Monday, 28 December 2015

Dag 4

Weeereens gebeur dit so dat ons nie wegkom op tyd nie. Ek wou  vroegoggend al die pad vat maar kom eers 2 ure later weg. Vandag vat ons pad Pofadder ,Pella, Springbok, Soebatsfontein en dan Elandsbaai toe. 'n Stywe entjie om te ry maar gelukkig ry ons die weste in so die son sal darem lank met ons bly. Ons koebaais word gese en daar trek die toyotatjie! Gelukkig is dit effe bewolk en darem nie te warm nie.


 Pofader verbaas my heeltemal. Ek was laas in 1989 in die dorp en het 'n baie lekker ontbyt ge  eet by die plaaslikke kafeetjie. Ons ry 'n draai deur die dorp en ek kom vinnig agter hiers iets aan die gebeur. Die dorpie het vooruit gegeaan in plaas van agteruit. Hier is nuwe geboue en my kafeetjie is nou 'n supermark . Die "restaurantjie" agter in die winkel is nie meer daar nie en is vervang deur 'n wegneem ete deel. Dis nogal jammer. Ek het uitgesien na 'n lekker ontbyt.




Voor ons Pella binne ry voel dit of ek in Suidwes of die Kalahari is. 'n Groot sandduin begroet ons. Ek is bly om te sien dat hier darem ook geregs dienaars in die omtes is. Pella Polise se bakkie lyk sommer nuut! Dit moet vrek warm wees hier. Ooral in die mense se erwe staan daar beddens onder die bome. Pella het begin deur 'n sendingstasie met 'n Roomskatolieke kerk as kern van die dorpie.








Die katedraaltjie lyk nog goed versorg en is omring met dadel palms. Hier naby is een van SA se megaboere wat baie dadels kweek.


Die pad tussen Pofadder en Springbok is lank en eentonig. Een lang stuk teerpad wat reguit voor jou die vertes inskiet. My oorlede pa het altyd gese die stuk pad moet 'n jongman se droom wees. Hier kan jy laat waai! 'n Spietkop wat jou hier vang moet baie hardop en parraat wees. Dis net na 1 toe ons Springbok binne ry. Aangesien ons toe nou nie kon ontbyt eet nie was die WIMPY teken 'n groot verligting. Ons kan nou ons innerlikke versterk voor ons die pad Soebatsfontein toe aandurf.




Mens het my redelik skeef aan gekyk toe ek hulle vertel dat ek Soebatsfontein toe wil gaan." Waar is die plek?" wou almal weet. Min mense het al daarvan gehoor. My eerste kennis making van die plek of dat daar wel so plek betsaan si deur vriendien Lisa. Volgens oorleweing was daar taamlik inteelery in die klein gemeenskappie. So by so dat die kindertjies vreeslik lelik was. Daarom moes die ma's 'n tjoppie om hulle nekkies hang sodat die honde met hulle kon speel. Shame



13 Kilometer suid van Springbok draai die pad af Hondeklipbaai en Soebatsfontein toe. Dis 'n lekker grondpad en ons ry deur die Wildeperdepas wat ons lei na die Namakwa Nasionale Park. Hier is dit bleikbaar baie mooi in blomme tyd. Ek weet nie regtig wat om van Soebatsfontein te verwag nie. Miskien afgeleef en verwaarloos . Hoop daar is 'n plekkie waar jy darem 'n koue lafenis of 2 kan drink. Voor ons verskyn 'n nedersetting. Die 60 kmph bordjie is vergesel van 'n handgemaakde bordjie. Welkom in Soebatsfontein! Dis saterdag middag 19 Desember 2015. Hier is ek nou in Soebatsfontein! Geen kinders met tjoppies om hul nek nie. Geen plek vir 'n koue goue nie. Net 'n poskantoor , Munisipaliteit van Kamiesberg kantore. 'n Kerk , gaste huis en 'n stuk geplaveide pad. 'n Paar huisies rond en bond, 'n Bottelstoor wat toe is en 2 verlate petrol pompe! 'n Bietjie van 'n teleurstelling maar aan die anderkant het ek niks verwag nie. Soebatsfontein is getiek en ons vat die pad Kamieskroon toe. Ons ry deur Killians's en Grootvleipas oppad na Elandsbaai!






Saturday, 26 December 2015

Dag 3


Na ‘n hengse warm aand is ek maar te bly toe la Coq, die inwonende hoenderhaan, sy eerste kraai kraai om die oggend te begroet. Hier beleef ons nou die hitte wat die deel van die land voor bekend is. ‘n Warm koppie koffie help ook nie regtig nie maar is altyd lekker so vroeg in die oggend.







 Joey en la Coq is vroegdag al aan die speel. Ja die hoender en die foxy speel al te lekker. Hulle 2tjies het saam groot geword op die werf en is dik tjomme. Dis te oulik om die 2 te sien speel.







Na ontbyt word ons op ‘n toer gevat deur Keimoes en al die eilande. Keimoes het sy onstaan hier rondom 1938 gekry. Die kerk het ingespring en grond beskikbaar geste vir arm blankes om hulle te probeer help. So het die pioniers met ‘n donkie en ‘n sleep graaf die sand duine langs die oranje rivier gelyk geskraap sodat hulle dit kon bewerk. Kanale is gebou en so het die manne al langs die kanaal hierdie dorre woestyn wêreld in ‘n stukkie oase omskep. RESPEK!!



