STAATSINPERKING
2020
Dag 1:
27 Maart 2020
Vrydag
oggend. ‘n “Normale” Vrydag oggend in ons huis. Vrydae werk my vrou van die
huis af. Vrydae is admin dag vir my. Ons staan gewone tyd op. Drink ‘n lekker
koppie koffie. Sit die vullis blik uit en gaan voort soos per normal. Die
enigste verskil is dat jy kinders hoor lag en pa’s en ma’s skreeu. Dit is
natuurlik “lockdown” tyd in Suid Afrika. Die eertse keer in ons land se
geskiedenis wat daar ‘n totale landswye “lockdown” is. Dit alles as gevolg van
‘n nare kiem. Covirt 19. Op die beeldradio sien mens dat daar op party plekke
in ons land nog mense in groeppies op die straat is. Ek hoop hulle is werkers
wat vir die esentiele werkmag werk.
Dit is ‘n
nuwe ondervinding. Almal wat by die huis MOET bly!. Party mense is gelukkig en
kan van die huis af werk. Ander van ons is nie so gelukkig nie. Sover is dit nog maar soos ‘n gewone Vrydag.
Mens hoor net nie karre ry nie. Amper soos ‘n Sondag.
Die
hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus staan op ‘n 1000
Die
goudprys is $1615.22 per onz
Rand verhandel
teen $ 17.57
Die olie
prys is $26.34
Dag 2:
28 Maart 2020
Saterdag:
Dis vanoggend bewolk en koel. Gelukkig het ek gister middag ‘n deel van my
grasperk gesny. Ek wou vandag die gras spuit vir al die onkruid maar dit gaan
dalk reen so ek los dit maar vir volgende week. Aangesien daar geen sport is om
te kyk nie sal ons vandag maar fliek en reekse kyk. Vriend Louis het vir ons ‘n klomp reekse en flieks op
‘n hardeskyf gelaai. Tussen deur die huidige programme wat ons kyk behoort ons
genoeg te he om ons self mee besig te hou. Dit lyk na ‘n dag op die bank!
Die
hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus staan op 1170
Dag 3:
29 Maart 2020
Sondag: ‘n
Gewone Sondag in ons huis. Bietjie laat gele. Koffie onder die lapa, Kerk op
die tv en reg maak vir braai. Ekt lanklaas die vuur half 12 aangesteek. ‘n
Gewwonte wat ek by my oorlede pa geleer het. Half 12 op ‘n Sondag moet die vuur
aangesteek word. Die probleem is dat ek
Wissing bloed ook in my het wat beteken dat ‘n mens eers hier by 5uur se
kant eet! Maar nou ja dit is Sondag en ons het tyd!
Die
hoeveelheid mense wat positeif getoets is vir die virus staan op 1178
Dag 4: 30
Maart 2020
Maandag:
Dis nou hier waar die werklikheid inskop. My vrou werk van die huis af. Iets
wat nie gewoonlik gebeur op ‘n Maandag nie. Ek moet vandag met huis takies
begin. ‘n Lysie wat ek opgestel het voor die “lockdown” begin het.Volgens my
program moet ek vandag met my studeerkamer begin. Die gate in die muur moet
gestop word , geskuur word en geverf word. Ek het darem 2dae opsy gesit vir die
projek. Dis flippen baie werk maar ek het tyd!
Die
hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus staan op 1200
Die
goudprys is $ 1615.77
Rand
verhandel teen $17.90
Olie prys
is $ 26.3
Dag 5: 31 Maart2020
Dinsdag: Ek
het met my studeerkamer begin vandag. Verf is mos my ding. Of laat ek se dit
was my ding. Ek mos baie girls se woonstelle of huise help uitverf. Dit was
lank terug. Dis nou baie makliker om iemand te kry om te verf. Dis nog ok om
die mure te verf met ‘n rolkwas maar die probleem kom om onder teen die vloer
lyste te verf. Ek kan nie meer so lag buk of op my hurke sit nie. Die ander
probleem is om op en af ‘n leer te klim. Maar ja na ‘n rukkie begin ‘n mens
weer gewoond raak daaraan. Dis nou gelukkig nie ‘n projek wat teen ‘n sekere
tyd moet klaar wees nie. So ek vat maar my tyd. My vrou werk nogsteeds van
07h00 tot 07h00. Ongelooflik waardeur banke moet gaan in hierdie tyd.
