25 November 2015
Genade! Is ons al regtig hier? Waar het die jaar heen gegaan?Dankbaar is ek wel dat die jaar amper verby is! Veral die werksgedeelte daarvan!
Desember is mos "roadtrip" tyd. Laas jaar het ons oos om suid beweeg. Die jaar gaan ons wes om suide toe. Eers 'n draai gaan maak in Keimoes. Daarvandaan via Pofadder, Springbok, Loeriesfontein en Garries na Elandsbaai. 2 Dae kuier in Elandsbaai dan via De Doorns na Pearly Beach. Hier saal ons af vir 'n wyle.
Darem moet 'n mens die moederstad gaan groet as jy in die suide is! Bietjie tyd saam familie spandeer en dan met 'n ou bekende grondpad die tog weer noorde toe aanpak! Iets besonders om na uit te sien!
Wednesday, 25 November 2015
Die laaste Reis -Deel 2
Bedags tussen 9 en 12 uur in die oggend is my motor radio
ingestel op RSG. Daar is altyd ‘n lekker storie wat na vore kom! So ry ek een
oggend en Martilize Britz gesêls met die
Koster van die NG KERK op Victoria Wes. Ek trek net daar van die pad af. My
skoon ouers bly op Victoria Wes! Ek wil nou hoor wat daar aangaan. Hulle gesêls
oor n lykswa? Ja sowaar ‘n lykswa!
Oom Dirk Human is al
die afgelope 22 jaar koster van die NG Kerk Victoria Wes. Hy het voorheen vir die
spoorweë gewerk. Hierdie is ‘n man wat sy werk nog ter harte neem. Elke oggend
voor 6 maak oom Dirk seker dat die horlosie in die kerk toring op tyd is. Elke
oggend! Oom Dirk kyk ook na die lykswa.
Dis nie sommer so ‘n lykswa nie! Nee! Dis ‘n 1929 Chevrolet
wat by Vos Garage op die dorp aangekoop is. Die wa is op die plaas Mondese
omgebou deur Gawie Marais. Die wa is weer in 1993 in werkende toestand gebring
deur Billy Human en Dr Johann Lochner. Die wa staan toe sowaar in ‘n waenhuis
slegs 50m van my skoon ouers se voordeur af! ‘n Skat wat baie min mense van
weet.
Die battery was ongelukkig ongedaan toe ek gaan kyk het na
die wa. Sou hom graag vir ‘n spin wou vat deur die dorp! ‘n Ongelooflikke
voertuig. ‘n Slinger wat gebruik word om die enjin aan die gang te kry.’n
Knoppie op die vloerbord word ingetrap terwyl die slinger geswaai word. Die
brandstof tenk ‘n houtkas onder die bestuurder se sitvlak!
Die laaste persoon is in 1997 vanaf die Kerk na die
begrafplaas vervoer met die wa.
CCR 218 ‘n statige ou lykswa wat rustig onder
komberse en seile in die waenhuis rus!
Wednesday, 4 November 2015
Die Laaste Reis
Deel 1
Ons almal se paadjie op aarde eindig eendag. Partry sin net
vroëer as ander. Dit is nooit ‘n gawe
onderwerp om oor te gesêls nie! Die
dood, begrafnisse en verassings.Daai is iets wat mens net oor praat die dag as
dit jou onverhoeds betrap. Dan weet mens ook nie aldag heeltemal hoe of wat of
waarheen nie. Soos alles in die lewe is daar darem ook die anderkant van die
muntstuk. ‘n Kant wat dalk ‘n fronsende glimlag kan ontketting.
Een aand op die Reis kanaal op Dstv besoek die aanbieder van
die program Los Angeles! Die stad van die Engele. Daar was selfs ‘n fliek
gemaak van die Engele. “City of Angels” met Nicolas Cage in die hoof rol.