Dag 2

Na ‘n lekker koppie koffie op die stoep gaan  kyk ek bietjie hoe daar in die geweste geboer word.Ons vaar die wingerde in en ek kry ‘n crash course in vingerdbou. Ook word ek gewys hoe ‘n wingerd nie moet lyk nie. Ek kan nie glo dat ‘n boer sy wingerde so laat toe groei onder bossies, riette en bome nie. Hoe kan ‘n boer so slordig wees! Die feit dat hy nogsteed ‘n bestaan kan maak is skreiend!


Hier op Skanskop eiland plant die manne meestal wingerd.Wyn druiwe , chenin blanc, veral en dan druiwe vir roesyntjies. Die trossies lyk belowend! Nog ‘n maand of so en dan begin hulle pluk. Groot beton blaaie genoem droogbane word al skoon gemaak ter voorbereiding van die oes. Hordes druiwe korrels wat uitgegooi word om te droog in die warm Keimoes son.




Een plekkie op sulke plattelanse dorpe wat mens moet na toe gaan is die korporasie! Ek kan ure daar deurbring en na al die goed staar! Van waterpyppe tot klere! Daar is altyd iets interessants om te sien. Mens kan mos nou nie anders as om ‘n draai te gaan maaak by die plaaslikke wynkelder nie. Oranje Rivier Kelders is ‘n ko-operasie maar elke dorp het sy eie proe lokaal. Alhoewel dit opposisie is vir my is dit goed om jou “vyhand” te ken!



Met ‘n lekker  koue glasie wyn in die hand beleef ons weer ‘n asemrowende sons ondergaan terwyl die skilpadjies en die hoender rustig oor die kole draai. 


Friday, 18 December 2015

2015 ROADTRIP

16 Desember

Dag 1

So  op die Gelofte dag vat ek en vroutjie die pad Noord Kaap toe. Keimoes toe. Die begin van ons 2015 Road trip! Ek wonder hoeveel mense kry dit reg om op tyd te ry as hulle met vakansie gaan. Ek bedoel nou jy beplan om 5 uur te ry maar kom eers kwart voor 6 weg. Nie dat dit veel saak maak as jy op vakansieis nie! Dis nou nie dat ons op ‘n spesifieke tyd iewers moet inboek nie.


Die Westransvaal is hartseer droog. Dit lyk sleg. Die beeste se ribbes lyk soos vinecianblinds. Hartseer sê ek! Van Vryburg af lyk dit nie veel beter nie. Lyk amper soos die Kalahari se rooi sand duine. ‘n Ent voor Kuruman sien ek ‘n naambord wat lees: “ Washington”. ‘n Perdekar stop met ‘n stof wolkonder die naambord maar eks te laat om die die foto te neem. Die naambord word egter verewig! Wonder wat die Withuis sou sê van die stand van sake in die Washington!

By Katho draai ons in. 2 Ma se myn masjienerie begroet ons. Helse groot goed wat die aarde se maag omkrap!

Skuins voor 6 ry ons Keimoes binne.’n Lushof van ‘n tuin begroet ons by Rian en Launa se huis.Dit sou verseker die Withuis se geodkeuring weg gedra het! Die huis met die stoep. ‘n Stoep wat wes kyk. Oor wingerdedie verte in! En sommer 2 windpompe! Met ‘n soutrib op die vuur en ‘n Koue  glasie Boplaas Stoepsit Sauvignon Blanc  in die hand sien ons die son sak in die weste.

Wednesday, 25 November 2015

25 November 2015

Genade! Is ons al regtig hier? Waar het die jaar heen gegaan?Dankbaar is ek wel dat die jaar amper verby is! Veral die werksgedeelte daarvan!

 Desember is mos "roadtrip" tyd. Laas jaar het ons oos om suid beweeg. Die jaar gaan ons wes om suide toe. Eers 'n draai gaan maak in Keimoes. Daarvandaan via Pofadder, Springbok, Loeriesfontein en Garries na Elandsbaai. 2 Dae kuier in Elandsbaai dan via De Doorns na Pearly Beach. Hier saal ons af vir 'n wyle.

Darem moet 'n mens die moederstad gaan groet as jy in die suide is! Bietjie tyd saam familie spandeer en dan met 'n ou bekende grondpad die tog weer noorde toe aanpak! Iets besonders om na uit te sien!
Die laaste Reis -Deel 2

Bedags tussen 9 en 12 uur in die oggend is my motor radio ingestel op RSG. Daar is altyd ‘n lekker storie wat na vore kom! So ry ek een oggend  en Martilize Britz gesêls met die Koster van die NG KERK op Victoria Wes. Ek trek net daar van die pad af. My skoon ouers bly op Victoria Wes! Ek wil nou hoor wat daar aangaan. Hulle gesêls oor n lykswa? Ja sowaar ‘n lykswa!


 Oom Dirk Human is al die afgelope 22 jaar koster van die NG Kerk Victoria Wes. Hy het voorheen vir die spoorweë gewerk. Hierdie is ‘n man wat sy werk nog ter harte neem. Elke oggend voor 6 maak oom Dirk seker dat die horlosie in die kerk toring op tyd is. Elke oggend! Oom Dirk kyk ook na die lykswa.


Dis nie sommer so ‘n lykswa nie! Nee! Dis ‘n 1929 Chevrolet wat by Vos Garage op die dorp aangekoop is. Die wa is op die plaas Mondese omgebou deur Gawie Marais. Die wa is weer in 1993 in werkende toestand gebring deur Billy Human en Dr Johann Lochner. Die wa staan toe sowaar in ‘n waenhuis slegs 50m van my skoon ouers se voordeur af! ‘n Skat wat baie min mense van weet.




