Saturday, 21 February 2015

6 Januarie 2015

Vandag is dit ‘n famielie uitstappie dag. Vandag gaan ek saam met die skoon famielie Kaapstad toe. Nie net sommer Kaapstad toe nie, nee ons gaan bietjie trein ry! Die voorstedelikke trein van Kuilsrivier na Brass Bell in Kalkbaai.

Groot afwagting, vrees en opgewondenheid het die spulletjie beet gepak. Terreblance die plaaslikke slagter wat ons op die stasie gaan aflaai dink ons is van lootjie getik. Dis gevaarlik meen hy. Die Metro Plus kaartjies jag ons ‘n volle R12-50 per persoon uit die sak uit. Dis darem veronderstel om 1ste klas kaartjies te wees.



Opgewonde klim ons die Metro Plus trok binne. Die sitplek bankies lyk soos die in ‘n bus. Hulle kyk so vier, vier na mekaar. Ek besef onmiddelik date k in die Kaap is toe ek die Grafitti op die sitplek sien. Met ‘n swart koukie pen op die grys bank: “jou ma se….”. ‘n Gesegde eie aan die Kaap.


Ons ry met die Melk trein. Dis nou die trein wat op elke stasie stop. Parrouw, Vasco, Thornton, Woltemade so gaan die trein aan tot in Kaapstad.



 Sonder enige onderonsies of drama klim ons af by Kaapstad Stasie. Nou net gou kaartjies gaan kry vir die tog Kalkbaai toe en terug. Moet sĂȘ die stasie het my heel verbaas. Groot en skoon en mens kry half die gevoel van ‘n lughawe. Ons is weer Metro Plus passesiers. ‘n Baie gawe man maak ons atent daarop da tons moet seker maak ons die regte kaartjies het.” Hulle beboet jou sommer R40 as jy die verkeerde kaartjie het. Die vrouens daar by die kaartjie kantoor klets so baie dat hulle nie kyk wat hulle doen nie meneer. Sommer so betaal u hulle meerderrer vir u se kaartjies wat nie reg is nie”. Gelukkig het ons die regte kaartjies en so ry os Kalkbaai toe. Weer met die Melk Trein. Verby Nuweland, Muizenberg en al langs die see langs tot by Kalkbaai. Die trein stop reg voor die Brass Bell waar ons afklim om ‘n lekker middag ete by die see te geniet.