Sunday 29 December 2013


Ek hoop almal het ‘n wonderlikke Kersfees gehad en lekker gesmul aan al daai lekker Kersetes.

‘n Besoek aan die Moederstad is darem nie reg sonder om ‘n paar gewilde paaie te ry nie. Mens moet darem van Seepunt af al met die kus langs ry tot by Houtbaai. ‘n Lekker ligte middag ete op die stoep van Chapman's Peak Hotel met sy uitsig oor Houtbaai gee mens weer krag om dan verder te ry oor Chapman's Peak in die rigting van Kalkbaai. Die keer het ons ongelukkig nie tyd gehad om by die Brass Bell aan te gaan nie. Een van my gunsteling eet plekke langs die kus. Dis heerlik om daar te sit terwyl die golwe teen die vensters plons.

 

 







Volgende paadjie is die een na Paternoster aan die weskus. Die stunningste ou vissersdorpie wat weereens oorgeneem is deur die ontwikkelaars van die lewe. Die eens rustige vissersdorpie met  sy wit kalksteen huisies en gekleurde skuitjies op die strand is nou ‘n warboel van toeriste. Van die vissershuisies is opgekoop en in gaste huise omskep. Natuurlik baie mooi en baie lekker om in die bly. So is Duintjie dan nou een van die huisies waar ek en vroutjie eens lekker gekuier het. Skaars vyftig meter van die strand af en ‘n stoep waar mens laaaang koue witwyne kan geniet. Natuurlik saam met ‘n kreefstertjie of ses en ‘n lekker pirinayse. Mangenys soos Pieter Pieterse die “vader ’ 'van Tietiesbaai dit so mooi in sy boeke beskryf het.

 

 

Dan is daar Under Oaks net buite die Paarl . ‘n Wyn plaas met ‘n restaurant onder die Akker bome waar jy heerlikke pizzas eet en natuurlik van die plaaslikke wyn drink. Met ‘n uitsig oor ‘n dam en die berge van Wellington in die agtergrond is dit een van my gunsteling plekke.

 

 

 




Ons kuier saam met die familie is op ‘n end en ons ry kuslangs verby Gordonsbaai, Rooiels, Kleinmond na Hermanus waar ons ,ons vriende van Pretoria ontmoet by die Quayside Cabin. Nog ‘n lekker eetplekkie in die hawe. Vandaar lei die paaie ons na Franskraal waar ons die volgende week of so gaan kuier.
 
 

Tuesday 24 December 2013


Boplaas Privaat Kelder is alom bekend vir sy Porte wat gedurig pryse wen. 2013 was geen uitsondering nie. Duidelik weet Carel Nel hoe om goeie Port te maak. Die klimaat van Calitzdorp is ook baie gunstig vir die Portugeuse kiltivars wat hulle aan plant. Dis veral die Touriga Nacional en Tinta Barocca wat verantwoordelik is vir uitstekende wyne. Die Boplaas Tinta Chocolat verkoop soos soet koek. Ons maak ‘n draai deur die kelder en ek besef mens het nie ‘n moderne kelder nodig om as Privaat Kelder van die jaar aangewys te word nie. Ja dit help seker baie as jy moderne toerusting het maar die kuns lê tog in die maak van die wyn. Ons trek ‘n bietjie proviant vir die vakansie en gaan sit toe op die Dorpshuis se stoep om bietjie van die edel voggies te gebruik. Na ‘n rustige middag ry ons die grondpaadjie van Groenfontein terug Kothuis toe. Dis ongelooflik mooi hier tussen dier berge en dale. Ek stop by ‘n stroompie om bietjie vars water te tap vir ‘n sopie later. Daars min dinge so lekker soos berg water saam met ‘n Ierse Whiskey !
 

Dis ‘n wolklose aand en volmaan. Eintlik is dit jammer dat dit volmaan is want die sterre hemel is 
verlig en kan ons nie so baie sterre sien nie. Ons sien darem ‘n satiliet wat verby swiep. Dit maak nogsteeds my kop plat. ‘n Mens kan maar net met verwondering staar na al die dinge in die buitenste ruimte.
 


Dit is met ‘n tikkie hartseer dat ons vroeg môre die pad vat. Ons het regtig baie lekker gekuier by Redstone Hills. Die pad lei ons deur die Huisrivierpas na Ladismith .Die pas is in 1896 gebou en is op sy hoogste 662m bo seespiël.