Die battery was ongelukkig ongedaan toe ek gaan kyk het na die wa. Sou hom graag vir ‘n spin wou vat deur die dorp! ‘n Ongelooflikke voertuig. ‘n Slinger wat gebruik word om die enjin aan die gang te kry.’n Knoppie op die vloerbord word ingetrap terwyl die slinger geswaai word. Die brandstof tenk ‘n houtkas onder die bestuurder se sitvlak!




Die laaste persoon is in 1997 vanaf die Kerk na die begrafplaas vervoer met die wa.
CCR 218 ‘n statige ou lykswa wat rustig onder komberse en seile in die waenhuis rus!

Wednesday, 4 November 2015

Die Laaste Reis

Deel 1

Ons almal se paadjie op aarde eindig eendag. Partry sin net vroëer  as ander. Dit is nooit ‘n gawe onderwerp om oor te gesêls  nie! Die dood, begrafnisse en verassings.Daai is iets wat mens net oor praat die dag as dit jou onverhoeds betrap. Dan weet mens ook nie aldag heeltemal hoe of wat of waarheen nie. Soos alles in die lewe is daar darem ook die anderkant van die muntstuk. ‘n Kant wat dalk ‘n fronsende glimlag kan ontketting.

Een aand op die Reis kanaal op Dstv besoek die aanbieder van die program Los Angeles! Die stad van die Engele. Daar was selfs ‘n fliek gemaak van die Engele. “City of Angels” met Nicolas Cage in die hoof rol. Aangesien  my  sus in daai geweste woon kyk ek met aandag waarna  die aanbieder ooral gaan. Ek was bevoorreg om vir ‘n week of wat vir haar te gaan kuier daar doer vêr en doer vêr is dit beslis. ‘n Goeie  16 ure van Jan Smuts na Atlanta en van daar nog 6 ure tot by John Wayne lughawe in Orange County. 22 ure se vlieg!!!??

Ek probeer die plekke eien wat die aanbiedder besoek maar kom toe agter daar is baie plekke en dinge wat ek nie gesien  het nie. Behalwe  vir al die bekende plekke wat mens op die reis brosures sien is daar baie ander plekke om te verken.

Een so plek is die Los Angeles County Coroner. Nou nie juis ‘n plek wat nommer 1 op plekke om te sien lysie sal pryk nie! Wat die plek so besonders maak is dat die lykshuis ‘n “gift shop” het!? Dis nie ‘n wolhaar storie nie dis regtig so! Skeletons in the Closet is by kamer 208 in die hoof gebou. Die gebou self is iets besonders om te aanskou!Dit het my verstom gelaat! Ek kan nie eers onthou waar die aanbieder verder ooral was nie. Ek het vasgehaak by die lykshuis! Nodeloos om te sê op my volgende besoek aan my sus is die plek nommer 1 op my lys van plekke om te besoek!



Eers het my familie  gedink ek maak ‘n grap! Later het hulle begin dink ek het ‘n skroef of 6 los! Toe ek dit vir hulle wys was hulle erg verbaas maar my nogsteeds nie geglo nie?

So breek die dag toe aan dat my sus haar motor vir my gee om my draaie te gaan ry en my kyke te kyk! Daai opsigself is ‘n mission! Sus hulle bly in Ladeira Ranch, Orange County. Van hulle huis af is dit via die I 5 N 53 myl tot by County Coroner. Sowat ‘n uur en half se ry. Net so een struikel blokkie, haar motor is linkerhandse stuur en die snelweg het 6 bane!. Nou ja as dit nie ‘n uitdaging of avontuur is nie weet ek nie.

Gewapen met uitgedrukte karate en ‘n GPS pak ek die tog aan. Die tannie in die GPS wil die heeltyd hê ek moet van die “interstate 5 north” afklim maar volgens my karate moet ek Noord hou. 2 Ure later en stokstyf tussen my blaaie stop ek voor die County Coroner. ‘n Indrukwekkende gebou begroet my.



Nou waar parkeer ‘n mens? Ek wil nou nie op ‘n plek stop waar “kliënte”  moet parkeer nie. Jy weet die wat iemand moet kom uitken of een van daai. Ek kry ‘n pleekie wat vir my reg lyk en parkeer. Ek haal diep asem en bestyg die trappe. Deur die glas deure bevind ek my in ‘n sort ontvangs portal. 

‘n Glashokkie aan my linkerkant waar ‘n wag of iemand sit. Die dak is hoog en het ‘n koeppel. Voor my gaan ‘n stel hout trappe na bo. Daar is egter ‘n rooi tou voor die trappe gespan. Links is ‘n deur met ‘n bordjie op :”Identifying room. ”’n Koffie tafel omring deur 2 twee sitplek bankkies en 2 stoelle staan in die portal. Een massiewe houer sneesdoekkies versier die tafel. ‘n Doodse stilte hang in die lug. Ek gaan sit by die tafeltjie.


Die dame in beheer van die “Gift Shop” het net gou gaan koffie haal terwyl ek n trollie hoor verby ketik ketik! Voor kamer 208 staan ‘n bordjie wat sê :”Please don’t laugh. People are mourning”. Ai net in AMERIKA!
Die winkel lyk toe net soos dit op die TV gelyk het. Na ‘n paar inkopies stap ek stil uit en gaan motor toe. Wat ‘n ondervinding!! Klaarbleiklik word die geld wat uit die verkope gemaak word , gebruik vir rehabilitasie programme! GENADE!!

