Tuesday, 26 November 2013

'n Jaar of wat gelede het ek die alternatiewe roetes ontdek. Die agterpaaie soos wat Dana Snyman dit so mooi in sy boekke beskryf. Om die agterpaaie te kan ry moet jy heeltemal anders ingestel wees as vir die hoof paaie . Jy moet rustig wees en jy moet tyd hé. Iets wat al die hardwerkende mense van Gauteng bleikbaar nie Desember maande het nie. Jy moet jaag om so gou moontlik by jou vakansie bestemming uit te kom sodat jy jou tydjie by die see optimal kan benut. Twee dae vir reis is meer as genoeg. Miskien  vier dae as jy oor naweke ry en by 'n vriend of familie lid kan oorslaap. Anders is dit voet in die hoek tot by die bedompigge, muwwe huisie by die see.

Ek vermoed die mense mis die punt. Min mense besef hoe lekker  die kleiner paadjies is. Self die grondpaaie. Al die mammas ry mos 4 x 4 voertuie hier in die stad rond. Dis nou die idiale voertuig vir die paaie. Op meeste van die paaie kan mens moontlik 100 km per uur ry. Daar is selde of ooit verkeer! Hier en daar 'n donkie kar of 'n boer in sy bakkie wat waaiend verby ry. Daar is niemand wat jou bloed laat kook nie. Geen padwoede nie ! Selfs die ou 4x4 se petrol of diesel verbruik sal jou welverdiende rande rek. Jy hoef nie by toilette tou te staan nie. Geen rye vir daai lekker gemors kos nie. Nee jy trek eenvoudig van die pad af waar jy 'n lekker groot boom sien. Die kinders kan die veld verken terwyl ma 'n lappie oor die opvou tafeltjie gooi. Dis hier waar jy die kodaccie kan uit haal en gou 'n lekker worsie braai vir daai lekker worsrolletjies. Lekker warm koffie uit die vles of selfs ietsie koud uit die yskassie agter in die 4x4. Geen geskreeu van petrol joggies of die lawaai van verby flitsende motors nie. Jy beleef die stilte van die omgewing om jou. 'n Halfuur later kan jy weer in die pad val en niemand is gestres van al die tou gestaanery nie.

Voor jy weet het jy jou bestemming bereik met 'n rustige gemoed. Nou kan jy rustig 'n vuurtjie aansteek en ietsie ligs en kouds geniet. Die reis word deel van jou vakansie. Teen die tyd wat jy jou eindbestemming bereik het is jy glad nie gestres nie, en het jy nie 'n dag of twee nodig om te ontlaai nie. So jy sweef jou vakansie in met 'n rustige gemoed.

Monday, 25 November 2013

Op Reis

Dis Oktober maand. Volgens C Loius Leipoldt die mooiste mooiste maand. Inderdaad 'n mooi maand in Pretoria.Die Jakaranda bome getooi in pers, verfraai die strate ,wel daar waar daar nog Jakaranda bome is.Oktober is dan ook die maand  wanneer mens begin uitsien na die Desember vakansie. Nou kan mens in meer detail jou vakansie en roetes beplan. Die vakansie hou plek is natuurlik al vroeg in die jaar op besluit en die deposito vir die huisie by die see reeds betaal. Nou begin die lekker deel van die vakansie. Die roete beplanning.

Dis nie op almal se vakansie lysie nie. Nie almal volg alternatiewe roetes na hul vakansie bestemmings nie. Meeste van die Gautengers gaan hou vakansie aan die suide van Suid Afrika en ken net 2 roetes om daar uit te kom. Dis die N1 of die N12 wat later by 3 Susters weer aansluit by die N1.
Dis 'n lang pad van Pretoria of Johannesburg na Kaapstad en omgeweing. Volgens Map Studio se "South African Road Atlas" 'n volle 1460 kilometer. Sou mens by die spoedgrens van 120 kmph hou, en nie te lank tyd verpoos by vulstasies nie, gaan dit jou ten minste 16 ure neem. Nou ja dit sit nie in enige iemand se broek om vir 16 ure agter 'n stuur te sit nie. Dit is een van die redes wat my weggedryf het van ons land se hoof roetes .

Ongelukkig hou almal nie by die verkeers reels van ons paaie nie. Spoed limiet bordtjies is bleikbaar langs die paaie vir versierings en buitelandse kuier gaste. Sou jy wetsgehoorsaam teen 120 kmpu op die N1 suid ry, veral in Desember, lyk dit asof jy net 20 km per uur ry soos die motors,bakkies , busse en selfs swaar vragmotors verby jou flits.Om nie eens te praat van padmerk tekens nie.