 
 

 Ek word ontkant betrap  toe ek die Ladismithkelder  besoek. Die hele besigheid word oorgedoen. E.Snell & Co. het Suid Kaap Wyne oorgekoop en herbou die kelder volgens hulle behoeftes. Die dorpie lyk my word oorgeneem deur Parmalat en dan nou die kelder. Nie regtig beindruk met die plekkie nie. Volgende stop is Barrydale. Hier is nou ‘n mooi dorpie. Die kelder hier is ook baie mooi netjies en mens kan sie hier gebeur die dinge. Die dame in die proe lokaal vertel ons dat sy nie kan voorbly met die verkope van die Joseph Barry 10 jaar Potgedisteleerde Brandewyn nie. Soveel so dat die voorraad wat ek veronderstel was om op te laai, reeds verkoop is. Dit beteken ek moet in Januarie my roetes aanpas om weer daar verby te gaan.

Ons verdere paaie neem ons deur die Tredoux’s pas na Swellendam. Die Tredoux’s pas is 14 km lank en ook deur Thomas Bain gebou in 1858. Dankie tog vir iemand soos Thomas Bain. By Swellendam sluit ons by die N2 hoofweg aan. Dis redelik besig maar meer aankomende verkeer. Ons stop by Dassiesfontein. ‘n Negosie winkel per excelance. Wat jy nie hier kan koop nie bestaan nie of wil jy nie hê nie. Hier is van Bokkoms tot oudtydse koolstowe. Ou deure tot ballasmandjies. Enige ding onder die son. Ons eet ietsie ligs in die vorm van perlemoen en geneit ‘n koue wittetjie van die omgewing voor ons die laaste entjie Kaapse kant toe aan pak.

 
Aan al die mense in Alaska, Noord – Amerika, Duitsland, Serwië, Korea en Suid-Afrika ‘n baie Gesëende Kersgety en “ happy holidays.”

Friday 20 December 2013


Nou durf ek en vroutjie die pas aan met die Toyotatjie. Dis ‘n helder sonskyn dag. Geen sprake van mis nie. Dis asemrowend mooi hier. Die Swartbergpas is as ‘n Unesco Wêreld Erfenis gebied verklaar  en dis nie moeilik om te sien hoekom nie.  Die pas is gebou deur Thomas Bain en ‘n klomp bandiete tussen 1881 en 1888. Die pas word geopen op 10 Januarie 1888 en verbind Prince Albert en Oudtshoorn. Dit moes hel gewees het vir die manne om die pad uit te kap.  Die pas is 27 km lank en die hoogste punt is 1583 meter bo seespieël. Sonder veel moeite bereik ons die top van die pas en soos dit hoort drink ons eers weer ‘n lekker Gin en Tonic en kyk terug oor ons pad. Aan die anderkant van die berg lê die Klein Karoo. Mooi groen lande en volstruise. Dis die groot voël wêreld die. Daar is merkbaar nie meer so baie volstruise nie. Voëlgriep het hier ook sy tol geëis.

Ons ry nou in die rigting van Calitzdorp via die Kruisrivier pad. Ons oornag by die Red Stone Hill gaste plaas in die Groenfontein area. Dis ‘n paar ou kleurling huisies wat opgeknap en oorgedoen is wat nou dien as selfsorg eenhede. Dis ‘n ongelooflike mooi omgewing. Die berg formasies is rooi en lyk porees. Dis miljoene jare se gesteentes en verwering die. Die huisie is klein en basies. Een slaapkamer, ‘n badkamer en sitkamer/kombuis area met ‘n binne braai. Gelukkig het ons sulke stunning weer dat ons sommer buite kan braai. Sommer gou-gou brand die vuur en kan ons agteroor sit met ‘n glasie in die hand. Dis ongelooflik rustig hier. Die amper volmaan beur deur die paar wolkies wat bo ons hang en dit raak ‘n mooi aand in die Karoo. Voor ons weet wat aangaan slaan die klok 11uur. ‘n Wonderlike aand word met ‘n heerlike skaap tjoppie en wyntjie afgesluit. Môre gaan ons ‘n draai maak by Boplaas Privaat Kelder. Dis nou al ses jaar wat ek hulle produkte bemark en ek was nog nooit op die plaas nie. Gaan lekker wees om die mense te ontmoet en die kelder te sien.  