Wednesday, 2 September 2015

Sewe Swerf Jare

(vervolg..)

'n Tropiese reenbui het my soos 'n babatjie laat slaap. Dis vroeg oggend en Ma Rose het 'n ontbyt tafel uitgesit soos in die flieks! Die wonderlikste vrugte en sappe so tussen die frangipanie, bougenvilla en ander eiland blomme!Natuurlik met die uitsig soos die foto's in die vakansie brosure.

Ek huur op aanbeveling 'n fiets en gaan verken die eiland. Dit was omtrent 10 jaar en 20kg ligter wat ek laas fiets gery het! Dis als so ongelooflik mooi om my dat ek van die swaarkry vergeet. Ek nader 'n 40 grade afdraand en net toe ek mooi op spoed is besef ek die fietse het nie briekke nie! Blitsvinnig moes ek in my fietsry dae se argiewe krap om die situasie te red. Gelukkig was daar niemand om dit te aanskou nie. Ek het op skool nie eens so hard met 'n fiets geval nie!Die koue bier by die naaste kafeetjie het die ergste pyne verlig en ek kon darem per bus terug ry gaste huis toe.

'n Besoek aan Pralin kan nie sonder 'n besoek aan die "Valley de Mer"gaan nie. 4000 Ongelooflikke palm bome met blare groter as 'n son sambreel die wereld vol. Die vroulikke vrug genoem "coco de mer" laat mens nogal dink aan ;n vrou se privaat dele. Eienaardig dink ek terwyl ek op 'n muurtjie sit en wag vir die bus. My fiets ry dae natuurlik iets van die verlede. Skielik stop 'n bakkie langs my. 'n Vriendelikke man vra my in engels" Are'nt you Kobus?" Kan dit waar wees of droom ek? Nog 'n vreemdeling wat my ken. Sowaar weer mister Piet se toedoen. Ek kry toe 'n geleentheid tot by my gaste huis.Die aand eet ek sommer iets ligs en gaan sit met 'n six pack bier langs die strand.'n Heerlikke huil sessie volg. Me, myself and i kry ons toe eers weer bietjie jammer. Nag ou grote.

Die volgende oggend is ek met 'n seilboot oppad na La Dique eiland. Nog 'n kleiner eiland . Hier is die enigste middel van vervoer 'n osse wa en natuurlik fietse. Mister Piet het my vertel daar is 'n stukkie strand waar Robinson Crouso verfilm is. Ongelooflik mooi! Groot graniet rotse omring deur palm bome en spier wit strande. Ek gaan soek lafenis in die helder turkoos blou water. Dis regtig 'n droom is dit nie? Die keer is daar niemand wat my ken nie en ek voel half teleurgesteld! Ek is mos eintlik 'n vername man hier op die eilande of hoe? Groot was my ontnugtering toe ek hoor hoekom ek so vernaam was! Die gemiddelde eiland bewoner  is omtrent 1.7m lank en weeg 80kg. Ek daarinteen staan 1.83m in my sloffies en trek die skaal na 130kg!! Staan uit soos 'n puisie op 'n wit boud!

My en ma Rose se paadjie het nie so rooskleurig uit mekaar gegaan nie. Sy het vergeet om vir my 'n taxi te kry om my vroeg oggend hawe toe te vat. Toe ek by die hawe aankom vaar die bootjie al lekker ver oor die see! Ek was nie 'n baie gelukkige jong man nie. Die paar Rupees wat ek by my gehad het was darem genoeg vir 'n vliegtuig kaartjie terug Mahe toe. Die vliegtuig, 'n kleinerigge Beechcraft. Ek was natuurlik die bespreking van die dag. Die rede...ek sit op 'n plek en 'n half! Die arme tannie wat langs my gesit het. Gelukkig was dit net 'n 20min vlug. Soos gewoontlik was mister Piet op die lughawe om my te kom haal. Die aand eet ek en mister Piet heerlik in die Pirates Cove Restaurant. Laatnag word ek versoek om in 'n hoekkie te gaan sit en myself skaars te hou. Daar is 'n redelikke remoer in die restaurant, Locals word versoek om die perseel te verlaat. Kelners en sekuriteits wagte is op en af. Mister Piet hiet en gebied. So deur al die remoer hoor ek die vise President van die Seychelles is oppad!

Ek word sowaar voorgestel en so eindig my roemrykke verblyf op die 115 klein eiland groep in die Stille Oseaan.

Thursday, 2 July 2015

SEWE SWERF JARE
(vervolg)
'
Gelukkig besluit Mister Piet dis tyd dat ek bietjie gaan kyk wat op die ander eilande aangaan! Ek spring op die boot van Mahe na Pralin. Realiteit tref my toe ek die koerende paartjies op die boot gewaar. Ek gaan sit vorr op die dek en kyk hoe die dolfyne langs die boot in die helder water speel. Aan wal neem ek 'n TATA bus van die hawe na Ma Rose se gaste huis. Mister Piet het gereel. Wat 'n senutergende rit! Die paadjie kronkel al langs die see en is bietjie nou na my smaak. Die drywer steur hom ook nie eintlik aan die spoed grens nie sou daar een wees!

