Die N9 neem ons oor Aberdeen, Graaff Reinette na Middelburg.
Aberdeen was ‘n groot teleurstelling. Die dorpie laat mens aan Loxton dink maar
is erg verwaarloos. Dis regtig baie hartseer om die klein plattelandse dorpies
so vervalle te sien. Wonder hoe dit 30 jaar gelede daar gelyk het.
Die landskap
van die omgewing is egter pragtig. Dis selfs groen, wat snaaks is vir die tyd
van die jaar. Graaf Reinett bly maar ‘n mooi dorp. Die Drosdy is ‘n gunsteling
oornag plekkie en is tans besig om opgeknap te word. Die dorpie het ‘n noue
band met die Ruperts ,wat gelukkig is ,want hulle kyk ook dat dinge nie verval
nie. By Middelburg draai ons oos en vat die pad na Aliwal Noord. Die son trek
water en ons kom sterk skemer in Aliwal Noord aan. Hier gebeur dinge. Die dorp
is veral bekend vir sy warm water bronne en is geleë aan die suidelike oewer
van die Oranje Rivier. Ons oornag by die Riverside Lodge wat op die oewer van
die rivier gebou is. Van buite af lyk dit na ‘n wonderlike plek.
Mens wonder
egter hoe werk die ster gradering van Lodges en Gaste huise. Die plek is kwansuis
3 ster maar as jy die stort se deur oop maak en die seepbakkie hang aan ‘n
draadjie , begin mens wonder. Wel dis ‘n oornag plek en is darem skoon. Weer
word ons verras toe die restaurant bestuurder ons kwart voor tien die aand laat
weet die plek maak tien uur toe. Ons moes toe maar die botteltjie wyn op die
kamer se stoep gaan klaar drink.
Na ‘n lekker ontbyt op die stoep van die Lodge sleep ons ons
voete motor se kant toe. Dis die laaste dag van ‘n ongelooflike reis. Ons slaap
vannaand by die huis. Gelukkig is daar nog ‘n paar interessante dorpies oppad
om te besoek. Ficksburg bly darem ‘n mooi dorp. Natuurlik bekend vir die kersiefees
en aspersies, Onwillekeurig wonder ek of een van my weermag vriende nog in die
omgewing boer.
Ek kom gou agter dat die grond paaie van die Noord Kaap duidelik
in ‘n baie beter kondisie as die teer paaie van die Oos Vrystaat is, soos wat
ons na Senekal ry. Die dorp met my van. Die dorp is vernoem na ‘n kommendant FP
Senekal wat in die Basoetoe oorlog omgekom het. Was dit nie vir die mooi kerk
nie sou ek baie teleurgested gewees het.
Van my ma en pa se
familie het in die oos Vrystaat gewoon en ons ry verby Lindley waar my ouma en
klaarbleiklik Danie Craven groot geword het. Ons reis begin einde se kant toe
staan soos die son sak. Ek word met ‘n lekker donderstorm en spits verkeer
terug verwelkom in Gauteng. Al wat nou oorbly is om maar weer die kaart boek
nader te trek en die volgende roete te beplan. Ai ons woon in so pragtige land,
net jammer die platteland het so agteruit gegaan.
No comments:
Post a Comment