.47

Olie prys is $ 24.74

Friday 27 March 2020

31 Desember 2019
(vervolg)
Die geluk is met my en ek kry weer 'n "seat" op Piet se boot. Die keer is dit nie 'n kompetisie of so iets nie. Net 'n lekker  dag uit op die see! Die weer speel die keer ook saam. Die son skyn en die see is heelwat platter as 2 dae van te vore. Die keer is klein Ferdi saam met ons op die boot. Gelukkig vir my! Darem nog iemand wat my kan help om hoekke en goette aan te sit!

Dit was nie lank voordat die eerste vissies begin byt nie.Toe begin die sports! Dit wat ek gedink het was 'n byt 2 dae gelede was alles behalwe! Genade dit voel asof die vis my stok die see wil intrek! Die geelstertte gee jou 'n "run for your money" Dis nogal 'n gespook om die outjie in die boot te kry. Met 'n redelikke gespook land ek my eerste geelstert! Wat 'n amazing gevoel! 


Die enigste ander vis wat ek in my lewe gevang het was 'n Swartbaar. Nee nou jok ek. Ek het so 4 jaar gelede saam met die einste Piet se Skoonpa  uitgegaan in Pearly Beach. Daar het ek darem een of ander vissie gevang.
Nog was dit die einde niet. Die visse byt en ons vang te lekker. Ek vang! Nie 1 nie, nie 2 nie, nie  3 nie maar 'n alemuntige 5!

Al tesame was daar omtrent 20 visse op die boot vir die dag. Baie lekkerder as 'n dag op kantoor!Die heel lekkerste is om daai vis te braai. Self gevang! Vars uit die see op die kole. Baie dankie PIET!


So kom ons tydjie in Pearly Beach op 'n einde en moes groet. Ons is weer oppad Kuilsrivier toe. Darem net vir 'n nag want ons moet 'n ou skapie gaan optel. Vroutjie is mos 'n Karoo meisie en eet net Karoo skaap. Dan vat ons pad Paternoster toe. 'n Week se rus in die Weskus!

Ons was in 2012 met ons troue laas in Paternoster. Ons het in die Paternoster Hotel getrou! Wat 'n Fees! Ons huisie se naam is Bo Bakkies! Dis reg op die see. 'n Baie lekker stoep met 'n ongeloooflikke uitsig! Hier gaan ons nou lekker ontspan. Net die 2kies van ons. Wyn drink, Kreef eet, braai en ontspan! Die einde van 'n ongelooflikke sloer toer deur ons mooie land. 
Paternoster het noagal uitgebrei . Nuwe restaurante en groot huise. Die kreef loop so daar is elke dag skuite uit en die strand lewe. Die kreef verkopers loop ooral rond en smous onder grootte krewe. Wat maak 'n Transvaler nou in die geval. Ons koop maar! So kom sloertoer 2019 tot 'n einde. Dankie Heer vir die voorreg om ons mooie land so te kan leer ken en geniet!

Thursday 9 January 2020


31 DESEMBER2019

Oujaarsdag in Pearly Beach is altyd baie spesiaal. Die dag word rustig deurgebring en gekuier. In die middag vang almal ‘n ruskansie voor die groot kuier. Strand toe! Of sal ek eerder sê gat toe. Hannes hulle het die plek jare terug “ontdek” ‘n Baie lekker kuier plek tussen die duine. Almal kom met hulle bakkies en ‘n groot vuur word op die sand gemaak. Dan word daar gekuier soos op die ou Pieter Styvesant advertensies. Die beste manier om die ou jaar te groet en die nuwe jaar te begroet. Toe telivisie net uitgekom het was daar ‘n program” Redding Internasionaal”. ‘n Tiep van animasie besigheid vir ons kinders. Die program het altyd geeindig met die frase:” Sal Mcnab dit maak? Kyk volgende week episode so en so.” ‘n Ruimte program waar hulle van 2023 gepraat het. Ek het toe gedink dat ek al sal dood wees teen daai tyd. Hier is ons wraggies in 2020!