Die gaste huis is in Baie Saint Anna. Reg op die Cote d Or. Prentjie mooi. Die vensters bo my bed maak met dubbel deure oop en 'n skildery ontluik.Spier wit sand en turkoos blou water met graniet rotse aan die kant. Van Gogh sou sy sokkies moes optrek! 50 tree van my kamer af is ek op die idilliese strand. 'n Prentjie wat ek my lewe lank sal onthou! Ek stap strand langs tot ek 'n kroeg op die strand kry. Dis deel van Paridise Sun Hotel met 'n uitsig soos min. Dit voel vir my of ek in 'n Pieter Steyvesant advertensie is. Hier moet 'n man darem 'n bier of wat drink. Voor ek weer in trane uitbars hoor ek my naam in 'n Franse aksent. Dit kan tog nie wees nie! Ek was nog nooit hier nie en niemand ken my nie! " You must be Kobus?   "Verstom staar ek die donker kort mannetjie met sy bermuda short en wit hemp aan! "Please to meet you. I am Eve Rouge. Mister Piet said i must look out for you" Please to meet you Sir'' mompel, ek uit die veld geslaan. Is daar iemand op hierdie eilande wat nie vir Mister Piet ken nie?Na 'n paar heerlike cocktails (op die huis) verneem ek Eve Rouge is die algemene bestuurder van die Paridise Sun Hotel op Pralin! Hoe op aarde weet die man wie ek is? Dis die eerste keer in my lewe dat ek op die eiland is en hier sit! Ek verneem later dat Mister Piet gevra het dat Eve na my sal kyk! Ek word genooi vir aand ete by die Hotel as gas van Mr Rouge! Daar sit ek toe ewe kordaat by 'n tafel vir een in die Pralin Sun Hotel! Eiland musiek en die see lug vul die aand.

(vervolg.....)

SEWE SWERF JARE

'n Reis begin gewoontlik agv iets of agv maande se beplanning. Of miskien agv werk. My reis het begin agv gebeure. Dit het als die 14de Novembet 1997 begin. Dit was 'n heerlikke Vrydag oggend in Pretoria. Ek moes half nege by die Hooggeregshof wees. Die rede....vrydae is skei dae... 'n Paar uur later en ek was deel van die aakligge statistiekke. Ek het nie geweet wat om te doen of waarheen om te gaan nie. Wat nou? Nou ja 10 dae later staan ek langs die oop graf van my pa. Binne 10 dae pa en vrou loos. 'n Maand later en ek is werkloos! Darem agv my eie toedoen. Dit was tyd vir die reis om te begin.

Ek sit op n vlug van Jan Smuts Lughawe na die eilande van die Seychelles. Ja daai eiland in die Indiese Oseaan waarheen verliefde paartjies gaan vir "honeymoon"!Definitief nie die ideale plek vir pas gekeide afrikaanse mans nie! Dis na elf in die aand toe die vliegtuig op Mahe lughawe  land. Lekker warm tropiese weer. Bietjie warm vir die Italiaanse dame met haar pels jas!

Mister Piet het my kom haal. Hy is die algemene bestuurder van die Pirates Arms Restaurant in Mahe. Die hoof eiland van die Seychelles. Nadat mister Piet afgesluit het vir die aand is ons na sy huis. 'n Enorme groot plek reg oorkant die Seychelle Brouerye! Daar sou ek die beste deel van 'n maand my wonde lek. Net daar! Niks van idilliese wit strande en palm bome nie. Ek sny gras, hark blare op, huil en drink Seybru. Baie, koue, Sybru. Sodra Piet in die oggende restaurant toe ry trek die sluise oop. Na 'n hartstogtelikke huil sessie 'n vinnige stort en dan 'n koue Seybru op die stoep. Waar het alles verkeerd geloop?Hoe kon ek nie sien die einde is in sig nie? Die man is mos altyd die laaste een om uitevind!

(vervolg...)

Friday, 3 April 2015

Wuppertal

Januarie 2015

Dis so net na nege die oggend toe ons Yzerfontein verlaat. Dit was ‘n lekker rustige week wat ons in die mooi Weskus dorpie deurgebring het. Ons is oppad terug na die goeie ou Transvaal. Ons slaap vannaand in Victoria Wes maar moet nog eers aangaan by die Velskoen fabriek in Wupperthal. Dis ‘n redelikke stootjie maar die grondpaaie sal ons seker vining daar laat uitkom. Ons ry met die R315 terug na Darling. Vandaar met die R307 na Moorreesburg. ‘n Interessante stukkie pad. ‘n Deel van die pad loop tussen ‘n laaning bloekom bome. As jy na die stamme van die bome kyk staan hulle al ‘n hele paar jare hier langs die pad. Klaarbleiklik is die bome aangepland juis om bietjie skaduwee te verskaf aan die trekkers met hulle waens. Vandag pluk ons met ons lugversorgde motors die vrugte hiervan?

By Moorreesburg draai ons op die Goudapad weg na die R44. Natuurlik is dit ‘n grondpad! Net voor Gouda is hulle besig om ‘n klomp Windterbunes op te rig. Hier in die middel van nêrens  . As dit tog net sal help om die ligte aan te hou in die Nuwe Suid-Afrika! Hier draai ons op die R46 verby Wolsely na Ceres. Van Ceres neem ons die R303 deur Prince Alfred Hamlet tot by “Die dorp op die Berg”.


