Monday 28 December 2015

Dag 4

Weeereens gebeur dit so dat ons nie wegkom op tyd nie. Ek wou  vroegoggend al die pad vat maar kom eers 2 ure later weg. Vandag vat ons pad Pofadder ,Pella, Springbok, Soebatsfontein en dan Elandsbaai toe. 'n Stywe entjie om te ry maar gelukkig ry ons die weste in so die son sal darem lank met ons bly. Ons koebaais word gese en daar trek die toyotatjie! Gelukkig is dit effe bewolk en darem nie te warm nie.


 Pofader verbaas my heeltemal. Ek was laas in 1989 in die dorp en het 'n baie lekker ontbyt ge  eet by die plaaslikke kafeetjie. Ons ry 'n draai deur die dorp en ek kom vinnig agter hiers iets aan die gebeur. Die dorpie het vooruit gegeaan in plaas van agteruit. Hier is nuwe geboue en my kafeetjie is nou 'n supermark . Die "restaurantjie" agter in die winkel is nie meer daar nie en is vervang deur 'n wegneem ete deel. Dis nogal jammer. Ek het uitgesien na 'n lekker ontbyt.




Voor ons Pella binne ry voel dit of ek in Suidwes of die Kalahari is. 'n Groot sandduin begroet ons. Ek is bly om te sien dat hier darem ook geregs dienaars in die omtes is. Pella Polise se bakkie lyk sommer nuut! Dit moet vrek warm wees hier. Ooral in die mense se erwe staan daar beddens onder die bome. Pella het begin deur 'n sendingstasie met 'n Roomskatolieke kerk as kern van die dorpie.








Die katedraaltjie lyk nog goed versorg en is omring met dadel palms. Hier naby is een van SA se megaboere wat baie dadels kweek.


Die pad tussen Pofadder en Springbok is lank en eentonig. Een lang stuk teerpad wat reguit voor jou die vertes inskiet. My oorlede pa het altyd gese die stuk pad moet 'n jongman se droom wees. Hier kan jy laat waai! 'n Spietkop wat jou hier vang moet baie hardop en parraat wees. Dis net na 1 toe ons Springbok binne ry. Aangesien ons toe nou nie kon ontbyt eet nie was die WIMPY teken 'n groot verligting. Ons kan nou ons innerlikke versterk voor ons die pad Soebatsfontein toe aandurf.




Mens het my redelik skeef aan gekyk toe ek hulle vertel dat ek Soebatsfontein toe wil gaan." Waar is die plek?" wou almal weet. Min mense het al daarvan gehoor. My eerste kennis making van die plek of dat daar wel so plek betsaan si deur vriendien Lisa. Volgens oorleweing was daar taamlik inteelery in die klein gemeenskappie. So by so dat die kindertjies vreeslik lelik was. Daarom moes die ma's 'n tjoppie om hulle nekkies hang sodat die honde met hulle kon speel. Shame



13 Kilometer suid van Springbok draai die pad af Hondeklipbaai en Soebatsfontein toe. Dis 'n lekker grondpad en ons ry deur die Wildeperdepas wat ons lei na die Namakwa Nasionale Park. Hier is dit bleikbaar baie mooi in blomme tyd. Ek weet nie regtig wat om van Soebatsfontein te verwag nie. Miskien afgeleef en verwaarloos . Hoop daar is 'n plekkie waar jy darem 'n koue lafenis of 2 kan drink. Voor ons verskyn 'n nedersetting. Die 60 kmph bordjie is vergesel van 'n handgemaakde bordjie. Welkom in Soebatsfontein! Dis saterdag middag 19 Desember 2015. Hier is ek nou in Soebatsfontein! Geen kinders met tjoppies om hul nek nie. Geen plek vir 'n koue goue nie. Net 'n poskantoor , Munisipaliteit van Kamiesberg kantore. 'n Kerk , gaste huis en 'n stuk geplaveide pad. 'n Paar huisies rond en bond, 'n Bottelstoor wat toe is en 2 verlate petrol pompe! 'n Bietjie van 'n teleurstelling maar aan die anderkant het ek niks verwag nie. Soebatsfontein is getiek en ons vat die pad Kamieskroon toe. Ons ry deur Killians's en Grootvleipas oppad na Elandsbaai!