Die hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus staan op 1326
Die
goudprys is $1615
Rand
verhandel teen $17.95
Olie Prys
is $23.05
Dag 6: 1
April 2020
Woensdag:
Dis seker die eerste keer in die geskiedenis dat daar nie ‘n Aprilsgek storie
op die koerante se voorblaaie nie. Die is nie nou die tyd vir grappies nie,
alhoewel dit ‘n manier is om deur moeilikke tye te kom. Die virus het nou begin
kop uit steek in die swart woon buurte. ‘n Groot kopseer vir ons regering. Die
blote feit dat die mense so op mekaar bly of meer as 4 of 5 in ‘n huis bly maak
dit maaklik vir die virus om te versprei. Di virus ken geen status of kleur
nie. Dinge kan gou baie leleik word in die woon buurte.
Vandag gaan
die verf projek voort! Sal seker al die groot mure klaar verf vandag. Ek het
bietjie afgewyk van my dagboek lysie. So die week maak ek maar my kamer klaar.
Dis in elk geval die grootste projek vir die tye.
Ek is baie
opgewonde. Ek gaan moet uitgaan vandag! Eerste keer vanaf verlede Donderdag
date k in ‘n kar gaan klim en ry. Ek moet gaan groente koop anders gaan ons Skeurbeik
kry! Dit voel omtrent soos in die weermag as ‘n mens pas kry. Al gaan dit net
vir ‘n halfuur of so wees!
Die hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus is 1353
Die
goudprys is $1582.65
Rand
verhandel teen $17.80
Olie prys
is $25.86
Daar is
ongelukkig al 5 mense oorlede.
Dag 7: 2
April2020
Donderdag:’n
Mens kan half nie glo dat dit al 7 dae is van inperking nie! Ek moes gister
bitjie gaan op top op voorraad by Checkers net om die hoek hier by ons. ‘n Nuwe
ondervinding om buite die winkel in ‘n ry te staan en wag om in te kan gaan.
Daar mag net ‘n sekere hoeveelheid mense in die winkel toegelaat word. As jy
eers in is voel dit maar soos ‘n normale dag se inkopies. Net een verskil dat
die rake nogsteeds leeg is met sekere produkte. Meeste van die goed is daar.
Vreemd om die wyn rake toe te sien. My brood en botter daarmee heen.
Gister was
ek baie sleg. Ek het nie gedoen wat ek veronderstel was om te doen nie. Bietjie
my voete gesleep. Wel vandag is ‘n nuwe da gen kan ek weer aangaan met projek
“kamer”. Ek gaan probeer klaar verf vandag. Saterdag kan ons die rakke opsit.
Dan die boekke terug sit en prente opsit. So ja so gaan ons aan!
Die
hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus is 1380
Die goudprys
is $1587.92
Rand
verhandel teen $18.38
Olie prys
is $ 24.74
Dag 8: 3
April
Vrydag: So
is die eerste week van inperking verby. Dit was nie te erg nie want ons was
besig. Vroutjie werk nou harder as ooit! My kamer projek is amper klaar. Dis
nou net vir die klein afwerkings. More sit ons die rakke op en pak die boekke
terug dan is dit klaar. Die naweek gaan ons maar naweek hou. Die weer speel nie
saam nie. Dis koel en bewolk. So ek sal maar Maandag weer gras sny. Ek vermoed
saterdag gaan ons net op die bank voor die tv deurbring.
Gelukkig is
daar nog 1 ‘n groot projek. Die spens!
Dit gaan ‘n storie en ‘n half afgee. Ek vermoed daar is peserye van jare gelede
nog in die Kassie. Skoon maak, weggooi, regpak en oorpak.
Die
hoeveelheid mense wat positief getoets is vir die virus is 1462
Die
goudprys is $ 1610.54
Rand
verhandel teen $18.47
Olie prys
is $ 24.74
No comments:
Post a Comment