KERKE
My eerste bewuste kennismaking met die kerk was seker op
Laerskool. Ons het Sondagskool gehou by die laerskool en het net vakansies saam
my ouers kerk toe gegaan. NG Suid Oos Pretoria in Stella straat. Ons het altyd
by die linkerkantste deure ingegaan en so die 4de ry van agter links gesit.
Elke keer op dieselfde plek. Daar was ‘n effe ongemaklikheid as ons by die kerk
kom en iemand sit op ons plek hoor.
Kerke is gewoonlik ook die baken van plattelandse dorpe.
Daar is meeste van die kere ‘n mooi kerk op die dorp. Swartruggens se mooi wit
kerk voor jy die dorp in ry. Sandsteen kerk op SENEKAL. Die wit kerk met die
höe kerk toring in Graaf Reinette. Die mooi grys en wit kerk op Merweville.
Almal mooi van buite. Dis selde wat mens stop en gaan kyk hoe lyk die kerk
binne. Dit los ons vir oorsese reise.
Montserrat
Die katedraal in
Santiago de Compostela is net so amazing. Die einde van ‘n pelgrims roete wat
derduisende mense stap. Die roete van die dissipel Johannes. Daar word beweer
dat hy in Santiago de Compostelo begrawe is.Ongelooflik
Selfs in New York is daar ‘n asemrowende katedraal. Die St
Patrick Katedraal. Daar tussen die wolke krabbers en geel taxi’s! ‘n Veilige
hawe in die middel van die
geroesmoes!
Die Nasionale Katedraal van Washington waar groot geeste al
heen gegaan het. Presidente en goeters.
Alles hierde wow
geboue vol rustigheid!
Een kerkie wat ek baie graag nog na toe wil gaan is die
Notre Dame du Rugby. ‘n Kerkie in die suidweste van Frankryk wat opgedra is aan
Rugby! Iets groots vir my bucket list
AMEN!