Friday, 23 January 2015

1 Januarie 2015

Gesëend om gespaar te wees vir nog ‘n jaar! Kan nie aan ‘n beter manier dink om die nuwe jaar te begin as met ‘n yskoue enetjie saam met vroutjie op die strand! Nie dat ons juis strand mense is nie. Die manne vang vis en ons sit op die strand en aanskou die besigheid.

'n Baie interessante besigheid die strand visvang storie. ‘n Sport met sy eie tradisies, reels en ook ongeskrewe reels.”Gentleman agreements”.Soms kom dit voor asof dit ‘n baie selfsugtige sport is. Die manne is nie te oorgretig om hulle mede vissers te laat weet as of waar die vis byt nie. Nee vang eers ‘n paar vissies end an laat weet jy die manne. As jy wou natuurlik. Nou verstaan ‘n mens waar die gesegde van ‘n vissermans storie vandaan kom. As die vis byt by Babbelasbankies sal daar sommer gesêword die vis byt by Been se baai , Trekkerklip of Geraamtebaai.


So staan die manne langs die see. Vyftien stokke in die water, vier visse gevang in drie ure se tyd. Dit sal my mal maak as Piet langs my ‘n vis van gen ek kry nie eers ‘n byt nie. Dan is daar nog al die tiepes aas ook. Party gebruik tjokka, ander ‘n mengsel van tjokke en vis end an is daar die wat ‘n jempie ook op sit. Party doop hulle aas in anys stroop!

Ek wonder waaraan dink die manne as hulle so voor hulle uitstaar oor die see? Wonder seker wat daar anderkant die horison aangaan of wat nie als in die magtige diep blou waters swem nie. So trek Johan sy 2de vis vir die dag uit terwyl die manne weerskante van hom niks kry nie.

Die vissers manne het ook hulle eie menu as dit by die eet gedeelte van die dag kom. ‘n Hampertjie word altyd gepak om saam te neem. Daarin kan jy enige iets kry van ‘n blikkie sardiens tot ‘n blikkie bulliebief. Die bulliebief word in skywe gesny( net so koud uit die blik) en dan op ‘n dik sny witbrood gesit. Ander manne maak weer ‘’n vurrtjie tussen die duine en braai ‘n vleisie. Verversings maak ‘n groot deel uit van die hampertjie. ‘n Teetjie word van dit genoem. Dis nou daai wat gewoontlik met Coke gemeng word!

So staan die manne vir ure langs die see en tuur voor hulle die vêrtis in. Dan word daar skielik van posisie verander. Een man pak op en vat pad rotse toe. Die gety het gedraai. Vasbeslote stap hy met sy “tackle box” en stok oor die skouer rotse toe. Iewers het hy ook rubber stewels aangetrek. Dan is daar ‘n geremoer. Lyne word met mening ingetrek. Stoele word opgepak en in die bakkies gebêre. Waterskoene word aangetrek,windbrekers toe gezip en daar laat spaander almal rotse toe.


Die een nadeel van rotse is dat ‘n man kan vassit. Jou sinker kan dalk iewers vir hom ‘n gaatjie agter ‘n rots los wikkel en  dan Lêhy rustig daar en wieg saam met die ritme van die see. Dis dan wanneer die manne die stok oor die skouer gooi. ‘n Horisontale posisie vir die stok word bewerkstellig end an met moedelose gesigte begin stap land in. Wanneer die stok regop spring weet jy die lyn is gebreek en ‘n nuwe strop moet aangesit word. Dis ook ‘n kuns op sy eie. Dit gee dan jou mede vissres die kans om dalk jou vissie te vang. So staan hule end an net ewe skielik pak hulle op , sleep die blinklywe deur die sand bakkie toe , gooi ‘n lekker vars dop en begin die stories vertel van die grootte wat weg gekom het.

No comments:

Post a Comment