Tuesday, 7 November 2017

KRUGER 4 JESUS

28 Oktober 2006
Satara Kamp
Kruger Wildtuin

Dis 'n lekker warm 37 grade Celsius. Ek sit op die stoep van Rondavel A22. Ja die keer doen ek dit in styl! Bly in 'n rondawel en nie 'n tent nie! Dit is die eerste keer dat ek in Oktober maand in die wilde Kruger tuin is. Die keer saam met 'n goeie vriend. Dis darem nie net 'n vinnige wegbreek naweek uit die gewoel van die stad nie. Die besoek is 2 ledig. Die belangrikste deel is die aflewering van Bybels. Vriend het 3jaar gelede 'n versoek ontvang van een van die dames wat by die kamp se petrol stasie werk vir BYBELS!. Bybels in Afrika tale. Tsonga, Venda, Zulu en Engels.'

Die bestuurder van die kamp kom toe van dit te hore.Hy roep my vriend in en stel hom voor as Esrom. Nie net die kamp bestuurder nie maar ook , Priester. Gou kom die 2 agter dat daar 'n wesenlikke behoefte aan Bybels is vir die veldwagters en die anti-stroop personeel. Esrom is ook die stigter en voorsitter van KRUGER 4 JESUS. Hulle werk ook  met die personeel van alle ingangshekke van die Park. Mense moet nie net die Park beleef vir sy diere en landskap nie maar ook GOD se Grootheid en Hand daarin sien. 

Vriend het toe 'n projek van stapel gestuur en gou gou met die hulp van donasies kon hy al die Bybels koop wat hy nodig het . 'n Venter sleepwa vol!



'n Klein oorhandigings seremonie het voor ons hut plaas gevind en is daar onthul dat dit die enkel grootste donasie nog was vir die KRUGER 4 JESUS projek. 450 Bybels. Wat 'n voorreg om deel hiervan te kon wees!