  


Wednesday 18 December 2013


Dag twee is ‘n rusdag in Victoria Wes. Na ‘n lekker koppie filter koffie en ‘n “soggy” tamatie en kaas toebroodjie van gister besluit ons om bietjie na die Victoria Wes dam te gaan kyk. Dis so twee kilometer buite die dorp op die Loxton pad. In April die jaar het die dam oorgeloop. ‘n Wonderlikke gesig wat 20 jaar vantevore laas gesien is. Die watervlak is baie laar as toe maar daar het ‘n klompie flaminke hulle kom tuis maak. Altyd ‘n mooi gesig. Ek besluit toe daar en dan dat ons net so entjie op ons Karoo grondpaadjie moet gaan ry. Ek wil net weer die stilte en reuke van die Karoo landskap in adem. In plaas daarvan om regs te draai na Loxton besluit ons maar om reguit aan te gaan in die rigting van Wagenaarskraal. Wil bietjie gaan kyk wat daar aangaan of waar dit is. Die padjie neem ons weer op ‘n ongelooflikke rit deur die Karoo. By ‘n kruising lees die rigting aanwyser Victoria Wes links en Beaufort  Wes regs. Dit kan potensieël ‘n nuwe paadjie wees. Wagenaarskraal bleik toe net ‘n plaas te wees maar darem kom ons ‘n vol sirkel roete maak terug na Victoria Wes. Die res van die dag verkeer ons rustig en vir aandete braai ons ‘n ou vark tjoppie en ‘n sappige T-Bone steak.

 

             

                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                               

Dag drie kom ons toe amper op tyd weg. Twintig minute is darem beter as twee en ‘n half uur laat. Ons roete vir die dag het weereens effe verander.Ons ry in die rigting van Drie Susters en draai by die Wagenaarskraal afdraai af. Ons volg ons nuwe grondpaadie rigting Beaufort Wes. Ons wil op die Loxton- Beaufort Wes pad uitkom sodat ons  ons sneeu padjie kan kry wat ons die vorigge keer ontwyk het. Ons ry deur ‘n deel van die Karoo wat ek in my lewe nog nooit gesien het nie. Ongelooflikke mooi wêreld. Groen met kronkel padjies langs stroompies. Die deel van die Karoo moes onlangs baie rëen gekry het. Kort voor lank is ons op die groot pad wat Beaufort Wes toe gaan. Ons vat die afdraai Fraserburg toe. Hierdie padjie ken ons goed. Nou net om die regte pad te kry wat ons na die plaashuis vat. Dis ‘n storie op sy eie. Ek volg weer my neus en ons beland alweer op ‘n nuwe pad. Ek onthou ek het op Google Maps ‘n pad gesie wat op ‘n plato dood loop. Ek hoop van harte dis nie die een waarop ons nou is nie. Dit is weereens baie mooi waar ons ry. Op ‘n hoogtetjie stop ons vir ‘n lekker koppie koffie en iets te eet .     .

Na ‘n paar kilometer kom ons by ‘n plaashuis uit en die spore loop daar dood. Dis so wragtag die pad wat ek nie wou ry nie. Ons draai maar op ons spore terug en 17km later sluit ons weer by die oorspronklikke pad aan. Uiteindelik kom ons by die kruising van Loxton, Fraserburg en Beaufort Wes. Dis hier waar dinge laas skeef geloop het. In plaas van Loxton toe vat ons die Fraserburg pad. So waar as wragtig kry ons die padjie waarna ons so lank gesoek het. By die hek waar ek en vroutjie verloof geraak het stop ons vir ‘n wyle. Dis awesome om weer hier te staan.

Nou is ons oppad Theekloof pas toe. Ons eerste pas vir die dag. Hier het ek nog nooit gery nie. Die pas is op die pad van Fraserburg na Leeu Gamka. ‘n Lekker teerpad en ons kan bietjie laatwaai om tyd op te maak.