Aangesien my sus in daai geweste woon
kyk ek met aandag waarna die aanbieder
ooral gaan. Ek was bevoorreg om vir ‘n week of wat vir haar te gaan kuier daar
doer vêr en doer vêr is dit beslis. ‘n Goeie 16 ure van Jan Smuts na Atlanta en van daar
nog 6 ure tot by John Wayne lughawe in Orange County. 22 ure se vlieg!!!??
Ek probeer die plekke eien wat die aanbiedder besoek maar
kom toe agter daar is baie plekke en dinge wat ek nie gesien het nie. Behalwe vir al die bekende plekke wat mens op die
reis brosures sien is daar baie ander plekke om te verken.
Een so plek is die Los Angeles County Coroner. Nou nie juis
‘n plek wat nommer 1 op plekke om te sien lysie sal pryk nie! Wat die plek so
besonders maak is dat die lykshuis ‘n “gift shop” het!? Dis nie ‘n wolhaar
storie nie dis regtig so! Skeletons in the Closet is by kamer 208 in die hoof
gebou. Die gebou self is iets besonders om te aanskou!Dit het my verstom
gelaat! Ek kan nie eers onthou waar die aanbieder verder ooral was nie. Ek het
vasgehaak by die lykshuis! Nodeloos om te sê op my volgende besoek aan my sus
is die plek nommer 1 op my lys van plekke om te besoek!
Eers het my familie
gedink ek maak ‘n grap! Later het hulle begin dink ek het ‘n skroef of 6
los! Toe ek dit vir hulle wys was hulle erg verbaas maar my nogsteeds nie geglo
nie?
So breek die dag toe aan dat my sus haar motor vir my gee om
my draaie te gaan ry en my kyke te kyk! Daai opsigself is ‘n mission! Sus hulle
bly in Ladeira Ranch, Orange County. Van hulle huis af is dit via die I 5 N 53
myl tot by County Coroner. Sowat ‘n uur en half se ry. Net so een struikel
blokkie, haar motor is linkerhandse stuur en die snelweg het 6 bane!. Nou ja as
dit nie ‘n uitdaging of avontuur is nie weet ek nie.
Gewapen met uitgedrukte karate en ‘n GPS pak ek die tog aan.
Die tannie in die GPS wil die heeltyd hê ek moet van die “interstate 5 north”
afklim maar volgens my karate moet ek Noord hou. 2 Ure later en stokstyf tussen
my blaaie stop ek voor die County Coroner. ‘n Indrukwekkende gebou begroet my.
Nou waar parkeer ‘n mens? Ek wil nou nie op ‘n plek stop
waar “kliënte” moet parkeer nie. Jy weet
die wat iemand moet kom uitken of een van daai. Ek kry ‘n pleekie wat vir my
reg lyk en parkeer. Ek haal diep asem en bestyg die trappe. Deur die glas deure
bevind ek my in ‘n sort ontvangs portal.
‘n Glashokkie aan my linkerkant waar
‘n wag of iemand sit. Die dak is hoog en het ‘n koeppel. Voor my gaan ‘n stel
hout trappe na bo. Daar is egter ‘n rooi tou voor die trappe gespan. Links is
‘n deur met ‘n bordjie op :”Identifying room. ”’n Koffie tafel omring deur 2
twee sitplek bankkies en 2 stoelle staan in die portal. Een massiewe houer
sneesdoekkies versier die tafel. ‘n Doodse stilte hang in die lug. Ek gaan sit
by die tafeltjie.
Die dame in beheer van die “Gift Shop” het net gou gaan
koffie haal terwyl ek n trollie hoor verby ketik ketik! Voor kamer 208 staan ‘n
bordjie wat sê :”Please don’t laugh. People are mourning”. Ai net in AMERIKA!
Die winkel lyk toe net soos dit op die TV gelyk het. Na ‘n
paar inkopies stap ek stil uit en gaan motor toe. Wat ‘n ondervinding!!
Klaarbleiklik word die geld wat uit die verkope gemaak word , gebruik vir
rehabilitasie programme! GENADE!!
Subscribe to:
Posts (Atom)