Saturday 26 December 2015

Dag 3


Na ‘n hengse warm aand is ek maar te bly toe la Coq, die inwonende hoenderhaan, sy eerste kraai kraai om die oggend te begroet. Hier beleef ons nou die hitte wat die deel van die land voor bekend is. ‘n Warm koppie koffie help ook nie regtig nie maar is altyd lekker so vroeg in die oggend.







 Joey en la Coq is vroegdag al aan die speel. Ja die hoender en die foxy speel al te lekker. Hulle 2tjies het saam groot geword op die werf en is dik tjomme. Dis te oulik om die 2 te sien speel.







Na ontbyt word ons op ‘n toer gevat deur Keimoes en al die eilande. Keimoes het sy onstaan hier rondom 1938 gekry. Die kerk het ingespring en grond beskikbaar geste vir arm blankes om hulle te probeer help. So het die pioniers met ‘n donkie en ‘n sleep graaf die sand duine langs die oranje rivier gelyk geskraap sodat hulle dit kon bewerk. Kanale is gebou en so het die manne al langs die kanaal hierdie dorre woestyn wêreld in ‘n stukkie oase omskep. RESPEK!!



Dag 2

Na ‘n lekker koppie koffie op die stoep gaan  kyk ek bietjie hoe daar in die geweste geboer word.Ons vaar die wingerde in en ek kry ‘n crash course in vingerdbou. Ook word ek gewys hoe ‘n wingerd nie moet lyk nie. Ek kan nie glo dat ‘n boer sy wingerde so laat toe groei onder bossies, riette en bome nie. Hoe kan ‘n boer so slordig wees! Die feit dat hy nogsteed ‘n bestaan kan maak is skreiend!


Hier op Skanskop eiland plant die manne meestal wingerd.Wyn druiwe , chenin blanc, veral en dan druiwe vir roesyntjies. Die trossies lyk belowend! Nog ‘n maand of so en dan begin hulle pluk. Groot beton blaaie genoem droogbane word al skoon gemaak ter voorbereiding van die oes. Hordes druiwe korrels wat uitgegooi word om te droog in die warm Keimoes son.




Een plekkie op sulke plattelanse dorpe wat mens moet na toe gaan is die korporasie! Ek kan ure daar deurbring en na al die goed staar! Van waterpyppe tot klere! Daar is altyd iets interessants om te sien. Mens kan mos nou nie anders as om ‘n draai te gaan maaak by die plaaslikke wynkelder nie. Oranje Rivier Kelders is ‘n ko-operasie maar elke dorp het sy eie proe lokaal. Alhoewel dit opposisie is vir my is dit goed om jou “vyhand” te ken!



Met ‘n lekker  koue glasie wyn in die hand beleef ons weer ‘n asemrowende sons ondergaan terwyl die skilpadjies en die hoender rustig oor die kole draai. 


Friday 18 December 2015

2015 ROADTRIP

16 Desember

Dag 1

So  op die Gelofte dag vat ek en vroutjie die pad Noord Kaap toe. Keimoes toe. Die begin van ons 2015 Road trip! Ek wonder hoeveel mense kry dit reg om op tyd te ry as hulle met vakansie gaan. Ek bedoel nou jy beplan om 5 uur te ry maar kom eers kwart voor 6 weg. Nie dat dit veel saak maak as jy op vakansieis nie! Dis nou nie dat ons op ‘n spesifieke tyd iewers moet inboek nie.


Die Westransvaal is hartseer droog. Dit lyk sleg. Die beeste se ribbes lyk soos vinecianblinds. Hartseer sê ek! Van Vryburg af lyk dit nie veel beter nie. Lyk amper soos die Kalahari se rooi sand duine. ‘n Ent voor Kuruman sien ek ‘n naambord wat lees: “ Washington”. ‘n Perdekar stop met ‘n stof wolkonder die naambord maar eks te laat om die die foto te neem. Die naambord word egter verewig! Wonder wat die Withuis sou sê van die stand van sake in die Washington!

By Katho draai ons in. 2 Ma se myn masjienerie begroet ons. Helse groot goed wat die aarde se maag omkrap!

Skuins voor 6 ry ons Keimoes binne.’n Lushof van ‘n tuin begroet ons by Rian en Launa se huis.Dit sou verseker die Withuis se geodkeuring weg gedra het! Die huis met die stoep. ‘n Stoep wat wes kyk. Oor wingerdedie verte in! En sommer 2 windpompe! Met ‘n soutrib op die vuur en ‘n Koue  glasie Boplaas Stoepsit Sauvignon Blanc  in die hand sien ons die son sak in die weste.