   


 
 
 
 
 
 
 
 
By Leeu Gamka beleef ons die platteland. Die vulstasie daar het nie Diesel nie. Gelukkig het ons nog genoeg diesel om tot by Prins Albert uit te kom. Die dorpie het ook ‘n oplewing beleef. Baie kunstenaars en die tiep van mense het van die ou huisies gekoop en op gedollie. Weereens beleef ons platte land. Die slaghuis op die dorp neem geen karate vir betaling, slegs kontant. Ons moet ‘n skaap tjoppie of ses koop want vannaand slap ons oor by Redstone Hill. Ons vra toe maar vir die slagter om die vleisie vir ons tehou terwyl ons gaan kontant trek. Sal die ou bliksem by die slaghuis nie vir vroutjie reken hy het nie gedink ons sal terug kom  nie. So tiepies van iemand wat oorhand het in ‘n klein dorpie. Met die tjoppies in die koelboks is ons reg vir die groote van die dag. Die Swartberg Pas. Vir baie van my maters wat in die infanterie was het die plek glad nie lekker herinneringe nie.

 Die laaste keer wat ek die pas gery het was in April 2000. Ek en ma was oppad Strand toe en het besluit om bietjie andersom te ry as nie N1. Dit met my “loopraam”. ‘n 1400 Ford Fiesta. Oppad na die pas staan daar ‘n bordjie langs die pad wat lui”Pad Gesluit”. Dit kan nie wees nie. In elk geval as die pad geluit was sou die bordjie mos in die middel van die pad gestaan het. So daar trek ek en my ma met die Fordjie. Die begin deel het geloop soos stroop. Hoe höer ons ry sien ek hiers moeilikheid. Dit begin al hoe mistigger raak. Op m’n stadium kon ek skaars die voorkant van my kar sien. Maar nou ja van omdraai is daar geen sprake nie en ons druk maar kruip kruip deur. Nader aan die bo punt begin die mis genadiglik lig en ons kon by ‘n piekniek plekke stop om iets te gebruik vir die senuwees. ‘n Gin en Tonic het nog nooit so lekker gesmaak nie.

 

 

Monday 16 December 2013


Van Koffiefontein af is ons verby Luckoff na Orania. In 1963 is daar ‘n dorpie gebou vir die werkers van die Departement van Waterwese. Hulle het help bou aan die kanale vir die Vanderkloof besproeiings kanale. Na die voltooing van die projek het die dorpie stadig maar seker leeg geloop. Van die huise is geplunder, ruite stukkend gegooi en onkruid het die eens mooi tuine begin oorneem. In 1990 verkoop die staat die dorpie vir 1.5 miljoen rand aan die Orania bestuursdienste. In 1991 word Orania amptelik in gebruik gestel. Volgens Wikipedia is Orania ‘n “ Poging om die ideaal van selfbeskikking deur ‘n volkstaat van ‘n groep Afrikaners te verwesenlik”.

Ons het nie regtig geweet wat om te verwag van die dorpie nie. Miskien ‘n paar vooraf vervaardigde huisies met stukkende heinigs en ‘n skewe geroesde tuinhekkie wat half moeg aan die heining paal hang. Stukkende motors is die opritte of onder half geskeurde skadunet afdakke.

Groot was ons verbasing toe ons die dorpie inry. Netjiese huise wat van nuut oorgedoende ,vooraf vervaardigge huisies, tot netjiese Kaapse Geuwel huise  strek. Groot netjiese tuine. Lekker breë skoon strate. Daar is ‘n goed versorgde rugby veld en groot publieke swembad waar die gemeenskap heerlik gekuier het. Buite die swembad is daar ‘n standbeeld van ‘n koeksister! Dit lyk of die mense lekker bly daar…..


          

Oppad Prieska toe reken vroutjie my die tyd gaan ons inhaal voor ons by Vosburg kan uitkom.Sy wil nie grondpad ry in die donker nie. Dit is nou die tweede keer dat Vosburg my ontwyk. Die vorige keer het die reën ons verhinder. Met die teerpad langs kry ons  koers Victoria Wes toe. Ons arriveer net voor nege daar. Gelukkig is die Merino Restaurant nog oop en kan ons smul aan ietsie lekkers en dit afsluk met ‘n lekker yskoue G & T. Dis net voor elf toe ons gaan inkruip.