2  Januarie 2020
Praat van opwinding. Hannes se vriend Piet het ‘n Skiboot. Hy was ook eers ‘n kranigge stok visserman maar vang deesdae net van die boot af. Iets wat my natuurlik baie interresseer. Nie iets wat ek elke dag die kans kry om te doen nie maar as ek ‘n kansie kry gryp ek hom. So kry ek ‘n plekkie op Bayswater en is deel van ‘n 4 man bemanning. Dit is die jaarlikse Geelstert kompetisie in Struisbaai. Ek was in 1975 die 1ste keer in Struisbaai. My pa hulle het vriende gehad wat saar ‘n stranhuis gehad het. Ek vermoed ons het lekker vakansie gehou. Ek kan onthou my pa het elke laat middag afgestap hawe toe om ‘n geelstert te gaan koop. Hier het ek nou 44 jaar later die geleentheid om self 1 te prober vang

Wat ‘n afêre om te beleef. Ons moes 3 uur die oggend reg wees om Struisbaai toe te ry. Daar aangekom ‘n uur later staan daar ‘n tou bote wat jy nie kan verstaan nie. Almal in ‘n ry om by die hawe “gelaunch” te word. Sowat van bote het ek in my lewe nog nie gesien nie. Van klein rubber ducks tot 20 voet plus skibote. Van 50 perdekrag engins tot 150 perdekrag. Sodra jy op die water is en al die bemanning aan boord begin die sports! Almal jaag na dieselfde plek toe. ‘n Rif sowat 3 seemyl van die hawe af. Dis ‘n bewolkte oggend en die see is ietwat rowwerig. Gelukkig staan ek in die kajuit saam met die skipper. Die water is ongemaklik “choppy”. Jy skud jou binnegoed behoorlik rond. Ek was 4 jaar gelede laas uit op ‘n skuit. Gelukkig voel ek nog nie siekkerig nie. Na sowat 20 min sy vaar begroet ‘n gesig my wat my stom slaan. Dis net bote waar jy kyk! Almal op dieselfde rif met die selfde doel voor oë. Geelstert vang! Grootes en baie. Daar is R 20 000-00 op die spel vir die swaarste vis. Gelukkig is Hannes saam so hy kry gou my stok reg vir aksie. Dis aas aansit en dan die te laat val tot op die bodem van die rif. Omtrent 20 meter. Dan wag tot jy ‘n byt kry.

Dis  nie te lank voordat Piet die 1ste byt kry nie. My moed gaan sit in my tekkies. Hierdie is nie dam of swartbaar vang nie. Nee hierdie is ‘n heel ander besigheid. Die kort stokkie word boggelrug getrek deur die vis. Ek kan sien die man spook. Seker ‘n goeie 2 tot 3 minute wat hy inkatrol. Dan hoor jy net weet tsirrrrrrrrrrrrr soos die vis met die lyn gaan. Iets ongeloofliks en dan word hy “gegaf” op die boot. Mooi vis die geelstert. So kry almal op die boot ‘n byt behalwe ek. Hier en daar voel ek ‘n plukkie aan die lyn maar is dan volgens my te laat om te slaan. So vang die manne . Ons dryf met die engins aan . Elke nou en dan moet ons lyne optrek en dan ry ons weer tot voor die ander bote. As jy weer kyk is ons weer heel agter. So gaan dit die hele dag. Ek het opgehou tel by 70 bote. Heen en weer op en af. Die manne van gen ander brul. Die rowwe see is nie vir almal bedoel nie. Party manne is groen en ander spier wit. Hie ren daar sien jy iemand hang oor die kant van die boot. Dan roep hulle vir “Geooooooooorge”. Jislaaik dit moet by sleg wees om seesiek te raak. Ek kry die mense baie jammer. As jy siek word moet jy wag totdat die skipper van die boot besluit dis tyd om terug te keer hawe toe. Gelukkig bly ek nog sterk. My see voete hou nog.Teen die einde van die dag is al wat ek kon vang ‘n seekat. Gelukkig het 1 van sy tentakels vir Piet ‘n groot genoeg vis gevang om met 3de prys weg te loop.



(vervolg)

Kerstyd voel nie meer dieselfde vir my nie. Die winkels het hierdie jaar laat eers begin met hul versierings en jy het nie regtig Kers liedere gehoor nie. Miskien druk die finansies maar of mense is net nie meer lus vir die dinge nie. Die politiek en Eskom en korrupsie en al die dinge help ook seker nie veel nie. Hoeveel families kan nog Kerstyd saam kuier. Families is versprei oor ons Moeder aarde.Australië, Engeland, Spanje en selfs die eiland KUAI! Darem is daar internet en “Whatsup calling” wat dinge so bietjie verbeter. Vier mense ooit nog Kersfees om die regte redes of is dit net ‘n dag wat die tafels gepak word met kos? Tradisioneel is daar skaapboud, tong, hoender,soutvleis ,  vark en wie weet wat als. Die beste is seker die koekstruif (trifle). Moet sê my een skoonsuster maak een bevange trifle.  Die dag van Kersfees eet jy jou trommel dik en dan bly daar in elk geval genoeg kos oor om vir ‘n week nog daarvan te eet. Onthou mense nog waaroor Kersfees regtig gaan? Die geboorte van ‘n Koning in Betlehem? 