Dis nou al daai strepe wat op die padoppervlakte geverf word.Gewoontlik 'n wit stipple lyn in die middle van die swart teer oppervlak. Soms is die lyn solied en dan is jy nie veronderstel om die voertuig voor jou verby te steek nie! Nie omdat iemand probeer snaaks wees nie maar omdat daar een of ander gevaar is.'n Draai, blinde hoogte of iets in dier voegge.Ongelukkig ignoreer sommige padgebruikers die tekens. Seker maar omdat dit wit verf op swart teer is.
Van Clalitzdorp af ry ons oor die Huisrivierpas verby Zoar na Ladismith. Hier wil ek gou 'n draai gaan maak by Ladismith kelders. Ons bemark hulle pot gedistilleerde brandewyne. Die Ladismith 8 jaar Potstill was in 2009 aangewys as die beste Brandewyn in die wéreld. Ons gaan dan met die bekende "ROUTE 62" langs na Barrydale. Hier ook moet ek by die kelder stop. Joseph Barry Potstill Brandewyne word hier gedistilleer. Ons draai hier  af van Route 62 oor  die Tradouws Pas na Suurbraak en  Swellendam.  Ek in 1986 hier die lekkerste hoender pastei ooit verorber.  Ons sluit aan by die N2  en vat die pad deur Riviersonderend, Caledon , Grabouw na Kuilsrivier waar ons saam met Karretjies se familie Kesfees sal hou...

Saturday, 23 November 2013

Van Victoria Wes af gaan ons ou spore soek. 2jaar gelede was ons vanaf Fraserburg oppad na Victoria Wes toe die nag en sneeu ons oorval. 'n Afdraai paadjie op die grondpad by 'n Beaufort Wes bordjie het ons die nag in laat vaar op 'n 2 spoor padjie. Tussen buite geboue van Plaas opstalle en deur beeshekke en in sneeu moes ek by tye my bestuursvernuf tot die uiterste toe beproef. Dis nie juis paaie en omstandighede wat jy met 'n 1600 Polo aandurf nie. Veral nie in die nag nie en veral nie as jy vroéer die dag al vas gesit het in die modder nie.

So daai 2 spoor padjie gaan ons nou in die daglig soek. Ek hoop om dan weer by Fraserburg uit te kom. Van daar deur die Teekloofas na Leeu Gamka, oor die N1 na Prins Albert, waar ons verversings sal gebruik en bene sal rek. Van Prins Albert af durf ons die Swarberg Pas aan. Dis asemrowend mooi in die pas. Hopenlik sal die weer hou en ons toelaat om op die hoogste punt( so +- 1291m bo seevlak) 'n vleisie op die Cadac  te braai en 'n ligte G& T drink vir 'n PLD.

Van daar daal ons die Klein Karoo binne en slaan ons kamp op by die Red Stone Hill vakansie plaas net duskant Calitzdorp. Calitzdorp is die Port hoofstad van SA en ook die tuise van Boplaas Wynlandgoed. My werkgewer vir die afgelope paar jaar. So ons gaan bietjie kuier op die plaas en van die edelvog proe.

Thursday, 21 November 2013

'n Goed gebruikte pad atlas van Suid Afrika word oop geslaan. Die begin punt van die reis is Pretoria, die eindpunt Franskraal aan die suid - wes kus van Afrika. Die direkte roete volgens Google maps is die N1 en 'n volle 1518 km.
 Gelukkig ry ons nie meer  die N1 nie maar AGTERPAAIE. So vanaf Pretoria sal ons die N12 neem in die rigting van Potchefstroom in die Noordwes( ou Westransvaal).Ons draai af  na Fochville ,Parys verby die Vredefort krater na Viljoenskroon, Wesselsbron, Bultfontein, Soutpan en dan die Rose Stad Bloemfontein. 515km. Van Bloemfontein vat ons die N8 rigting Kimberley. By Petrusburg draai ons weg na Koffiefontein(my pa is hier gebore in 1933), Luckhoff tot by die R 48. Hier draai ons in 'n Noord Westelikke ringting na Orania. Hopetown, Prieska en dan met die R 403 oor Vosburg na Victoria Wes. Dis ons eerste dag se roete en gaan ons in Victoria wWes oornag.
Silly season wink op die horizon. Almal is krapperig teen die tyd van die jaar. Die laaste hupstoot om deadlines te haal of om doelwitte te bereik  wat gestel is vir 2013. Dis 'n opgewonde tyd vir 'n reisiger. Die padkaarte word nader getrek en lysies word opgestel. Vir hom begin die vakansie die dag as hy die motor aanskakel om met verlof die gaan.