 

Sunday 15 December 2013



Dag een van ons reis het  toe nie sonder voorval verby gegaan nie. Die beplanning het nie regtig volgens plan verloop nie. In plaas van 5uur gister oggend in die pad val , vertrek die Toyotatjie toe eers
half nege uit Pretoria uit. Die laat vertrek te danke aan ‘n reuse suksesvolle afskeids braai die vorigge aand. Vroutjie wil ook nie leer nie. On skies toe die middel roete Bloemfontein toe. Die N14 van Pretoria deur Krugersdorp, Carltonville, na Potchefstroom. Moet sé die dorp het nogal uitgebrei van 1984 wat ek daar my diensplig gedoen het. Van daar is na Viljoenskroon deur Bothaville, Wesselsbron na Bultfontein. Het die dorpie my nou aangenaam verras. ‘n Baie netjiesse skoon dorpie wat nie soos al die ander klein dorpies verval het nie. Die plekkie is mooi skoon en alees lyk in werkende toestand.Van daar deur Soutpan waar ons toe by die N1 aansluit net voor Bloemfontein.

Ons besluit om gou diesel in te gooi voor ons weer verder gaan. Trek toe sommer by die eerste naaste vulsasie in langs die hoofweg. Ek word toe net weer herinner hoekom ek nie meer die hoof roetes van Suid Afika ry nie. Sewe rye motors van omtrent 8 motors per ry. Dis manne met vierwiel voertuie wat enige iets sleep van hengse groot motorbote tot karavane en jetski’s. Dis net mense waar jy kyk. Tannies met verspotte klein brakkis wat ‘n draai loop. Kinders wat gillende rond hardloop. O wee nee. Ons ry net mooi suutjies verby. Die afdraai na Kimberley is net om die draai. Daar sal seer sekerlik ‘n vulstasie op die N8 wees. Nie te ver nie en ons kry ‘n vulstasie waar daar net een motor  brandstof in gooi. Dis nou beter. In ‘n japtrap is ons gehelp en kort voor lank is ons weer oppad.By Petrusburg draai on weg van die N8 en ons stop op Koffiefontein.



Koffie fontein het sy naam in 1892 gekry. Die dorppie was ‘n stilhou plek vir reisegers. Daar was ‘n fontein en hulle kon dus daar vars water kry vir ‘n lekker koppie koffie. Op ‘n stadium is daar diamante ontdek en ‘n groot stormloop daarheen het die dorp se ontstaan tot gevolg. Vandag is daar nie meer baie myn bedrywighede nie en die boere  van die omgewing hou maar die plekkie aan die gang .
 















 

Tuesday 10 December 2013

11/12/13

'n Besonderse datum en dag. Gister was die groot gedenk diens vir Madiba en vandag lé hy in staatsie by die Unie gebou. Die son skyn darem weer vandag.

 Nou kan ons begin fokus op die res van Desember en 'n amazing vakansie wat voorlé! Soos dit maar gaan met enige vooraf beplanning verander dinge soms. Gelukkig die  keer vir die beter. Ons trippie is vervroeg! Ons sal die roadtrip nou Sondag die 15de Desember begin. Die tyd het nou aangebreek om met die lysies te begin. Wat alles saam geneem moet word of nie. 'n Lysie raak belangrik soos mens ouer raak want die geheu speel soms speletjies met mens. Nog net 4 slapies!!!

Monday 2 December 2013

Vrydag 8 November 2013

Dis met 'n tikkie hartseer dat ek vanoggend my Toyotakie start. 'n Reisgenoot vir 5 jaar en 240 000 km. 'n Sedan motortjie wat my ure se genot verskaf het. Van die hoof wée van Suid Afrika deur die Karoo se grondpaaie. Af  na Woepertal en met baie moeite weer daaruit. Deur die Tankwa Karoo tot bt die Weskus. Van Kaapstad in die suide tot Alldays in die Noorde. Van Vredendal in die weskus tot Balito in die ooskus. So ja daar het 'n hegte band gevorm tusen my en die karretjie.

Ek ry stadig deur die strate in die ooste van Pretoria tot in Hatfield. Die Toyota handelaar by eindbestemming. Vandag word kleinboet ingeruil vir groter boet. 'n Nuwe reisgenoot wat ons verseker GROOT genot gaan verskaf. Meer grondpaaie met groter genot. Nou hoef ons nie meer bekommerd te wees oor die grondvry hoogte van die voertuig nie. Ook nie oor modder paaie nie.


 
Robberspas by Pelgrimsrus is die eerste pas wat ons met die nuwe voertuig ry. Die grondpaadjie tuusen Pelgrims en Bourke's Luck die eerste grond paadjie. Die outjie ry soos 'n droom . Nou kan ek nie meer wag vir die 20ste Desember nie.