Sewe Swerf Jare
(vervolg..)
'n Tropiese reenbui het my soos 'n babatjie laat slaap. Dis vroeg oggend en Ma Rose het 'n ontbyt tafel uitgesit soos in die flieks! Die wonderlikste vrugte en sappe so tussen die frangipanie, bougenvilla en ander eiland blomme!Natuurlik met die uitsig soos die foto's in die vakansie brosure.
Ek huur op aanbeveling 'n fiets en gaan verken die eiland. Dit was omtrent 10 jaar en 20kg ligter wat ek laas fiets gery het! Dis als so ongelooflik mooi om my dat ek van die swaarkry vergeet. Ek nader 'n 40 grade afdraand en net toe ek mooi op spoed is besef ek die fietse het nie briekke nie! Blitsvinnig moes ek in my fietsry dae se argiewe krap om die situasie te red. Gelukkig was daar niemand om dit te aanskou nie. Ek het op skool nie eens so hard met 'n fiets geval nie!Die koue bier by die naaste kafeetjie het die ergste pyne verlig en ek kon darem per bus terug ry gaste huis toe.
'n Besoek aan Pralin kan nie sonder 'n besoek aan die "Valley de Mer"gaan nie. 4000 Ongelooflikke palm bome met blare groter as 'n son sambreel die wereld vol. Die vroulikke vrug genoem "coco de mer" laat mens nogal dink aan ;n vrou se privaat dele. Eienaardig dink ek terwyl ek op 'n muurtjie sit en wag vir die bus. My fiets ry dae natuurlik iets van die verlede. Skielik stop 'n bakkie langs my. 'n Vriendelikke man vra my in engels" Are'nt you Kobus?" Kan dit waar wees of droom ek? Nog 'n vreemdeling wat my ken. Sowaar weer mister Piet se toedoen. Ek kry toe 'n geleentheid tot by my gaste huis.Die aand eet ek sommer iets ligs en gaan sit met 'n six pack bier langs die strand.'n Heerlikke huil sessie volg. Me, myself and i kry ons toe eers weer bietjie jammer. Nag ou grote.
Die volgende oggend is ek met 'n seilboot oppad na La Dique eiland. Nog 'n kleiner eiland . Hier is die enigste middel van vervoer 'n osse wa en natuurlik fietse. Mister Piet het my vertel daar is 'n stukkie strand waar Robinson Crouso verfilm is. Ongelooflik mooi! Groot graniet rotse omring deur palm bome en spier wit strande. Ek gaan soek lafenis in die helder turkoos blou water. Dis regtig 'n droom is dit nie? Die keer is daar niemand wat my ken nie en ek voel half teleurgesteld! Ek is mos eintlik 'n vername man hier op die eilande of hoe? Groot was my ontnugtering toe ek hoor hoekom ek so vernaam was! Die gemiddelde eiland bewoner is omtrent 1.7m lank en weeg 80kg. Ek daarinteen staan 1.83m in my sloffies en trek die skaal na 130kg!! Staan uit soos 'n puisie op 'n wit boud!
My en ma Rose se paadjie het nie so rooskleurig uit mekaar gegaan nie. Sy het vergeet om vir my 'n taxi te kry om my vroeg oggend hawe toe te vat. Toe ek by die hawe aankom vaar die bootjie al lekker ver oor die see! Ek was nie 'n baie gelukkige jong man nie. Die paar Rupees wat ek by my gehad het was darem genoeg vir 'n vliegtuig kaartjie terug Mahe toe. Die vliegtuig, 'n kleinerigge Beechcraft. Ek was natuurlik die bespreking van die dag. Die rede...ek sit op 'n plek en 'n half! Die arme tannie wat langs my gesit het. Gelukkig was dit net 'n 20min vlug. Soos gewoontlik was mister Piet op die lughawe om my te kom haal. Die aand eet ek en mister Piet heerlik in die Pirates Cove Restaurant. Laatnag word ek versoek om in 'n hoekkie te gaan sit en myself skaars te hou. Daar is 'n redelikke remoer in die restaurant, Locals word versoek om die perseel te verlaat. Kelners en sekuriteits wagte is op en af. Mister Piet hiet en gebied. So deur al die remoer hoor ek die vise President van die Seychelles is oppad!
Ek word sowaar voorgestel en so eindig my roemrykke verblyf op die 115 klein eiland groep in die Stille Oseaan.