Die nuwe jaar groet ons met ‘n wonderlike sonskyn dag. ‘n
Ligte see briesie waai by die agterdeur in en gou is ons huisie gevul met die
ongelooflike reuk van die see. Moet sê dis asof mens die jaar die see meer ruik
as in die verlede. Met ‘n koppie moer koffie in die hand staar ek uit oor ‘n
spiëel gladde see en wonder waar die wind ons hierdie jaar heen gaan waai.
Ons kan kwallik vir ‘n beter begin vir die jaar vra. Ons
vriende van Pearly Beach nooi ons vir ‘n “Sunset Cruise” op die Klein Rivier by
Stanford. Nog ‘n nuwe ondervinding en dit op die eerste dag van 2014. Die
koelhouers word weer gepak en ons vat die pad Stanford toe. Die dorpie is
uitgelê in 1865 op die plaas Kleinrivier wat behoort het aan Robert Stanford.
Dis ‘n pragtige klein dorpie en die kerk is weereens iets besonders soos in
baie klein dorpies.
No comments:
Post a Comment