Saturday, 10 January 2015

26 Desember
Ek sien weer vir  broer Bobby na ‘n jaar! Kuier eers bietjie by sy skoonma se huis voor ons ‘n middagete gaan geniet in Blouberg. ‘n Baie mooi dag in die Kaap maar die wind bring weer sy kant. Soveel so da thy ons binnetoe waai. Die uitsig vanuit die restaurant bly poskaart mooi. Tafelberg in sy glorie en bedek met ‘n wolk lagie. Die see word ingekleur die vliërplank ryers. Na ‘n heerlike koue biertjie gaan ons oor na Jamesons. My getroue vriend. Bobby en Jamesons. Saam vorm ons ‘n gedugte kombinasie wat aanhou kuier tot laat die nag in.
27 Desember
Na ‘n lekker sterk koppie koffie vat on die pad na Franschoek. Dit is darem die bakermat van die Franse Hugenote in Suid-Afrika. Ons moet darem gaan kyk waar ons voorvaders se geskiedenis neer geskryf is. Franschoek bly maar een van daai dorpies wat sy eie bekooring het. Die strate is vol mense en ooral is klein restaurantjies met erge Franse name. Ons gaan maak ‘n draai by Topiary Wynlandgoed. Die is onlangs oorgekoop deur twee Fransmanne. ‘n Ou vriendin behartig die bemarking van die wyne en moontlik sal ons die verpreiding in Gauteng kan doen.Ons proe ‘n paar goeie Shiraz wyne . Die honger begin knaag en ons gaan eet ietsie ligs by die ou stasie Pub en Grill. Dis maar stil in die kar toe ons terug ry Kaap toe. Vroutjie raak knaend om te hoor waar is ek aangesien ons die aand ‘n funksie het by nuwe vriende in Plattekloof. Ek groet my vriend met die hoop dat ons mekaar weer sal sien voor hy terug gaan Spanje toe.
28 Desember
Die fees was gelukkig nie so woes soos die een in Pretoria saam met ons vrinne nie. Darem nie weer gekuier tot die son opkom nie. Vandag ry ons weer terug na Pearly Beach vir die tweede helfte van ons vakansie daar. Ons ry die keer deur Gordonsbaai en al langs die kus. Seker een van die mooiste paaie in Suid Afrika. Was egter nie so mooi toe ons in die vloot was nie. Het menigte kere padlangs moes hardloop na Steenbrasrivier mond en terug Vloot Kollege toe. Sefls eenkeer van Rooiels af moes terug hardloop Vloot Kollege toe. ‘n Volle 21km. Die verste wat ek in my hele lewe gehardloop het.
Vannaand gaan ons weer by OPPIE DRAAI eet. Die huis van ene Sarah. ‘n Klein vissers huisie by Buffeljagsbaai. Sy het haar voorkamer omskep in ‘n klein restaurant. Net sitplek vir 15 mense. Die spyskaart betaan net uit seekos. ‘n Seekos soppie end an die hherlikste vis, allekreukel en selfs bietjie perlemoen. Daarmee saam die lekkerste tuisgebakte brood met suuruitjie konfyt. Ongelukkig mag jy nie ‘n woefkardoes wegneem nie aangesien al die oorskiet kos vir die kindertjies van die gemeenskap gegee word. Dit is regtig ‘n baie lekker aand en mens word weer nederig na so ondervinding.
29 Desember
Vandag is daar weer ‘n nuwe lekkerte wat op ons wag. Ons gaan na die Black Oyster Catcher Wynplaas naby Elim. Hulle het ‘n tradisionele feesdag met allerlei lekker boere kos en die Baardskeerdersbos orkes maak die musiek. Almal oomies diep in die 70. Dit lyk feestelik so onder die Morokaanse tiepe tente.Die wyn is ongelukkig nie so lekker nie e nook baie duur. Ons eet vaal en Kerrie afval, waterblommetjie bredie, Paella en Kerrie vis. Natuurlik is daar weer die heerlikste gebakte broode en konfyte om die maal te voltooi.Selfs een van die Kokkedoor beoordeelaars is teenwoordig.Weereens ‘n lekker ondervinding!


No comments:

Post a Comment