Prince Alfred Hamlet is vernoem na Koninging Victoria se seun. Hy was bleikbaar in die Kolonie toe die plotte uitgesit is . Na die Dorp op die Berg draai ons in die rigting van Grootfontein Privaat Reservaat. Voor ons die Reservaat kry draai ons met ‘n grondpad links weg noorde toe. ‘n Grondpad wat my swear van die Kaap my van vertel het. Hy het ongelukkig nog nie self die pad gery nie. Ons ry al langs die Koue Bokkeveld berge noord. Dis ongelooflik mooi hier.  Die grondpad kronkel soos ‘n rivier voor ons deur die berge. ‘n Goeie grondpad! Die Cederberge het ‘n bekoring wat geen mens kan oor vertel nie. Sal graag in die winter hierna toe wil kom. Dit moet vrek koud en spierwit gesneeu wees. ‘n Prentjie wat ek nog sal kom besigtig.  Die pad ry al langs doe Tra-tra rivier . ‘n Bordjie Matjiesrivier natuur reservaat gooi ons bietjie van koers af. Is ons op die regte pad na Wupperthal.? ‘n Plaashek maak my stop. Vroutjie gewaar ‘n boer en so skreeu skreeu bevestig hy dat ons op die regte pad is.


 Eselbank begroet ons. 1956 is gemessel teen die eerste geboutjie se muur. Stadig ry ons deur die nedersetting. Januarie maand is vrek warm hier en jy sien so in die verby gaan die mense op die koue sement vloere van hul huisies lê. Die pad raak ‘n bietjie rof en klipperig. Ons is aan die daal en die afdraande is redelik steil. Doer onder sien ek ‘n bakkie vol pad werkers aankom. Twee voertuie gaan sowaar nie hier verby mekaar kan ry nie! Plek plek is beton gegooi om die ryvlak bietjie maklikker te maak. Gelukkig is daar uitdraai plek toe ons en die bakkie verby mekaar ry! Onder kry ons ‘n bordjie wat vroutjie redelik suur maak. Die pad na Matjiesrivier is ‘n 4x4 pad. Maar gelukkig het ons van bo af gekom en Wupperthal is net om die draai.


Wupperthal was gestig in 1830 deur 2 Duitse sendelinge van die Rhenish Missionary Society. Theobold von Wurmb en Johann Gottlieb Leipolt, oupa van C.Louis Leipoldt- sowat 100 jaar voordat die dorpie Wuppertal in Duitsland gestig is. Die nedersetting is nogsteeds afgelee en is bereikbaar met ‘n grondpad van Clanwilliam oor die Pakhuis pas. Dis natuurlik nie die enigste roete Wupperthal toe nie.

Ons vang net vir Arnold, die skoenmaker, terwyl hy die deur na die fabriek wil sluit. Sonder om te skroom maak hy vir ons oop en kan ek my vellies bestel. ‘n Vorige keer het ons hom met ‘n halfuur gemis. Vandag is ons geluk in. Arnold vertel dat hy sy lewe lank net hier in Wuppertal bly. Hy bly in die “voorstad” Beukesdal. Vandat hy sewe jaar oud is stap hy elke dag die plus minus 15km van Beukesdal na Wupperthal en terug. Hy’s vandag 57. Hy het ‘n fiets gehad maar het dit vir sy seun gegee want hy is nie eintlik ‘n fiets mens nie! Hy stap maar eerder.




Nadat ons vir Arnold by sy huis gaan aflaai het vat ons die styl bult uit na die R364. Die keer is dit baie maklikker as die vorige keer met die Corrolatjie. Dis weereens n fees van ‘n gronpad om te ry. Dis al laat middag toe ons by die teerpad (R27)net voor die Oorlogskloof rivier  aankom.  Nou is dit oop en toe op die teerpad Calvinia toe. Dan Williston, Carnavon, Loxton en ons oornag plek Victoria -Wes

Saturday, 21 February 2015

6 Januarie 2015

Vandag is dit ‘n famielie uitstappie dag. Vandag gaan ek saam met die skoon famielie Kaapstad toe. Nie net sommer Kaapstad toe nie, nee ons gaan bietjie trein ry! Die voorstedelikke trein van Kuilsrivier na Brass Bell in Kalkbaai.

Groot afwagting, vrees en opgewondenheid het die spulletjie beet gepak. Terreblance die plaaslikke slagter wat ons op die stasie gaan aflaai dink ons is van lootjie getik. Dis gevaarlik meen hy. Die Metro Plus kaartjies jag ons ‘n volle R12-50 per persoon uit die sak uit. Dis darem veronderstel om 1ste klas kaartjies te wees.



Opgewonde klim ons die Metro Plus trok binne. Die sitplek bankies lyk soos die in ‘n bus. Hulle kyk so vier, vier na mekaar. Ek besef onmiddelik date k in die Kaap is toe ek die Grafitti op die sitplek sien. Met ‘n swart koukie pen op die grys bank: “jou ma se….”. ‘n Gesegde eie aan die Kaap.


Ons ry met die Melk trein. Dis nou die trein wat op elke stasie stop. Parrouw, Vasco, Thornton, Woltemade so gaan die trein aan tot in Kaapstad.



 Sonder enige onderonsies of drama klim ons af by Kaapstad Stasie. Nou net gou kaartjies gaan kry vir die tog Kalkbaai toe en terug. Moet sê die stasie het my heel verbaas. Groot en skoon en mens kry half die gevoel van ‘n lughawe. Ons is weer Metro Plus passesiers. ‘n Baie gawe man maak ons atent daarop da tons moet seker maak ons die regte kaartjies het.” Hulle beboet jou sommer R40 as jy die verkeerde kaartjie het. Die vrouens daar by die kaartjie kantoor klets so baie dat hulle nie kyk wat hulle doen nie meneer. Sommer so betaal u hulle meerderrer vir u se kaartjies wat nie reg is nie”. Gelukkig het ons die regte kaartjies en so ry os Kalkbaai toe. Weer met die Melk Trein. Verby Nuweland, Muizenberg en al langs die see langs tot by Kalkbaai. Die trein stop reg voor die Brass Bell waar ons afklim om ‘n lekker middag ete by die see te geniet.