26 Desember 2019
Kersfees is verby en so ook ons tyd saam met die skoonfamilie. Ons pak die volgende avontuur aan. Ons is oppad Pearly Beach toe! ‘n Klein vissers dorpie met ‘n groot drank problem. Seker maar omdat daar nie ‘n bottelstoor in die dorp is nie of mag wees nie. Ons gaan by vroutjie se groot pêlle van Grabou kuier. Hulle het intussen afgetree en woon nou permanent in Pearly Beach. Dis altyd ‘n groot fees by hulle. Dis gewoonlik net mens waar jy kyk. Tydig en ontydig val mense net in. Hannes is die groot visterman van die dorp en almal kom vra hom altyd raad. “Hoe lyk die water?” Wanneer is dit laag of hoog water. Hoe lyk dit by plaatjies bank of Buffeljags of die se gat en daai se poel. Hengelaars van die rotse en strand af. Die tyd van die jaar vang die manne kabeljou. Dis nou te sê as die water se kleur en kondisies reg is. Natuurlik ook as die vissies byt. Gelukkig vir my en ongelukkig vir die vistermanne is die omstandighede nie reg vir visvang nie. Dit beteken ek kan meer tyd saam met Hannes spandeer. Kuier in die braai kamer of by die Shack of by stasie 7 of by Hippo of by Piet of by die hengel klub of waar ook al! ‘n Baie gemoedelikke atmosfeer heers in die dorpie. Baie mense ken mekaar en groet altyd vriendelik. Een feit van so dorpie is natuurlik die skinner bekke. Elke oggend hoor jy wie het wat waar gedoen . Wie is waar uitgegooi, wie het wie se meisie gevry en al die lekker derglikke dinge. Baie opwinding! 

Wednesday 8 January 2020


19 Desember 2019

Ons word ‘n dag ekstra aangebied om te bly en sonder om te skroom gryp ons die geleetheid aan . Tom ons gasheer sê hy het lanklaas iemand gesien wat ‘n stoep so geniet! Dit het hulle opnuut weer laat besef watse stunning uitsig hulle regtig het. Die gaste huis het ook ‘n lekker storie. Dit was oorspronklik drie rondavels wat deur ‘n eertydse held van die slag van Dunkirk in die 2de wêreld oorlog gebou is. Ene E Adlington Hunt was eers ‘n onderwyser en het later ‘n predikant geword. Hy het in die oorlog gedien as ‘n predikant.  Hy was erg beseer in die slag van Dunkirk en die kapel waar hy gedien het erg beskadig. Hy kon egter daarin slaag om ‘n stukkie van ‘n loodglas venster te red en  saam met hom te neem.

Na sy aftrede het hy hom in die Wildernis kom vestig. Hy het die 3 rondawels opgeknap en ‘n snoe
ker kamer by gebou. Hy noem dit toe the Tops. By die ingang na die hoof gebou het hy toe die stukkie loddglas ingebou. Die is vandag nog daar met die skrapnel gat en al.




Die oggend van ons vertrek word ons genooi om saam met Tom en sy vrou ‘n koffietjie te drink op hulle stoep. Die is tussen bome en ons word verras deur die besoek van ‘n Knysna Loerie! Tom se vrou het ‘n paar druiwe korrels uitgesit en die loerie het hom kom verlustig daaraan. Ons groet soos ou vriende en vat die pad.


Ongelukkig moet ek op die N2 ry tot na Mosselbaai. Daar draai ons gelukkig af in die rigting van Herbertsdale en Van Wyksdorp. My hart pyn. Nog nooit het ek so iets beleef nie. Ons lees en hoor van die droogte in sekere plekke van ons mooie land maar mense julle verstaan nie wat droogte is nie. Ek het in my lewe nog nie so iets ervaar nie . Daar is nie eens ‘n spietjie gras te bespeur nie . Niks. Soos in heeltemal niks. Dis baie hartseer. My gebede gaan uit vir die mense wat so swaarkry




Van Swellendam af ry ons in die rigting van Worcester. Net voor Worcester draai ons af na Villiersdorp.  Ek wil gaan kyk hoe lyk dit by die Theewaterskloof dam. Die dam was op ‘n stadium minder as 10% vol. Hoe kontrasteerend is ons land darem nie. Nie net die mense nie maar ook die natuur. Na goeie reën in die gebied rondom die dam is die dam die volste wat ek hom nog gesien het. Ek het nie eens geweet hy is so groot nie. Ongelooflik om van dorre aarde te ry tot lower groen in ‘n paar ure. Franschoek is sy ou bekoorlikke self. Nogal besig en vol toeriste. Ons ry deur Pniel en oor die Helshoogte pas verby Stellenbosch tot in Kuilsrivier. Hier pak ons af tot die 26ste en kuier saam die skoon familie.