Friday, 23 January 2015

1 Januarie 2015

Gesëend om gespaar te wees vir nog ‘n jaar! Kan nie aan ‘n beter manier dink om die nuwe jaar te begin as met ‘n yskoue enetjie saam met vroutjie op die strand! Nie dat ons juis strand mense is nie. Die manne vang vis en ons sit op die strand en aanskou die besigheid.

'n Baie interessante besigheid die strand visvang storie. ‘n Sport met sy eie tradisies, reels en ook ongeskrewe reels.”Gentleman agreements”.Soms kom dit voor asof dit ‘n baie selfsugtige sport is. Die manne is nie te oorgretig om hulle mede vissers te laat weet as of waar die vis byt nie. Nee vang eers ‘n paar vissies end an laat weet jy die manne. As jy wou natuurlik. Nou verstaan ‘n mens waar die gesegde van ‘n vissermans storie vandaan kom. As die vis byt by Babbelasbankies sal daar sommer gesêword die vis byt by Been se baai , Trekkerklip of Geraamtebaai.


So staan die manne langs die see. Vyftien stokke in die water, vier visse gevang in drie ure se tyd. Dit sal my mal maak as Piet langs my ‘n vis van gen ek kry nie eers ‘n byt nie. Dan is daar nog al die tiepes aas ook. Party gebruik tjokka, ander ‘n mengsel van tjokke en vis end an is daar die wat ‘n jempie ook op sit. Party doop hulle aas in anys stroop!

Ek wonder waaraan dink die manne as hulle so voor hulle uitstaar oor die see? Wonder seker wat daar anderkant die horison aangaan of wat nie als in die magtige diep blou waters swem nie. So trek Johan sy 2de vis vir die dag uit terwyl die manne weerskante van hom niks kry nie.

Die vissers manne het ook hulle eie menu as dit by die eet gedeelte van die dag kom. ‘n Hampertjie word altyd gepak om saam te neem. Daarin kan jy enige iets kry van ‘n blikkie sardiens tot ‘n blikkie bulliebief. Die bulliebief word in skywe gesny( net so koud uit die blik) en dan op ‘n dik sny witbrood gesit. Ander manne maak weer ‘’n vurrtjie tussen die duine en braai ‘n vleisie. Verversings maak ‘n groot deel uit van die hampertjie. ‘n Teetjie word van dit genoem. Dis nou daai wat gewoontlik met Coke gemeng word!

So staan die manne vir ure langs die see en tuur voor hulle die vêrtis in. Dan word daar skielik van posisie verander. Een man pak op en vat pad rotse toe. Die gety het gedraai. Vasbeslote stap hy met sy “tackle box” en stok oor die skouer rotse toe. Iewers het hy ook rubber stewels aangetrek. Dan is daar ‘n geremoer. Lyne word met mening ingetrek. Stoele word opgepak en in die bakkies gebêre. Waterskoene word aangetrek,windbrekers toe gezip en daar laat spaander almal rotse toe.


Die een nadeel van rotse is dat ‘n man kan vassit. Jou sinker kan dalk iewers vir hom ‘n gaatjie agter ‘n rots los wikkel en  dan Lêhy rustig daar en wieg saam met die ritme van die see. Dis dan wanneer die manne die stok oor die skouer gooi. ‘n Horisontale posisie vir die stok word bewerkstellig end an met moedelose gesigte begin stap land in. Wanneer die stok regop spring weet jy die lyn is gebreek en ‘n nuwe strop moet aangesit word. Dis ook ‘n kuns op sy eie. Dit gee dan jou mede vissres die kans om dalk jou vissie te vang. So staan hule end an net ewe skielik pak hulle op , sleep die blinklywe deur die sand bakkie toe , gooi ‘n lekker vars dop en begin die stories vertel van die grootte wat weg gekom het.

Tuesday, 20 January 2015

31 Januarie 2014

So breek die laaste dag aan van die ou jaar. Dis so halwe onrustige gevoel wat binne my woed. So gevoel soos op skool as jy nie jou huiswerk gedoen het nie. Jy weet moeilikheid kom , maar jy weet nie watse of hoe groot nie. Ek onthou skielik van die ontbyt wat ons by die strand het. Die zodiacs van die Trans Augulas reisies kom maak 'n stop by Pearly Beach. Maat van ons het 'n huisie reg op die strand en dis waar die dinge gaan gebeur. Met 'n geskarrel is almal en alles in die kar en daar gaat ons. Natuurlik is ons bietjie laat agv die vorige aand se laat braai. Dis die dat ek half onrustig voel. Ons maak heerlike brekkie buns en die nodige vonkelwyntjies is ook teen woordig.








Die res van die dag is maar half rustig. Almal rus voor die groot aand. Ongelukkig het die wind ons die jaar uit die duine gewaai en ons lekker oujaars partie op die strand is daarmee heen. Wel dan is dit of na die Rooi Bier en ongeskikte Sandra met haar Paul Revere sigarette en Tequla of die Pearly Beach Hengel Klub. Hulle het ten minste bietjie lewendige musiek. Elvis gaan vir ons sing? Lank lewe Elvis. Die ingang kaartjies na die verrigtinge kos R40 as jy jou eie kossies bring en R60 as jy by die Klub wil eet. Op die spyskaart , 'n braai paai en tjips.




Die partytjie was al redelik aan die gang toe ons daar aankom. Nie te veel mense nie maar die saal is ook groot. Die tafels is oorgetrek met stukke wit plastiekrol.  Aan die agterkant sien ek dit is een of ander melk sakkies plastiek. Seker 'n borg vir die aand.Die plaaslikke fotograaf is ook teenwoordig maar ek dink nie hy gaan die oujaar uitsien nie. Die man het 'n lastige systappie aan hom . Op die dans baan vertoon die plaaslikke sosiale vlinder haar dans passies. Mooi getooi in 'n wit langbroek met uitgepofde broekspype en swart stewels. Sy is duidelik baie ingenome met die Elvis na maker.



Net voor 12uur besluit die vriende dat ons die laaste deel van die ou jaar by die huis gaan vier. Ons is ook net bestyds om die bottels vonkelwyn uit te kry vir die aftelling van die ou jaar. Soos een man pop die bottels gelyktydig en die partytjie is aan. Tot baie vroeg die oggend in......

Vervolg...........

Saturday, 10 January 2015

26 Desember

Ek sien weer vir  broer Bobby na ‘n jaar! Kuier eers bietjie by sy skoonma se huis voor ons ‘n middagete gaan geniet in Blouberg. ‘n Baie mooi dag in die Kaap maar die wind bring weer sy kant. Soveel so da thy ons binnetoe waai. Die uitsig vanuit die restaurant bly poskaart mooi. Tafelberg in sy glorie en bedek met ‘n wolk lagie. Die see word ingekleur die vliërplank ryers. Na ‘n heerlike koue biertjie gaan ons oor na Jamesons. My getroue vriend. Bobby en Jamesons. Saam vorm ons ‘n gedugte kombinasie wat aanhou kuier tot laat die nag in.

27 Desember

Na ‘n lekker sterk koppie koffie vat on die pad na Franschoek. Dit is darem die bakermat van die Franse Hugenote in Suid-Afrika. Ons moet darem gaan kyk waar ons voorvaders se geskiedenis neer geskryf is. Franschoek bly maar een van daai dorpies wat sy eie bekooring het. Die strate is vol mense en ooral is klein restaurantjies met erge Franse name. Ons gaan maak ‘n draai by Topiary Wynlandgoed. Die is onlangs oorgekoop deur twee Fransmanne. ‘n Ou vriendin behartig die bemarking van die wyne en moontlik sal ons die verpreiding in Gauteng kan doen.Ons proe ‘n paar goeie Shiraz wyne . Die honger begin knaag en ons gaan eet ietsie ligs by die ou stasie Pub en Grill. Dis maar stil in die kar toe ons terug ry Kaap toe. Vroutjie raak knaend om te hoor waar is ek aangesien ons die aand ‘n funksie het by nuwe vriende in Plattekloof. Ek groet my vriend met die hoop dat ons mekaar weer sal sien voor hy terug gaan Spanje toe.

28 Desember

Die fees was gelukkig nie so woes soos die een in Pretoria saam m
et ons vrinne nie. Darem nie weer gekuier tot die son opkom nie. Vandag ry ons weer terug na Pearly Beach vir die tweede helfte van ons vakansie daar. Ons ry die keer deur Gordonsbaai en al langs die kus. Seker een van die mooiste paaie in Suid Afrika. Was egter nie so mooi toe ons in die vloot was nie. Het menigte kere padlangs moes hardloop na Steenbrasrivier mond en terug Vloot Kollege toe. Sefls eenkeer van Rooiels af moes terug hardloop Vloot Kollege toe. ‘n Volle 21km. Die verste wat ek in my hele lewe gehardloop het.

Vannaand gaan ons weer by OPPIE DRAAI eet. Die huis van ene Sarah. ‘n Klein vissers huisie by Buffeljagsbaai. Sy het haar voorkamer omskep in ‘n klein restaurant. Net sitplek vir 15 mense. Die spyskaart betaan net uit seekos. ‘n Seekos soppie end an die hherlikste vis, allekreukel en selfs bietjie perlemoen. Daarmee saam die lekkerste tuisgebakte brood met suuruitjie konfyt. Ongelukkig mag jy nie ‘n woefkardoes wegneem nie aangesien al die oorskiet kos vir die kindertjies van die gemeenskap gegee word. Dit is regtig ‘n baie lekker aand en mens word weer nederig na so ondervinding.



29 Desember

Vandag is daar weer ‘n nuwe lekkerte wat op ons wag. Ons gaan na die Black Oyster Catcher Wynplaas naby Elim. Hulle het ‘n tradisionele feesdag met allerlei lekker boere kos en die Baardskeerdersbos orkes maak die musiek. Almal oomies diep in die 70. Dit lyk feestelik so onder die Morokaanse tiepe tente.Die wyn is ongelukkig nie so lekker nie e nook baie duur. Ons eet vaal en Kerrie afval, waterblommetjie bredie, Paella en Kerrie vis. Natuurlik is daar weer die heerlikste gebakte broode en konfyte om die maal te voltooi.Selfs een van die Kokkedoor beoordeelaars is teenwoordig.Weereens ‘n lekker ondervinding!


vervolg............